settings icon
share icon
Vraag

Moet 'n kerk 10% van die offergawes wat hy ontvang, uitdeel?

Antwoord


Mense onder die Ou Testamentiese wet was verplig om 'n tiende (letterlik 'n tiende) van al hul inkomste te gee.'n Tiende was gesien as 'n werklike antwoord op God se seëninge. Baie individue bevraagteken deesdae die tiende en of dit steeds van toepassing is vir gelowiges wat nie meer "onder die wet" is nie. Alhoewel kerke nie persentasies in die Nuwe Testament gee nie, is die beginsel van proporsionele skenking wel geleer (1 Kor 16:2; 2 Kor 8) en baie gelowiges beskou dit as hul voorreg om die tiende as maatstaf te gebruik in hul bydraes. Die Nuwe Testament praat ook daarvan dat die gelowiges in die kerk bymekaargemaak het om aan ander bedienings te voorsien.

Alhoewel daar nie 'n spesifieke vers is, wat sê dat 'n kerk 'n tiende aan ander bedienings moet gee nie, lyk dit asof kerke, soos die Here hul voorspoedig maak, vrygewig moet wees om ander bedienings te ondersteun. Sommige kerke plaas 'n sekere bedrag in hul begroting vir "buite bedienings", sodat hulle 'n gebalanseerde uitkyk op die groter behoeftes van die omringende wêreld kan hou. Dit is nie ongewoon vir 'n kerk om 10% of 'n ander persentasie aan buitelandse bedienings te gee nie, as voorbeeld. Dit behoort nie 'n wettige vereiste te wees nie, maar 'n blye viering van God se voorsiening.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet 'n kerk 10% van die offergawes wat hy ontvang, uitdeel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries