settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel in verband met karma?

Antwoord


Karma is ‘n teologiese konsep en het voorgekom in die Boeddhistiese en Hindoe godsdienste. Dit is die siening dat, hoe jy jou lewe leef, sal die kwaliteit van jou lewe na reïnkarnasie bepaal. As jy onselfsugtig, goed en heilig tydens jou leeftyd is, sal jy beloon word deur reïnkarnasie (weergebore word in ‘n nuwe aardse liggaam) in ‘n aangename lewe. As jy egter ‘n selfsugtige en bose lewe lei, sal jou nuwe lewe minder aangenaam wees. Met ander woorde, jy oes in die volgende lewe wat jy nou saai. Karma is gebaseer op die teologiese oortuiging in reïnkarnasie. Die Bybel verwerp hierdie idée van reïnkarnasie; dit ondersteun nie die siening van karma nie.

Hebr 9:27 stel dit so, “’n Mens is bestem om net een maal te sterf en daarna kom die oordeel.” Hierdie Bybelvers maak twee belangrike punte duidelik wat, vir Christene, die moontlikheid van reïnkarnasie en karma weerlê. Eerstens bevestig dit dat ons bestem is om een maal te sterf en dit beteken dat mense net een maal gebore word en een maal sterf. Daar is geen eindelose sirkel van lewe en dood en herlewing nie, ‘n oortuiging inherent in die reïnkarnasie teorie. Tweedens bevestig dit dat ons na die dood veroordeling in die gesig staar, wat beteken dat daar nie ‘n tweede kans is, soos in reïnkarnasie en karma, om sodanig ‘n beter lewe te lei nie. Jy kry een kans om te lewe en dit volgens God se plan te lewe en dit is dit.

Die Bybel praat baie oor saai en maai. Job 4:8 sê, “Ek het ondervind: dié wat onreg plant en moeilikheid saai, oes dit ook.” Ps 126:5 sê, ”Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.” Luk 12:24, “Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls.” In elkeen van hierdie instansies, sowel as die ander verwysings oor saai en maai, vind jou beloning in hierdie lewe plaas, nie in een of ander toekomstige lewe nie. Dit is ‘n teenswoordige daaglikse gebeurtenis en die verwysings maak dit duidelik dat die vrugte wat jy sal oes, sal ooreenkomstig jou dade wees. Daarmee saam, die mate waarmee jy saai in hierdie lewe, sal jou beloning of straf in die Hiernamaals bepaal.

Die lewe hierna is nie ‘n herlewing of ‘n reïnkarnasie in ‘n ander liggaam hier op aarde nie. Dit is óf vir ewig in die hel ly (Matt 25:46) of ewige lewe in die hemel saam met Jesus, wat gesterf het, sodat ons vir ewig saam met Hom kan lewe. Dit behoort ons lewensfokus op aarde te wees. Die apostel Paulus het in Gal 6:8-9 geskryf, “Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.” Dus, ons sien dat die konsep van reïnkarnasie en karma onversoenbaar is met wat die Bybel oor lewe, dood en die saai en oes van die ewige lewe leer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met karma?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries