settings icon
share icon
Vraag

Hoeveel prioriteit moet aanbidding in die kerk kry?

Antwoord


As iemand ons lewens gered het, sou dankbaarheid ons antwoord wees. As ons 'n geskenk ontvang, wat ons nooit kon bekostig nie, maak ons ons waardering bekend. Aanbidding is die uitdrukking van ons dankbaarheid en waardering teenoor God. Jesus het ons gered. Ons aanbidding erken Sy outoriteit as Skepper van ons heelal, sowel as die Verlosser van ons siele. Aanbidding is dus een van die hoogste prioriteite vir die gelowige, sowel as vir die kerk as liggaam.

Die Christendom is uniek onder die godsdienste, aangesien dit gebaseer is op 'n persoonlike verhouding met God. Eks 34:14 sê, "Julle mag nie 'n ander God vereer nie, want Ek, die Here, eis onverdeelde trou aan My. Daarom noem hulle My: 'Die God wat onverdeelde trou eis.'" Die kern van ons geloof is ons persoonlike verhouding met ons Skepper.

Aanbidding is 'n handeling wat persoonlike verhouding vier. Deur te aanbid, kommunikeer ons met God. Deur te aanbid, erken ons Sy heerskappy en goddelikheid. Of dit deur musiek uitgedruk word, uitroepe, gebed of ander maniere, aanbidding uit die hart uit, is die uitdrukking van intimiteit met God. Ons moet in gehoorsaamheid lewe volgens God se gebooie, maar dit is nie 'n koue, afgetrokke gehoorsaamheid wat Hy wil hê nie. Deut 6:5 sê, "Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag."

Die kerk is die gemeenskap van almal wat die Naam van God aanroep en die genade, wat deur die dood van Jesus aan die kruis vir ons geoffer is, aanvaar. Ons is aangesê om dissipels te maak en in gehoorsaamheid te lewe volgens God se gebooie. 1 Joh 3:24 sê, "Wie Sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in Hom." Elke lid van die kerk word geroep om God te aanbid. Elkeen van ons moet tyd in gebed deurbring en met God praat vanuit die hart. Ons moet Sy woorde in die Skrif lees en daaroor mediteer in ons harte. Private tyd om te aanbid is uiters belangrik vir ons persoonlike geestelike groei. Soos 'n liggaam van gelowiges, moet ons aanhoudend betrokke wees deur te sing, deur gebed, deur kennis in te win vanuit die Woord en deur ons geestelike gawes te beoefen tot voordeel van die kerk. Aanbidding is van die hoogste prioriteite in die kerk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoeveel prioriteit moet aanbidding in die kerk kry?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries