Wat het gedurende die intertestamentele periode gebeur?



Vraag: "Wat het gedurende die intertestamentele periode gebeur?"

Antwoord:
Die tydsduur tussen die laaste geskrifte van die Ou Testament en die verskyning van Christus, staan bekend as die “intertestamentele” (of “tussen die testament”) periode. Aangesien daar geen profetiese woord van God gedurende hierdie periode was nie, verwys sommige daarna as die “400 stil jare.” Die politieke, godsdienstige en sosiale Palestynse atmosfeer het gedurende hierdie periode noemenswaardig verander. Baie van die gebeure is deur die profeet Daniël voorspel. (Sien Daniël 2,7,8 en 11 en vergelyk dit met historiese gebeure.)

Israel was onder beheer van die Persiese Keiserryk van ongeveer 532-332 v C. Die Perse het die Jode toegelaat om hul godsdiens met min inmenging te beoefen. Hulle is selfs toegelaat om die tempel te herbou en daar te aanbid (2 Kronieke 36:22-23; Esra 1:1-4). Hierdie periode het die laaste 100 jaar van die Ou Testamentiese periode ingesluit en ongeveer die eerste 100 jaar van die Nuwe Testamentiese periode. Hierdie tyd van relatiewe vrede en vergenoegsaamheid was net die kalmte voor die storm.

Alexander die Grote het Darius van Persië verslaan en het Griekse bewind in die wêreld gebring. Alexander was ‘n student van Aristoteles en was goed opgevoed in die Griekse filosofie en politiek. Hy het vereis dat die Griekse kultuur in elke land wat hy oorwin het, beoefen moes word. Die Hebreeuse Ou Testament is byvoorbeeld in Grieks vertaal en het bekend gestaan as die Septuagint. Die meeste van die Nuwe Testamentiese verwysings, rakende Ou Testamentiese Skrifgedeeltes, gebruik die Septuagint se skryftrant. Alexander het godsdiensvryheid vir die Jode toegelaat, alhoewel hy die Griekse leefstyle sterk bevorder het. Dit was nie ‘n goeie wending vir die Israeliete nie, aangesien die Griekse kultuur baie wêrelds, humanisties en goddeloos was.

Nadat Alexander dood is, is Judea deur ‘n reeks opvolgers regeer en het die toppunt bereik met Antiochus Epiphanes. Antiochus het veel meer gedoen as om godsdiensvryheid vir die Jode te weier. In die tydperk van 167 v C, het hy die regmatige reël van priesterskap omvergegooi en die tempel ontset, deur dit met onrein diere te onteer, asook ‘n heidense altaar (Markus 13:14). Dit was die godsdienstige ekwivalent van ontering. Uitendelik het Joodse weerstand teen Antiochus die regmatige priesters herstel en die tempel gered. Die opvolgende periode was een van oorlog, geweld en binnegevegte.

Om en by 63 v C het Pompey van Rome Palestina oorwin en die hele Judea onder beheer van die Caesars geplaas. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat Herodus deur die Romeinse keiser en senaat, koning van Judea gemaak is. Dit sou die volk wees wat die Jode beheer en belas het en uiteindelik die Messias aan die Roomse kruis ter dood veroordeel het. Romeinse, Griekse en Hebreeuse kulture was toe saamgevoeg in Judea.

Gedurende die tydsduur van die Griekse en Romeinse besettings, het twee belangrike politieke/godsdienstige groepe ontstaan in Palestina. Die Fariseërs het deur mondelingse tradisies tot die Wet van Moses toevoegings gemaak en mettertyd hul eie wette belangriker as God s’n beskou (Markus 7:1-23). Alhoewel Christus se leringe dikwels ooreengestem het met die Fariseërs s’n, het Hy te velde getrek teen die oppervlakkige wetlikheid en tekort aan deernis. Die Sadduseërs het die aristokrate en die rykdom verteenwoordig. Die Sadduseërs wat die septer geswaai het deur mag in die Sanhedrin te verkry, het alles verwerp, behalwe die Mosaïekboeke van die Ou Testament. Hulle het geweier om in die opstanding te glo en was in die algemeen navolgers van die Grieke, wat hulle grootliks bewonder het.

Hierdie stormloop van gebeure wat die verhoog vir Christus oopgestel het, het ‘n noemenswaardige impak op die Joodse mense gehad. Beide die Jode, sowel as ander heidense nasies het ontevrede geraak met godsdiens. Die heidene het die waarde van politeïsme begin bevraagteken. Romeine en Grieke het van hul mitologie ten opsigte van die Hebreeuse Skrifte afgesien, wat nou maklik leesbaar was in Grieks of Latyn. Die Jode was egter wanhopig. Hulle is weer oorwin, onderdruk en verontreinig. Die hoop was min en geloof was nog minder. Hulle was oortuig dat die enigste wat hulle en hul geloof kon red, die verskyning van die Messias was.

Die Nuwe Testament vertel die storie van hoe hoop gekom het, nie net vir die Jode nie, maar vir die hele wêreld. Christus se vervulling van die profesie was in die vooruitsig gestel en erken deur baie wat Hom gesoek het. Die stories van die Romeinse offisier, die wyse manne en die Fariseër, Nikodemus, wys dat Jesus erken is as die Messias, deur hulle wat in daardie tyd geleef het. Die “400 jare van stilte” is gebreek deur die grootste storie ooit – die evangelie van Jesus Christus!


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat het gedurende die intertestamentele periode gebeur?