settings icon
share icon
Vraag

Wat is die tyd vir Jakob se swaarkry?

Antwoord


Die frase "'n tyd van swaarkry vir Jakob" is 'n aanhaling van Jer 30:7 wat sê, "Daar wag ellende! Dit is 'n vreeslike dag, sonder gelyke. Dit is 'n tyd van swaarkry vir Jakob, maar hy sal daaruit gered word."

In die voorafgaande verse van Jer 30 vind ons dat die Here met Jeremia, die profeet, praat oor Juda en Israel (30:3-4). In vers 3 beloof die Heer daardie een dag in die toekoms dat Hy beide Juda en Israel terug sal bring na die land wat Hy aan hul voorvaders beloof het. Vers 5 beskryf 'n tyd van groot vrees en bewing. Vers 6 beskryf hierdie tyd op 'n manier wat tekenend is van die mense wat deur geboortepyne gaan en weer dui dit op 'n tyd van lyding. Daar is egter hoop vir Juda en Israel, maar alhoewel dit die "tyd van swaarkry vir Jakob" genoem word, beloof die Here dat Hy vir Jakob sal red (met verwysing na Juda en Israel) uit hierdie tyd van groot swaarkry (vers 7).

In Jer 30:10-11 sê die Here, "Moenie bang wees nie, My dienaar Jakob, moenie skrik nie, Israel, sê die Here. Ek red jou uit plekke wat ver weg is, jou nakomelinge uit die land waar hulle ballinge is. Jakob sal weer veilig wees en vrede hê, niemand sal hom laat bang word nie."

Ook sê die Here Hy sal die nasies verwoes wat vir Juda en Israel in ballingskap hou en Hy sal nooit toelaat dat Jakob heeltemal vernietig word nie. Tog moet daarop gelet word dat die Here hierdie beskryf as 'n tyd van dissiplinering vir Sy mense. Hy sê van Jakob, "Ek sal al die nasies uitwis onder wie Ek jou verstrooi het, maar Ek sal jou nie uitwis nie. Ek sal jou nie ongestraf laat nie, maar Ek sal jou regverdig straf."

Jer 30:7 sê, "Dit is 'n vreeslike dag, sonder gelyke." Die enigste tydsduur wat inpas by hierdie beskrywing is die periode van die Verdrukking. Hierdie tyd is onvergelyklik in die geskiedenis.

Jesus het die Verdrukking beskryf deur sommige van dieselfde beelde as Jermia te gebruik. In Matt 24:6-8 praat Hy van die verskyning van vals Christusse, oorloë en gerugte van oorloë, hongersnode en aardbewings wat die "geboortepyne, die begin van die nuwe tyd" is.

Paulus het ook die Verdrukking beskryf as geboortepyne. 1 Tess 5:3 sê, "Wanneer die mense sê: "Alles is rustig en veilig," sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou en niemand sal ontkom nie." Hierdie gebeurtenis volg op die Wegraping en die verwydering van die Kerk, in 4:13-18. In 5:9 herbeklemtoon Paulus die afwesigheid van die Kerk van hierdie tydsperiode deur te sê, "God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word." Die straf waarvan hier gepraat word, is God se oordeel oor die ongelowige wêreld en Sy dissiplinering van Israel gedurende die Verdrukking.

Hierdie "geboortepyne" word in detail in Openbaring 6-12 beskryf — deel van die doel van die Verdrukking is om Israel terug te bring na die Here toe.

Vir hulle wat Christus as Verlosser van sonde aangeneem het, is die tyd van swaarkry vir Jakob iets waarvoor ons die Here moet loof, want dit demonstreer dat God Sy beloftes waar maak. Hy het vir ons die ewige lewe deur Christus ons Here belowe en Hy het grond, saad en seën aan Abraham en sy fisiese nageslagte belowe. Tog sal Hy, voordat Hy daardie beloftes vervul, liefdevol, maar ferm die volk Israel dissiplineer, sodat hulle kan omdraai na Hom toe.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die tyd vir Jakob se swaarkry?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries