settings icon
share icon
Vraag

Wat is ‘n kerk veronderstel om met die bydraes te doen wat dit ontvang?

Antwoord


Elke kerk ontvang een of ander tipe tiendes of bydraes. Dit kan wees deur middel van “passing the plate” of deur ‘n houer in die gebou te plaas of enige ander insamelingsmetode. ‘n Kerk benodig fondse om te kan werksaam wees. Hoe die kerk daardie fondse gebruik, is belangrik, aangesien die kerk verantwoordelikheid ten opsigte van die lidmate het, die gemeenskap in die rondte en aan God.

Eerstens het ‘n kerk verantwoordelikheid teenoor die lidmate. Die heel eerste kerk wat in Jerusalem op Pinksterdag begin het, het spesiale pyne gehad om in die praktiese behoeftes van hul lidmate te voorsien: “die genade van God was groot oor hulle almal. Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte” (Hand 4:33-35). Ons sien dat die geld vir die leiers van die kerk gebring was, wat verantwoordelik was vir die verspreiding daarvan, gebaseer op die nood. Kos was ook versprei aan die weduwees tussen hulle (Hand 6:1).

Die apostels in Jerusalem, deur bekragtiging van Paulus se bediening onder die Heidene, het gevra dat hy moes aanhou om die armes te onthou (Gal 2:10). Dus moet liefdadigheidswerk ten bate van die armes in die kerk deel van die kerk se begroting wees. Later gee Paulus ‘n paar riglyne oor wie hulp van die kerk moet kry en wie op ‘n ander bron moet staatmaak vir onderhoud (1 Tim 5:3-16).

Verskeie plaaslike kerke in die eerste eeu het ook bydraes opgeneem om ander kerke in hul nood te help. Spesifiek was die kerk in Jerusalem onderworpe aan vervolging en droogte en die kerk in Antiogië het help voorsien (Hand 11:29). Paulus het later liefdesgawes geneem van Galasië (1 Kor 16:1), Korinte (1 Kor 16:3) en Masedonië en Agaje (Rom 15:25-26) vir Jerusalem. Hy was vergesel deur onderhandelaars vanaf Berea, Tessalonika, Derbe en die provinsie Asië (Hand 20:4).

Tweedens het ‘n kerk ‘n verantwoordelikheid teenoor die omliggende gemeenskap. Uitreik is noodsaaklik. “Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges” (Gal 6:10). Hierdie vers stel die prioriteit – God se familie eerste – maar ons moet altyd maniere soek om aan almal goed te doen. Dit moet natuurlik evangelisasie insluit (Hand 1:8) ‘n Gesonde kerk moet sendelinge uitstuur (Hand 13:2-3) of ten minste ondersteuning bied aan sendelinge op verskillende sendingvelde of sendingdienste.

‘n Kerk wat sy uitkyk na buite verloor, soos waar dit die bydraes spandeer, toon tekens van geestelike swakheid. Die kerkkonsultant en skrywer, Thom S. Rainer skryf in sy boek “Autopsy of a Dead Church,” dat een van die simptome van ‘n kwynende kerk is, dat die persentasie van die begroting vir die lidmate se behoeftes aanhoudend vermeerder, terwyl die geld wat geoormerk is vir uitreik, verminder.

Derdens het die kerk ‘n verantwoordelikheid teenoor God. Ons Here ken Sy kerk (Openbaring 2:2, 9, 13, 19), en Hy gee opdrag dat Sy Woord gepredik moet word (Rom 10:14; 2 Tim 4:2) en dat “die geheimenis van Christus” verkondig moet word (Kol 4:3). Om die evangelie te bring, is die heel belangrikste. Enigiets wat daardie doel bevorder, moet prioriteit gegee word en om die pastoor/prediker te betaal, is deel daarvan. “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, want die Skrif sê: ‘Jy mag nie ‘n bees waarmee jy gaan dors, se bek toebind nie,’ en ook: ‘Die arbeider is geregtig op sy loon’” (1 Tim 5:17-18). Diegene wat gelowig en getrou die Woord van God bedien, moet vergoeding vir hul werk ontvang ( sien ook 1 Kor 9:11).

Wysheid ten opsigte van ‘n kerk se uitgawes is belangrik en ons moet bid vir daardie wysheid (Jak 1:5). Daar is niks sondigs daaraan om ‘n mooi gebou of netjiese terreine te besit nie, maar ons wonder soms of die geld dalk beter aangewend kon word deur ‘n ander sendeling of arm kerke oor die wêreld te ondersteun.

Die doel van die kerk moet wees om die werk van God in die wêreld te doen. En enigiets moet tot God se eer gedoen word (1 Kor 10:31). Die vroeë kerk het hulle “heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede” (Hand 2:42). Miskien moet hierdie handelinge – verspreiding van die Woord, saam aanbidding met mekaar, Nagmaalsviering en gebed – ‘n basiese riglyn wees van hoe ‘n kerk sy bydraes moet aanwend.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is ‘n kerk veronderstel om met die bydraes te doen wat dit ontvang?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries