settings icon
share icon
Vraag

Moet ‘n persoon kerk bywoon om hemel toe te gaan?

Antwoord


Verlossing word in Christus gevind, “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16). God het Sy Seun, Sy enigste Seun, gegee, sodat ons vir ewig kan lewe en sodoende is dit nie nodig vir ons om enige goeie werke te doen, insluitende kerkgang, om hemel toe te gaan nie. Die ewige lewe word verkry deur geloof in Christus alleen. “Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie” (1 Joh 5:12). Hulle wat in Christus glo, wat Sy offer as betaling vir hul sondes aanvaar het, sal die ewigheid in die hemel spandeer. Hulle wat Hom verwerp, sal nie.

Geen getal kerkbywoning sal die ewigheid in die hemel verdien nie. Geen tekort aan kerkbywoning sal veroorsaak dat jy jou verlossing verloor nie. Tog is kerkgang belangrik. Die universele kerk, saamgestel uit almal wat in Christus glo, tot eer van God die Vader, is Christus se liggaam (Kol 1:18) sowel as Sy Bruid (Openbaring 21:2). ‘n Kerk is ‘n plek van Christelike gemeenskap. Daarby, as lidmate van die liggaam van Christus, besit ons die gawes van die Gees en ons beoefen daardie gawes tot eer van God en die opbou van die res van die liggaam. Vir ‘n kerk as liggaam om behoorlik te funksioneer, moet al die “liggaamsdele” teenwoordig wees (1 Kor 12:14=20).

Christene is “nuwe mense” in Christus (2 Kor 5:17) en het ‘n begeerte om kerk by te woon, omdat hulle besef dat deur dit te doen, uiters belangrik is vir hul geestelike groei en ontwikkeling. Onwilligheid om kerk by te woon, mag geestelike groei benadeel of ‘n ontnugtering met “georganiseerde godsdiens” meebring. Daar is inderdaad valse kerke en geen kerk is perfek nie, maar daar is plaaslike liggame van gelowiges in die meeste gemeenskappe. Die ware, universele Kerk is gemodelleer in gemeentes wie se leringe Skrifgebaseer is, wat Christus eer in alles, wat God saam aanbid en wat mekaar bedien. Alhoewel kerkbywoning nie ewige lewe waarborg nie, is dit belangrik vir Christene om ‘n goeie plaaslike kerk te vind.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ‘n persoon kerk bywoon om hemel toe te gaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries