Is Israel en die Kerk dieselfde ding? Het God steeds 'n plan vir Israel?


Vraag: "Is Israel en die Kerk dieselfde ding? Het God steeds 'n plan vir Israel?"

Antwoord:
Hierdie is een van die mees omstrede onderwerpe in die huidige kerk en dit het belangrike implikasies ten opsigte van die wyse hoe ons die Skrif interpreteer, veral rakende die eindtye. Nog belangriker, dit is van groot belang hoe dit die manier affekteer, van hoe ons die ware natuur en karakter van God Self verstaan.

Romeine 11:16-36 beskryf die illustrasie van die olyfboom. Hierdie gedeelte praat van Israel — die ("natuurlike takke") word afgebreek van die olyfboom en die Kerk ("'n wilde olyf") word op die mak olyf geënt. Aangesien Israel gesien word as takke, so ook die Kerk, is daar rede om te sê dat nie een van die groepe die "hele boom" is nie; eerder, verteenwoordig die hele boom God se werkinge met die mensdom as 'n geheel. Dus is God se program met Israel en God se program met die Kerk deel van die uitwerking van Sy doelstelling tussen mense in die algemeen. Natuurlik is dit nie bedoel dat die een of die ander program minderwaardig is nie. Soos baie kommentators opgelet het, is meer spasie toegestaan in die Bybel ten opsigte van God se programme met Israel en met die Kerk, as enige ander onderhandelinge deur God!

In Gen 12 het God aan Abraham beloof dat hy 'n vader van 'n groot nasie sou wees (die Jode), die Jode sou 'n land besit, daardie volk sou geseënd wees, meer as alle ander volke en alle ander nasies sou deur Israel geseën wees. Dus, vanaf die begin het God geopenbaar dat Israel Sy uitverkore mense sou wees op aarde, maar dat Sy seën nie tot hulle eksklusief, beperk sou wees nie. Gal 3:14 identifiseer die aard van dié seëninge: "Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het." Alle nasies van die wêreld was deur Israel geseën, uit wie die Verlosser van die wêreld gekom het.

God se velossingsplan is gebou op die afgehandelde werk van Jesus Christus, 'n nakomeling van Dawid en Abraham. Christus se dood aan die kruis is voldoende vir die sondes van die hele wêreld, nie net vir die Jode nie! Gal 3:6-8 sê, "So was dit ook met Abraham: 'Hy het in God geglo en daarom het God hom vrygespreek.' Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is. Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif die goeie nuus vir Abraham gebring: 'In jou sal al die nasies geseën word.'" Uiteindelik sê Gal 3:29, "En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God." Met ander woorde, in Christus word gelowiges regverdig verklaar deur geloof op dieselfde wyse as Abraham (Gal 3:6-8). As ons in Christus is, dan het ons deel aan die seëninge van Israel en alle nasies, deur die verlossingswerk van Christus. Gelowiges word die geestelike afstammelinge van Abraham. Gelowiges word nie fisies Jode nie, maar hulle geniet dieselfde tipe seëninge en voorregte as die Jode.

Nou, dit weerspreek of verklaar nie die openbaring in die Ou Testament nietig nie. God se beloftes in die Ou Testament is steeds geldig en God se verhouding met Israel as die gekose mense, wys heen na die werk van Christus as Verlosser van die hele wêreld. Die Mosaïese Wet is steeds van toepassing op alle Jode wat nog nie vir Christus as hul Messias aangeneem het nie. Jesus het gedoen wat hulle nie kon nie – deur die Wet volkome te vervul (Matt 5:17). As Nuwe Testamentiese gelowiges is ons nie meer onder die vloek van die Wet nie (Gal 3:13), omdat Christus daardie vloek op Homself geneem het aan die kruis. Die Wet het twee doele gedien: om sonde te openbaar en die mensdom se onvermoë (op sy eie meriete) om enigiets daaraan te doen en om ons na Christus te lei, wie die Wet vervul het. Sy dood aan die kruis stel God volkome tevrede, wat betref Sy regverdige vereiste van volmaaktheid.

God se onvoorwaardelike beloftes is nie ongeldig deur die ontrouheid van die mens nie. Niks wat ons ooit doen, is vir God 'n verrassing nie en Hy hoef nie Sy planne aan te pas na gelang van ons optrede nie. Nee, God is soewerein oor alle dinge – verlede, hede en toekoms – en wat Hy vir Israel en die Kerk vooruit bepaal het, sal gebeur, ongeag die omstandighede. Rom 3:3-4 verduidelik dat Israel se ongeloof nie Sy beloftes aan hulle tot niet sou verklaar nie: "Maar wat nou as sommige nie getrou gebly het nie? Sal hulle ontrou die trou van God laat ophou? Beslis nie. Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens 'n leuenaar, soos daar geskrywe staan: 'U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen U saak wanneer U aangekla word.'"

Beloftes aan Israel gaan nog steeds in die toekoms gehou word. Ons kan seker wees dat alles wat God gesê het, waar is en sal plaasvind, as gevolg van Sy karakter en Sy konsekwentheid. Die Kerk vervang nie vir Israel nie en moenie 'n simboliese vervulling van die beloftes van die Ou Verbond verwag nie. Soos ons in die Skrif lees, is dit nodig om Israel en die Kerk apart te hou.

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Israel en die Kerk dieselfde ding? Het God steeds 'n plan vir Israel?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God