Wat sê die Bybel in verband met die samestelling van kerk-owerheid?



Vraag: "Wat sê die Bybel in verband met die samestelling van kerk-owerheid?"

Antwoord:
Die Here was baie duidelik in Sy Woord oor hoe Hy Sy kerk op aarde wou laat organiseer en beheer. Eerstens is Christus die hoof van die kerk en die oppergesag daarvan (Ef 1:22, 4:15, Kol 1:18). Tweedens, die plaaslike kerk behoort outonoom te wees, vry van enige eksterne owerheid of beheer, met die reg om self te regeer en vry van die inmenging van enige hiërargie van individue of organisasies (Titus 1:5). Derdens moet die kerk bestuur word deur geestelike leierskap, bestaande uit twee hoofleiergroepe – ouderlinge en diakens.

Sedert die tyd van Moses was “ouderlinge” ‘n leiersgroep onder die Israeliete. Hulle het politieke besluite geneem (2 Sam 5:3, 2 Sam 17:4,15), in die latere geskiedenis die koning geadviseer (1 Kon 20:7) en die mense op geestelike vlak verteenwoordig (Eksodus 7:17, 24:1, 9; Numeri 11:16, 24-25). Die vroeë Griekse vertaling van die Ou Testament, die Septuagint, het die Griekse word “presbuteros” vir “ouderling” gebruik. Dit is dieselfde Griekse word wat in die Nuwe Testament vertaal is na “ouderling”.

Die Nuwe Testament verwys verskeie kere na ouderlinge wat in die rol van kerkleierskap gedien het (Hand 14:23, 15:2, 20:17, Titus 1:5, Jak 5:14) en klaarblyklik het elke kerk meer as een gehad, aangesien die woord gewoonlik in die meervoud aangedui is. Die enigste uitsonderings verwys na gevalle waar een ouderling om een of ander rede uitgesonder is (1 Tim 5:1,19). In die kerk in Jerusalem was ouderlinge saam met die apostels deel van die leierskap (Hand 15:2-16,4).

Die amp van “diaken” (diakonos, beteken “through the dirt”) was soos amptenare in leierspos in die kerk. Diakens was apart van die ouderlinge, maar met kwalifikasies wat in baie opsigte dieselfde as die ouderlinge s’n was (1 Tim 3:8-13). Diakens help die kerk oral waar nodig is, soos geskryf in Hand 6.

Die woord “poimen” (leraar) in verwysing na ‘n menslike kerkleier, word net eenkeer in die Nuwe Testament gevind en wel in Ef 4:11: “En dit is die gawes wat Hy ‘gegee het’: apostels, profete, evangeliste en herders en leraars”. Herders en leraars word meestal gesien as dieselfde amp en so iemand was die geestelike herder van ‘n spesifieke plaaslike kerk.

Ons maak dus die afleiding dat daar altyd ‘n groot getal ouderlinge was, maar dit weerspreek nie die feit dat God sekere ouderlinge met die gawes van onderrig toegerus het, terwyl die ander die gawe van administrasie of gebed, ens ontvang het nie (Rom 12:3-8, Ef 4:11). Dit weerspreek ook nie God se roeping vir hulle in ‘n bediening waar hulle daardie gawes kan aanwend nie (Hand 13:1). Dus kan een ouderling as leraar optree, ‘n ander een besoek die lede, omdat hy die gawe van “omgee” het, terwyl ‘n ander een die gawe van organisatoriese werk het. Baie kerke met ouderlinge en diakens vervul die funksies van ouderlinge, deurdat hul die bedieningslas verdeel en saam werk in besluitneming. In die Skrif was daar ook baie gemeentelike bydraes tot besluitneming. Tog is ‘n “diktator”-leier wat die besluite neem, onskriftuurlik (maak nie saak of dit ‘n ouderling, herder of leraar is nie) (Hand 1:23, 26, 6:3, 5, 15:22, 30, 2 Kor 8:19). Dieselfde geld vir ‘n kerk wat deur die gemeente gereël word en waar die leiers en ouderlinge se bydraes nie gewig dra nie.

Opsommenderwys leer die Bybel dat die leierskap uit ‘n meerderheid van ouderlinge, saam met ‘n groep diakens moet bestaan om die kerk te dien. Dit is nie verkeerd teenoor die meerderheid ouderlinge as een van hul as leraar optree nie. God roep sommige as “herders en leraars” (soos Hy ook sommige as sendelinge in Hand 13 geroep het) en gee hulle dan as gawes aan die kerk (Ef 4:11). Die kerk mag baie ouderlinge hê, maar nie almal is geroep om as leraars te dien nie. Hierdie ouderling wat dan as leraar optree, het nie méér outoriteit in besluitneming as enige van die ander ouderlinge nie.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met die samestelling van kerk-owerheid?