settings icon
share icon
Vraag

Wat is Judaïsme en wat glo die Jode?

Antwoord


Wat is Judaïsme en wie of wat is ‘n Jood? Is Judaïsme net ‘n gewone godsdiens? Is dit ‘n kulturele identiteit of net ‘n etniese groep? Is Jode ‘n groep mense of is hulle ‘n volk? Wat glo Jode en glo hulle almal dieselfde dinge? Volgens die Woordeboek is ‘n Jood “’n lid van die stam van Juda”, “’n Israeliet”, “’n lid van ‘n volk wat in Palestina bestaan het vanaf die 6de eeu vC tot die 1st eeu nC”, “’n persoon wat as gevolg van herkoms of bekering, aan ‘n voortsetting van die antieke Joodse mense behoort”, en “iemand wie se godsdiens Judaïsme is”.

Volgens rabbynse Judaïsme is ‘n Jood iemand wat ‘n Joodse moeder het of wat formeel tot Judaïsme bekeer is. Lev 24:10 word dikwels aangehaal om hierdie oortuiging geloofwaardig te maak, alhoewel die Torah geen spesifieke bewering maak ter ondersteuning van hierdie tradisie nie. Sommige rabbi’s meen dat dit niks te doen het met wat die individu waarlik glo nie. Hierdie rabbi’s vertel dat ‘n Jood nie nodig het om ’n volgeling van die Joodse wette en gewoonte hoef te wees om as ‘n Jood beskou te word nie. ‘n Jood hoef hoegenaamd geen geloof in God te hê nie en steeds Joods gebaseer te wees op grond van bogenoemde rabbynse interpretasie.

Ander rabbi’s maak dit duidelik dat, indien die persoon nie die voorskrifte van die Torah volg en die “Thirteen Principles of Faith” van Maimonides (Rabbi Moshe ben Maimon”, een van die grootste medieval Joodse skoliere) nie, kan hy nie ‘n Jood wees nie. Alhoewel hierdie persoon dalk ‘n “biologiese” Jood is, het hy nie ware verbinding met Judaïsme nie.

In die Torah, – die eerste vyf boeke van die Bybel – Gen 14:13 leer dat Abram, algemeen erken as die eerste Jood, is beskryf as ‘n “Hebreër”. Die naam “Jood” kom van die naam van Juda, een van die twaalf seuns van Jakob en een van die twaalf stamme van Israel. Blykbaar verwys die naam “Jood” net na diegene wat lede van die stam van Juda was, maar toe die koninkryk verdeel het na die regeringstyd van Salomo (1 Kon 12), het die term na enigeen in die koninkryk van Juda verwys, wat die stamme van Juda, Benjamin en Levi ingesluit het. Deesdae glo baie dat ‘n Jood enigeen is wat ‘n fisiese afstammeling van Abraham, Isak en Jakob is, ongeag van watter een van die oorspronklike twaalf stamme hy afstam.

Dus, wat glo die Jode en wat is die basiese beginsels van Judaïsme? Daar is vyf hoofvorme van sektes van Judaïsme in die wêreld vandag. Hulle is Ortodoks, Konserwatief, Hervormd, Rekonstruksionisties en Humanisties. Die oortuigings en vereistes in elke groep verskil dramaties; tog word ‘n kortlys van die tradisionele gelowe van Judaïsme in die volgende ingesluit:

God is die skepper van alles wat bestaan; Hy is een, onliggaamlik (sonder ‘n liggaam) en Hy alleen moet aanbid word as die absolute regeerder van die heelal.

Die vyf boeke van die Hebreeuse Bybel is deur God aan Moses geopenbaar. Hulle sal nie in die toekoms verander word of in die toekoms oor geargumenteer word nie.

God het met die Joodse mense deur middel van profete gekommunikeer.

God monitor die mense se aktiwiteite; Hy beloon individue vir goeie dade en straf booshede.

Alhoewel Christene baie van hul geloof op dieselfde Hebreeuse geskrifte as die Jode baseer, is daar groot geloofsverskille: Die Jode ag normaalweg handelinge en gedrag as van primêre belang; gelowe kom uit handelinge of aksies. Hierdie staan in konflik met konserwatiewe Christene vir wie geloof van primêre belang is en handelinge is die uitvloeisel van daardie geloof.

Die Joodse geloof aanvaar nie die Christelike konsep of oorspronklike sonde nie (die geloof dat alle mense Adam en Eva se sonde oorgeërf het, toe hulle aan God se opdragte in die Tuin van Eden ongehoorsaam was).

Judaïsme bevestig die inherente goedheid van die wêreld en sy mense as skeppings van God.

Joodse gelowiges is daartoe in staat om hulle lewens te heilig en nader aan God te beweeg deur “mitzvoth” (goddelike gebooie) te vervul.

Geen Verlosser is nodig of verkrygbaar as bemiddelaar nie.

Die 613 gebooie wat in Levitikus en ander boeke gevind word, reguleer alle aspekte van die Joodse lewe. Die Tien Gebooie soos in Exodus 20:1-17 en Deuteronomium 5:6-21 uiteengesit word, vorm ‘n kort samevatting van die Wet.

Die Messias (Gesalfde van God) sal in die toekoms arriveer en die Jode weer in die land van Israel bymekaar maak. Daar sal ‘n algemene opstanding van die dooies wees op daardie tydstip. Die tempel van Jerusalem wat in 70 vC deur die Romeine verwoes is, sal herbou word.

Gelowe oor Jesus varieer oorwegend. Sommige beskou Hom as ‘n groot morele leermeester. Ander sien Hom as ‘n vals profeet of as ‘n afgod van die Christendom. Sommige sektes van Judaïsme sal nie eers Sy Naam noem nie, as gevolg van die verbod daarop, om ‘n afgod se naam uit te spreek.

Daar word dikwels na die Jode as God se uitverkorenes verwys. Dit beteken nie dat hulle in elk geval as superieur ten opsigte van ander groepe beskou word nie. Bybelverse soos Exodus 19:5 maak eenvoudig die stelling dat God Israel uitgekies het om die Torah te ontvang en te bestudeer, om slegs vir God te aanbid, om op die Sabbat te rus en die feeste te vier. Die Jode is nie gekies om beter as die ander te wees nie; hulle is net eenvoudig uitgekies om ‘n lig onder die Heidene te wees en ‘n seën vir al die nasies.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Judaïsme en wat glo die Jode?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries