settings icon
share icon
Vraag

Islamitiese Antichris? Sal die Antichris 'n Moslem wees?

Antwoord


Met die toenemende spannings in die Midde- Ooste gedurende die onlangse jare en spesifiek die verklarings deur Shiite Moslem ekstremiste ten opsigte van die Twelfth Imam, het baie mense begin vra hoe dit verband hou met Bybelse profesieë. Om te antwoord, moet ons eers uitvind wie die Twelfth Imam is en wat verwag word dat hy vir Islam moet doen. Tweedens moet ons die verklarings deur Shiite Moslems ondersoek met betrekking tot daardie verwagtinge en derdens moet ons vanuit die Bybel lig werp op die hele saak.

Binne-in die Shiite vertakking van Islam is daar twaalf imams of geestelike leiers, deur Allah aangewys. Hierdie begin met Imam Ali, neef van Mohammed, wat die profetiese opvolger is na Mohammed se dood. Om en by 868 AD is die Twelfth Imam, Abu al-Qasim Muhammad (of Muhammad al Mahdi) gebore vir die Eleveth Imam. Aangesien sy pa onder intense vervolging was, word die Mahdi versteek vir sy veiligheid. Ongeveer op 6 jaar, het hy vir 'n tydjie uit sy skuiling gekom toe sy pa doodgemaak is, maar is toe weer terug daarheen. Daar word gesê dat hy in grotte versteek is sedertdien en sal bonatuurlik terugkeer voor die oordeelsdag om alle tirannie en verdrukking uit te roei en harmonie en vrede op die aarde bring. Hy is die verlosser van die wêreld in Shiite teologie. Volgens een skrywer, sal die Mahdi die waardigheid van Moses, die genade van Jesus en die geduld van Job in een vomaakte persoon kombineer.

Die voorspellings oor die Twelfth Imam het 'n opvallende ooreenkoms met die Bybelprofesieë van die eindtyd. Volgens Islamitiese profesie, sal die Mahdi se terugkeer voorafgegaan word deur 'n aantal gebeure gedurende drie jaar van aaklige chaos in die wêreld en hy sal regeer oor die Arabiere en die wêreld vir sewe jaar. Sy verskyning sal gepaard gaan met twee opstandings, een van die bose en een van die regverdige. Volgens die Shiite leringe, sal die Mahdi se leierskap deur Jesus aanvaar word en die twee groot vertakkings van Abraham se families al herenig word vir ewig.

Hoe word die verklarings van die Shiitte Moslems, soos die President van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, hier ingeweef? Ahmadinejad is 'n streng toegewyde Shiite en verkondig dat hy persoonlik die wêreld voorberei vir die koms van Mahdi. Vir die wêreld om gered te word, moet dit in 'n toestand van chaos en onderwerping wees en Ahmadinejad voel dat hy deur Allah aangewys is om die pad daarvoor aan te dui. Ahmadinejad het herhaaldelik verklarings gemaak oor die vernietiging van vyande van Islam. Die Iraanse president en sy kabinet het kwansuis 'n kontrak geteken met al Mahdi, waarin hulle hulself wy aan sy werk. Toe daar direk gevra word deur ABC verslaggewer, Ann Curry, in September 2009 oor sy apokaliptiese verklarings, het Ahmadinejad gesê, "Imam…sal kom met logika, met kultuur, met wetenskap. Hy sal kom, sodat daar geen oorlog meer sal wees nie. Nie meer vyandigheid of haat nie. Nie meer konflik nie. Hy sal op elkeen 'n beroep doen om broederlike liefde te beoefen. Natuurlik sal hy saam met Jesus Christus terugkom. Dié twee sal saam terugkom en saam werk, hulle sal die wêreld met liefde vul."

Wat het dit alles met die Antichris te doen? Volgens 2 Tess 2:3-4 sal daar 'n "wettelose mens" in die laaste dae verskyn. "Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word." In Dan 7 lees ons van Daniël se visioen van vier groot diere wat koninkryke verteenwoordig en belangrike rolle in God se profetiese plan speel. Die vierde dier word beskryf (v 7-8) as skrikwekkend, vreesaanjaend en baie sterk. Hy was anders as die vorige diere. Dit word ook beskryf met 'n "klein horinkie" wat tussen die ander uitgekom het en drie uitgeruk het. Hierdie horinkie word dikwels beskou as die Antichris. In vers 25 word hy beskryf asof hy lastertaal spreek: "Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander en die heiliges van die Allerhoogste sal in sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd" (drie en 'n halwe jaar). In Dan 8 identifiseer die visioen van die ram en die bok 'n koning wat gedurende die laaste dae sal verskyn (v 23-25), baie mense vernietig en teen Christus opstaan, maar hierdie koning sal vernietig word. In Dan 9:27 word dit geprofeteer dat die "regeerder" sal verskyn wat 'n 7- jarige ooreenkoms met baie mense sal sluit en dan baie verwoesting inbring. Wie sal hierdie Antichris wees? Niemand weet verseker nie, maar baie teorieë word gegee, insluitende die moontlikheid dat hy 'n Arabier sal wees.

Ongeag van hierdie onderskeie teorieë, is daar min parallelle tussen die Bybel en Shiite teologie wat ons kan oplet. Eerstens sê die Bybel dat die Antichris se koninkryk die aarde vir 7 jaar sal regeer en Islam beweer dat die Twelfth Imam die wêreld vir 7 jaar sal regeer. Tweedens voorsien die Moslems 3 jare van chaos voor die openbaring van die Twelfth Imam en die Bybel praat van drie en 'n halwe jaar van Verdrukking , voordat die Antichris homself sal openbaar deur die Joodse tempel te skend. Derdens word die Antichris as 'n bedrieër beskryf, wat beweer dat hy vrede bring, maar wat eintlik wydverspreide oorlog bring; die verwagting van die Twelfth Imam is dat hy vrede sal bring deur massiewe oorlog saam met die res van die wêreld.

Sal die Antichris 'n Moslem wees? Net God alleen weet. Is daar verband tussen Islamitiese eskatologie en Christelike eskatologie? Daar is sekerlik direkte korrelasies, alhoewel hulle is soos om die beskrywings van 'n groot geveg te lees: eerstens vanuit die perspektief van die verloorder in 'n poging om die aansien te red en dan vanuit die perspektief van die oorwinnaar. Totdat ons die vervulling van hierdie dinge sien, het ons nodig om die woorde van 1 Joh 4:1-4 in ag te neem, "Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die Antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is. Julle behoort aan God, liewe kinders en het die vals profete klaar oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is."

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Islamitiese Antichris? Sal die Antichris 'n Moslem wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries