settings icon
share icon
Vraag

Wat is Islam en wat glo die Moslems?

Antwoord


Die godsdiens van Islam het vroeg in die 7de eeu nC begin, deur ‘n man met die naam van Mohammed. Hy het beweer dat hy deur die engel Gabriël besoek is. Gedurende hierdie besoeke, wat vir ongeveer 23 jaar aangehou het, tot Mohammed se dood, het die engel na bewering die woorde van God (“Allah” in Arabies en so ook deur die Moslems genoem) aan Mohammed geopenbaar. Hierdie gedikteerde openbaringe is in die Koran (Islam se heilige boek) saamgevat. Volgens Islam is die Koran die finale outoriteit en die laaste openbaring van Allah.

Moslems, die volgelinge van Islam, glo dat die Koran voorafbestaan het en die volmaakte woord van Allah is. Verderaan is daar baie Moslems wat uitgawes van die Koran in ander tale verwerp. ‘n Vertaling is nie ‘n geldige uitgawe van die Koran, wat net in Arabies bestaan, nie. Alhoewel die Koran die belangrikste heilige boek is, is die Sunnah die tweede bron van godsdienstige instruksies. Die Sunnah is deur Mohammed se vriende geskryf en dit handel oor wat hy gesê, gedoen en goedgekeur het.

Die sleutel-oortuigings van Islam is dat Allah die enigste ware God is en dat Mohammed sy profeet was. Deur net hierdie oortuigings te verklaar, is ‘n persoon tot Islam bekeer. Die woord “Moslem” beteken “een wat homself aan Allah onderwerp”. Islam beweer dat dit die een ware godsdiens is, waarvan alle ander godsdienste afgelei is (Judaïsme en die Christendom ingesluit).

Moslems baseer hul lewens op 5 pilare:

Die getuienis van geloof: “Daar is geen ware god as net God (Allah) nie en Mohammed is die Boodskapper (Profeet) van God.”

Gebed: vyf gebede moet elke dag gebid word.

Gee: ‘n Mens moet aan die behoeftiges gee, aangesien alles van Allah af kom.

Vas: buiten geleentheids-vas, moet alle Moslems gedurende die viering van Ramadan (die negende maand van die Islamse kalender) vas.

Hajj: die pelgrimsreis na Mekka (Makkah) behoort ten minste eenmaal in ‘n leeftyd onderneem word (gedurende die twaalfde maand van die Islamse kalender).

Hierdie vyf beginsels, die raamwerk van gehoorsaamheid vir Moslems, word ernstig en letterlik opgeneem. ‘n Moslem se toegang tot die paradys is gekoppel aan gehoorsaamheid, rakende hierdie vyf pilare.

In verhouding tot die Christendom, het Islam verskeie ooreenkomste en noemenswaardige verskille. Soos die Christendom, is Islam monoteïsties, maar in stryd met die Christelike geloof, verwerp Islam die konsep van die Drie-eenheid. Islam aanvaar sekere dele van die Bybel soos die Wet en die Evangelies , maar verwerp die meerderheid as lasterlik en saai.

Islam beweer dat Jesus net ‘n profeet was, nie God se Seun nie (net Allah is God, so glo die Moslems en hoe kon Hy ‘n Seun gehad het?). Islam aanvaar eerder dat Jesus, gebore uit ‘n maagd, geskep is soos Adam: van die stof van die aarde. Moslems glo dat Jesus nie aan die kruis gesterf het nie; dus ontken hulle een van die sentrale oortuigings van die Christene.

Laastens verkondig Islam dat die paradys deur goeie werke en gehoorsaamheid aan die Koran, verkry word. Die Bybel, aan die ander kant, openbaar dat die mens nie aan die heilige God kan gelyk wees nie. Net as gevolg van Sy genade en liefde kan sondaars deur geloof in Christus gered word (Ef 2:8-9).

Dit is duidelik dat Islam en die Christelike geloof nie albei waar kan wees nie: Jesus was die grootste profeet of Mohammed was. Die Bybel is die Woord van God of die Koran is. Verlossing word verkry deur Jesus Christus as Verlosser te aanvaar of deur die vyf pilare na te kom. Weer eens, beide godsdienste kan nie waar wees nie. Hierdie waarheid, die skeiding van dié twee godsdienste op wesenlike terreine, het ewigheids-gevolge.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Islam en wat glo die Moslems?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries