Vraag
Wat is die innerlike mens?
Antwoord
Paulus gebruik die term innerlike mens verskeie kere in sy sendbriewe (2 Kor 4:16; Ef 3:16). Rom 7:22-23 sê, “Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late ‘n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees.” Die “innerlike mens” is ‘n ander manier om die geestelike aspek van ‘n persoon te beskryf. Die “uiterlike mens,” in teenstelling, sou die sigbare, eksterne aspek van ‘n persoon wees.
Menslike wesens was deur God geskep met ‘n gees, siel en liggaam (Gen 1:27; 1 Tes 5:23). Daar word gesê dat ons nie liggame met siele is nie; ons is siele wat liggame het. Die liggaam – die “uiterlike mens” – is ons fisiese woonplek waardeur ons die wêreld beleef. Ons liggame funksioneer hoofsaaklik deur die vyf sintuie en deur ingebore behoeftes na te kom, soos eet, drink en slaap. Ons liggame is nie boos nie, maar is gawes van God. Sy begeerte is dat ons daardie liggame as lewende offers aan Hom moet oorgee (Rom 12:1-2). Wanneer ons God se geskenk van verlossing deur Christus aanvaar, raak ons liggame tempels van die Heilige Gees (1 Kor 6:19-20; 3:16).
Ons siele is die sentrums van ons persoonlikheid waaruit ons verstand, wil en emosies opereer. Met ons siele kies ons eerder om te luister na die Heilige Gees en om die vleeslike begeertes óf die begeertes van die Heilige Gees te gehoorsaam (Gal 5: 16-17; Rom 8:9; Mark 14:38). Die siel van ‘n persoon is die hofsaal waar lewensbesluite gemaak word. Dit is die setel van die selflewe en die fontein waaruit karaktertrekke soos selfvertroue, selfbejammering, selfsug en selfbeheer ontstaan.
Ons gees bevat die innerlike mens waarvan die Skrif praat. Ons gees is waar die Gees van God met ons gemeenskap het. Jesus het gesê, “God is Gees en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid” (Joh 4:24). Dit is binne-in ons gees dat ons wedergebore word (Joh 3:3-6). Die “innerlike mens” bevat die gewete waarin die Heilige Gees kan beweeg en van sonde oortuig word (Joh 16:8; Hand 24:16). Ons gees is dié deel van ons wat die meeste soos God is, met ‘n ingebore kennis van reg en verkeerd (Rom 2:14-15). 1 Kor 2:11 sê, “Watter mens ken die verborge dinge van ‘n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God.”
Rom 12:1-2 smeek ons om nie aan die wȇreld gelyk te word nie – moenie soos die wêreld dink nie; ons innerlike mens moet liewer getransformeer word “deur julle denke te vernuwe.” Hierdie vernuwende denke kom na vore soos ons die Heilige Gees toelaat om vryelik te heers in ons “innerlike mens.” Hy begin om ons handelinge en begeertes te verander om soos Syne te word. Rom 8:13-14 sê, “ As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.”
Romeine 7 brei uit oor die dikwels pynlike geveg tussen ons vlees en gees. Ons gees, wat deur die krag van God weergebore is, verlang om Jesus te gehoorsaam en te volg. Maar die vlees sterf nie ‘n maklike dood nie, Romeine 6 verduidelik hoe ons die innerlike mens kan toelaat om oor die vlees te triomfeer. Verse 6 en 7 sê, “Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beёindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.” Voordat ons nie onsself ag as “saam met Christus gekruisig” (Gal 2:20) nie, veg die siel en liggaam met die gees vir opperheerskappy. Ons gaan voort om te leef in ‘n toestand van vernietiging, totdat ons aan onsself sterf en die Gees toelaat om volle beheer oor elke aspek van ons lewens te kry, beide innerlike en uiterlike mens.
Dit is God se begeerte en ontwerp vir menslike wesens dat ons altyd lewe soos aangedui deur die wedergebore natuur, wat in lyn is met God se Gees. Maar ons gevalle natuur verkies om te heers en so woed ‘n geestelike stryd. Rom 7:24 rig ‘n vraag wat elke toegewyde volgeling van Christus vra: “Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?” Vers 25 antwoord daardie vraag: “Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.” Die mate waartoe ons daardie innerlike mens oorgee om onder beheer van die Heilige Gees te staan, is die mate waarin ons in volgehoue oorwinning oor ons gevalle vlees die pad stap.
English
Wat is die innerlike mens?