settings icon
share icon
Vraag

Wat is die kenosis?

Antwoord


Die term "kenosis" kom van die Griekse woord vir die doktrine van Christus se selflediging (aflegging) met Sy vleeswording. Die kenosis was 'n selfverloëning, nie om Homself leeg te maak van godheid of 'n omruiling van godheid vir menslikheid nie. Fil 2:7 vertel ons dat Jesus "Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word." Jesus het nie opgehou om God te wees gedurende Sy aardse bediening nie, maar Hy het Sy hemelse heerlikheid van 'n aangesig tot aangesig verhouding met God, eenkant toe geskuif. Hy het ook Sy onafhanklike outoriteit eenkant toe geskuif. Gedurende Sy aardse bediening het Christus Hom heeltemal onderwerp aan die wil van die Vader.

As deel van die kenosis, het Jesus soms met die beperkinge van die mensheid opgetree (Joh 4:6, 19:28). God raak nie moeg of dors nie. Matt 24:36 sê, "Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit." Ons mag miskien wonder, dat, indien Jesus God was, hoe kon Hy nie alles weet soos God nie (Ps 139:1-6)? Dit wil voorkom, dat toe Jesus op aarde was, Hy die gebruik van sommige van Sy goddelike karaktereienskappe oorgegee het. Jesus was steeds volmaak heilig, regverdig, genadig, barmhartig, regverdig en liefdevol, maar in 'n sekere mate was Jesus nie alwetend of almagtig nie.

Wanneer dit egter by die kenosis kom, fokus ons te veel op wat Jesus opgegee het. Die kenosis handel ook oor dit wat Christus opgeneem het. Jesus het 'n menslike natuur by Hom toegevoeg en Homself verneder. Jesus het van die hoogste heerlikheid in die hemel verruil om 'n mens te word, wat aan die kruis gesterf het. Fil 2:7-8 verklaar, "maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis." In die hoogste handeling van nederigheid het die God van die heelal 'n menslike wese geword en vir Sy skepping gesterf. Die kenosis is dus dat Christus 'n menslike natuur met al sy beperkinge aangeneem het, behalwe dat Hy sonder enige sonde was.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die kenosis?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries