settings icon
share icon
Vraag

Is daar bewyse vir die Bybel se siening van ‘n jong aarde?

Antwoord


Daar is volop bewyse vir die bybelse siening aangaande ‘n jong aarde. Tog het die ou-aarde-perspektief lank reeds vir generasies‘n monopolie in publieke skole, in die hoof akademiese sentrums en in die populêre media. Dit is geen wonder dat die meeste wetenskaplikes hierdie perspektief handhaaf nie. Dit is al wat hulle in skole geleer is, soos hul opgegroei het. Dit is al wat hulle in universiteite geleer het en hul grade verwerf het. Dit is wat die meeste van hul kollegas bely. Daar is egter andersdenkende persone in die wetenskaplike gemeenskap en hul getalle groei. Hoekom? Omdat meer en meer wetenskaplikes gekonfronteer word met ‘n groeiende groep, wat die ou- aarde-paradigma uitdaag.

Dit is nie te sê dat almal wat hierdie getuienisse ondersoek die ou- aarde-perspektief sal verwerp nie. Sommige het oor hierdie bewyse nagedink en beskou dit as afwykend, as fenomene wat nog verklaar moet word. Sommige glo hulle staan onder noukeurige bestudering. Sommige sien hulle as opsetlike wanvoorstellings van die feite deur godsdienstige fanatikusse.

Daar is geen twyfel dat godsdienstige fanatikusse ‘n tendens toon om feite te verdraai, soos dit hulle pas nie. Ou-aarde fanatikusse het dieselfde tendens as hul loopbane en reputasies op die spel is. Dit is menslike natuur. Dit is ook waar dat sommige van die jong-aarde-getuienisse wat oor die jare heen voorgestel is, nie die noukeurige bestudering deurstaan het nie. Maar baie ander het en die feit bly staan dat ‘n groeiende getal van professionele opgeleide wetenskaplikes – deskundiges op hul gebiede – ‘n jong-aarde-perspektief aanvaar, asof dit ten minste wetenskaplik aanvaarbaar is, indien nie gedwonge nie. Hier is ‘n paar van die relevante bewyse vir oorweging:

Kontinentale Erosie en Fossiel-oorblyfsels. Die vastelande is besig om teen so ‘n tempo te erodeer, dat as dit nie was vir boukundige opheffing, meteoriese bestuiwing en vulkaniese instroming nie, dit heeltemal plat sou erodeer (Mount Everest en alles) in minder as 25 miljoen jare. Teen hierdie spoed, sou hoër hoogtes bo seespieël, miljoenjare-oue fossiele lank reeds weg wees, weens erosie. En tog bestaan dit nog. Die implikasie is dat hierdie fossiele nie miljoene jare oud is nie. Indien dit waar sou wees, sou die hele geologiese kolom ernstige hersiening nodig hê (sien artikel oor Geological Column).

Ondergrondse Vloeistofdruk. As ‘n boor-eiland olie tref, dan spuit dit uit in enorme fonteine. Dit gebeur, omdat die olie dikwels onder kwaai hoeveelhede druk is, as gevolg van die swaar gewig van die rots bokant dit. Ander ondergrondse vloeistowwe bly onder druk soos natuurlike gas en water. Die probleem is dat die rots bo-op baie drukvaste vloeistof-afsaksels het en relatief deurdringbaar is. Die druk moet ontsnap in minder as 100,000 jare. Tog bly hierdie afval baie drukvas. Weereens, as gevolg van die veronderstelde antiekheid van hierdie afsaksels en hul ligging regdeur die geologiese kolom, ontstaan die vraag vanuit hierdie waarneming dat sommige van die interpretasies gelei het tot die formulering van die kolom.

Globale Afkoeling. In die 19de eeu, was die beroemde fisikus en ontdekker Lord Kelvin (William Thomson) die eerste om uit te vind dat, sou die aarde begin het in ‘n witwarm gesmelte toestand, sou dit afkoel na sy huidige temperatuur biljoene jare vroeër as die 4.6 biljoen jaar, soos vandag aanvaar word. Sedertdien ou-aarde-voorstanders het uitgewys dat radio-aktiewe ontbinding binne-in die aarde grootliks die afkoelproses stadiger sou laat afkoel. Jong-aarde-kampvegters antwoord daarop dat die aarde steeds afkoel na sy huidige temperatuur, baie gouer as die ou-aard- aanhangers toelaat.

Maansresessie. Die maan is stadigaan besig om verder weg te beweeg van die aarde. Dit het te doen met die feit dat die aarde stadiger draai, as gevolg van stroomwrywing en ander faktore. Maansresessie is eerste waargeneem deur Edmund Halley in die laat 1600s (dieselfde Edmund Halley wat krediet ontvang het om eerste te wees en te voorspel van die 76-jarige wenteling van die beroemde komeet wat sy naam dra). Gegewe die spoed van maansresessie vandag en die feit dat dit geleidelik toegeneem het oor tyd en verskeie ander faktore, het fisici vasgestel dat die aarde-maan-stelsel nie kon bestaan het oor 1.2 biljoen jaar nie (sien die wiskundige vergelykings by http://www.creationscience.com/). Dit is 3.4 biljoen jaar minder as die ou-aarde-kampvegters gewillig is om te aanvaar. Verderaan, hoe nader die maan aan die aarde beweeg, hoe groter is die invloed op ons getye. Ons kan nie té ver teruggaan in tyd, voor ons almal twee maal per dag sou verdrink nie.

Heliumverspreiding van” Precambrian Zircons” (Prekambriese Sirkone). Helium word vervaardig in die aarde deur radioaktiewe ontbinding van sekere onstabiele elemente (uraan en torium is twee sulke elemente). Sommige van hierdie afval gaan binne-in kristalle, bekend as sirkone ( “zircons”). Helium versprei vanaf hierdie sirkone teen bekende spoed, afhangende van diepte en temperatuur. Wetenskaplikes het ontdek dat, in sirkone waar biljoene jare se uraan-afval is, té veel helium oorbly – heeltemal te veel. Dit wil voorkom asof die helium nie genoeg tyd gehad het om uit die kristalle uit te versprei nie. Hierdie waarneming het heelwat implikasies.

Eerstens, hierdie waarneming kan ‘n sleutel-aanname onderliggend aan radiometrieke datering omdraai (die mees algemene ou-aarde dateringstegniek). Wetenskaplikes glo dat ‘n miljoen jare se uraan-ontbinding binne-in hierdie sirkone is, omdat hulle sekere aannames maak oor die onwaarneembare verlede (sien ons artikel oor Radiometriese Datering). Een van hierdie aannames is dat radioaktiewe ontbinding konstant, regdeur die onwaarneembare verlede agtergebly het. Wetenskaplikes kon afvalmaatstawwe in die laboratorium wysig, maar die meeste glo nie dat dit werklik in die natuur gebeur nie. Tog, as biljoene jare van uraanafval só vinnig plaasgevind het dat die helium wat geproduseer is, nie genoeg tyd gehad het om die sirkone te ontsnap nie, kan dit sterk getuienis wees dat radioaktiewe ontbindingsmaatstawwe grootliks in die onwaarneembare verlede verhoog het.

Tweedens, as gevolg van die sirkone wat van Prekambriese rotse onder die geologiese kolom gekom het, benodig ou-aardse-interpretasies van die geologiese kolom, wat huidig aanvaar word, ernstige hersiening (sien artikel oor Geologic Column). Hierdie en tallose ander wetenskaplike bewyse vir ‘n jong-aarde-teorie, gee geloofwaardigheid aan die Bybel se weergawe van die skepping van die aarde en die heelal, soos gevind word in Genesis.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar bewyse vir die Bybel se siening van ‘n jong aarde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries