Vraag
Wat is die verskillende teorieë oor bybelse inspirasie?
Antwoord
Die lering aangaande inspirasie is dat die Bybel God-geïnspireerd is en dus ons foutlose reël is vir geloof en praktyk. Indien die Bybel eenvoudig die werk van menslike verbeelding is, dan is daar geen verpligte rede om die doktrines en morele riglyne daarvan te volg nie. Die Bybel self maak die duidelike bewering om God-geïnspireerd te wees: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die mens wat in diens van God staan, volkome voorbereid en toegerus sal weesvir elke goeie werk” (2 Tim 3:16-17). Ons let op twee dinge ten opsigte van die Skrif in hierdie verse: Dit is deur “God geïnspireer” en dit is van “groot waarde” vir die Christelike lewenswyse.
Daar is 4 sienings/teorieë oor inspirasie:
Die neo-ortodokse siening
Die diktaat-siening
Die siening van beperkte inspirasie
Die siening van onbeperkte/volle (plenary) verbale inspirasie
Die neo-ortodokse siening plaas die klem op die transendensie van God. Neo-ortodoksie leer dat God so totaal verskillend is van ons dat die enigste manier wat ons Hom ooit sal ken, deur direkte openbaring is. Hierdie siening van die transendensie van God ontken enige konsep van natuurlike teologie (dat God deur Sy skepping geken kan word). Verderaan ontken neo-ortodoksie dat die Bybel die Woord van God is. Die Bybel is ‘n getuie of voorspraak ten opsigte van die Woord van God, Jesus. Die neo-ortodokse teorie oor inspirasie is dat die woorde in die Bybel nie God se woorde is nie, maar feilbare woorde geskryf deur feilbare mense. Die Bybel is slegs “geïnspireerd” deurdat God soms die woorde gebruik om met individue te praat.
Die neo-ortodokse teorie oor inspirasie is glad geen inspirasie nie. As die Bybel die feilbare produk van feilbare mense is, dan het dit werklik geen waarde nie, ten minste niks meer as ‘n ander boek nie. God kon net so wel “praat” met ons deur fiksie-werke as wat Hy deur die Bybel doen.
Die voorskriftelike teorie oor inspirasie sien God as die outeur van die Skrif en die individuele menslike agente as sekretarisse wat die diktaat neerskryf. God het gepraat en die mens het dit neergeskryf. Hierdie siening het ietwat van meriete, aangesien ons weet dat daar gedeeltes in die Skrif is waarin God in hoofsaak sê, “Skryf alles wat Ek met jou gepraat het, in ‘n boek” (Jer 30:2), maar nie alles in die Skrif was op daardie wyse geskep nie. Die Pentateug is hoofsaaklik ‘n aantekening van die Joodse volk voordat hulle in die Beloofde Land gaan woon het. Aangesien Moses die primêre outeur is, het die Pentateug baie redigerende werk van Moses se kant vereis, want hy het sonder twyfel vroeër opgawes van sommige van die geskiedenis bymekaar gemaak. Lukas sê in sy inleiding tot die Evangelie dat hy uitgebreide navorsing gedoen het oor die gebeure in Jesus se lewe, voor hy dit geskryf het (Luk 1:1-4). Baie van die profetiese boeke lees soos joernale oor die profete se lewens. Die belangrike ding is dat die diktaatteorie slegs sekere gedeeltes van die Skrif verduidelik, maar nie alles daarvan nie of selfs die meeste daarvan nie.
Die teorie van beperkte inspirasie is die teenoorgestelde siening van die diktaatteorie. Waar laasgenoemde die Skrif sien as hoofsaaklik God se werk met minimale menslike bydraes, sien die eersgenoemde die Skrif as die primêre werk van die mens met beperkte hulp vanaf God. Die teorie van beperkte inspirasie sê dat God die menslike outeurs leiding gegee het, maar hulle vryheid gegee het om hulself uit te druk in hul werk, selfs so ver as om feitelike en historiese foute toe te laat. Gelukkig, het die Heilige Gees dogmatiese foute voorkom. Die probleem met hierdie siening is dat, indien die Bybel tot foute geneig is in die historiese weergawes, hoe kan ons dan die dogmatiese inhoud vertrou? Met beperkte inspirasie, word die betroubaarheid van die Bybel in twyfel getrek. Dit lyk ook asof hierdie siening die feit ignoreer,dat die bybelse storie van verlossing van Genesis tot Openbaring vertel word teen die agtergrond van menslike geskiedenis – die doktrine is binne-in die geskiedenis geweef. Ons kan nie na willekeur sê dat die geskiedenis onakkuraat is en beweer dat dit ‘n kern van dogmatiese waarheid bevat nie.
Die finale siening en die siening van ortodokse Christelikheid, is die teorie van volle, verbale inspirasie. Die woord “plenary” beteken “voltooi of volle” en “verbal” beteken “die egte woorde van die Skrif.” Dus volle, woordelikse inspirasie is die siening dat elke enkele woord in die Bybel die egte woord van God is. Dit is nie slegs die idees of gedagtes wat geïnspireer is nie, maar die woorde self. 2 Tim 3:16-17 gebruik ‘n unieke Griekse woord “theopneustos,” wat letterlik beteken “God-geïnspireerd.” Die Skrif is “uitgeblaas” uit God se mond. Die woorde in die Bybel is God se woorde.
Verderaan, “want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord van God kom, verkondig” (2 Pet 1:21). Hierdie gedeelte gee ons ‘n aanduiding van hoe God die menslike outeurs geïnspireer het. Mense het gepraat (of geskryf) asof hulle deur die Heilige Gees meegevoer was. Die werkwoord vir “meegevoer” word gebruik vir ‘n seil wat met wind gevul is en ‘n boot oor die water gedra het. Toe die menslike outeurs pen op papier gesit het, het die Heilige Gees hulle “meegevoer,” sodat wat hulle geskryf het die “uitgeasemde” woorde van God was. Dus, terwyl die geskrifte die persoonlikheid van die individuele outeurs behou het (Paulus se styl is baie verskillend van Jakobus of Johannes of Petrus s’n), is die woorde self presies wat God wou gehad het dat hulle moes skryf.
Die eintlike siening van bybelse inspirasie is die ortodokse siening van die kerk, wat sê dat die Bybel die volle, verbale geïnspireerde Woord van God is.
English
Wat is die verskillende teorieë oor bybelse inspirasie?