Vraag
Wat bedoel die Bybel met “Julle is almal gode” in Ps 82:6 en Joh 10:34?
Antwoord
Kom ons begin deur na Ps 82 te kyk, die Psalm wat Jesus in Joh 10:34 aanhaal. In Hebreeus is die word “gode” in Ps 82:6 “elohim”. Dit verwys gewoonlik na die een ware God., maar dit word andersins ook gebruik. Ps 82:1 sê, “In die hemelse vergadering tussen die hemelwesens, staan God op om uitspraak te lewer.” Dit is duidelik na aanleiding van die volgende drie verse dat die woord “gode” verwys na landdroste, regters en ander mense wat poste van gesag beklee en regeer. Om ‘n magistraat ‘n “god” te noem, dui op drie dinge: hy het gesag oor mense, die mag wat hy uitoefen as ‘n siviele mag is een om te vrees en hy kry sy mag en gesag van God self af, wat as regter van die hele wêreld gesien word in vers 8.
Hierdie gebruik van die woord “gode” om na mense te verwys, is skaars, maar dit word iewers in die Ou Testament gevind. Toe God vir Moses na Farao gestuur het, het Hy gesê, “Kyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao” (Eks 7:1). Dit beteken eenvoudig dat Moses, as God se boodskapper, praat God se woorde en sou dus God se verteenwoordiger by die koning wees. Die Hebreeuse word “elohim” is vertaal met “eienaars” of “huiseienaars” in Eks 21:6 en 22:8, 9 en 28.
Die hele punt wat Ps 82 maak, is dat vroeë regters met onpartydigheid en ware regverdigheid moes optree, omdat selfs regters eendag voor die Regter sal moet staan. Verse 6 en 7 waarsku menslike regters dat hulle ook geoordeel sal word: “Ek het wel gesê: ‘Julle is almal gode, almal met mag beklee. Maar nou julle sal elkeen sterwe soos ‘n mens en aan julle einde kom soos enige maghebber.’” Hierdie gedeelte sê dat God mense aangestel het in magsposisies, waarin hulle as gode tussen die mense beskou word. Hulle moet dit onthou, dat alhoewel hulle God in hierdie wêreld verteenwoordig, hulle sterflik is en uiteindelik aan God verslag moet doen van hoe hulle daardie gesag aangewend het.
Nou kom ons kyk hoe Jesus hierdie gedeelte gebruik het. Jesus het gesê dat Hy die Seun van God is (Joh 10:25-30). Die ongelowige Jode het Jesus van laster beskuldig, omdat Hy sê dat Hy God is (vers 33). Dan haal Jesus Ps 82:6 aan en herinner die Jode dat die Wet bloot na mense verwys – mense in gesagsposisies en vooraanstaandes – soos “god”. Jesus se punt was: julle beskuldig My van laster, gebaseer op my gebruik van die titel “Seun van God”; tog wend julle die term in jul eie Skrif aan as verwysing na magistrate in die algemeen. Indien diegene wat ‘n kantoor beman vir goddelike afsprake, as “gode” geag kan word, hoeveel te meer nie die Een vir wie God gekies en gestuur het nie (verse 34-36)?
In teenstelling het ons die slang se leuen aan Eva in die Tuin. Sy stelling “julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken” (Gen 3:5) was ‘n halwe waarheid. Hulle oë hét oopgegaan (vers 7), maar hulle het nie soos God geword nie. Hulle het eerder outoriteit verloor, in plaas daarvan om dit te wen. Satan het Eva mislei deur haar te vertel dat sy soos die Een ware God sou word en haar só in ‘n leuen ingelei. Jesus het Sy stelling dat Hy die Seun van God is op Bybelse en semantiese gronde verdedig – in ‘n sekere sin kan invloedryke mense as “gode” gesien word; dus kan die Messias met reg na Homself verwys as “God”. Mense is nie “gode” of “klein gode” nie. Ons is nie God nie. God is God en ons wat vir Christus ken, is Sy kinders.
English
Wat bedoel die Bybel met “Julle is almal gode” in Ps 82:6 en Joh 10:34?