Vraag
Individualisme vs kollektivisme – wat sê die Bybel?
Antwoord
Individualisme kan gedefinieer word as om die belange van die individu bokant daardie van die groep te plaas. Die opvatting van kollektivisme is dat die behoeftes van die groep voorrang kry oor elke individu daarin. Daar is volledige kulture wat ‘n neiging toon na een van hierdie twee filosofieё; by- voorbeeld, die VSA het geskiedkundig individualisme aangemoedig, terwyl die kulture in Suid-Korea meer neig na kollektivisme. Is die een beter of slegter as die ander, vanuit ‘n bybelse perspektief? Die antwoord is nie ‘n eenvoudige “So sê die Here” nie. Die waarheid is dat die Bybel van beide ideologieё voorbeelde gee.
Individualisme plaas die fokus op wat ookal die beste vir “my” is, ongeag watter effek dit op die “groep” plaas. Kollektivisme plaas die fokus op wat om te doen wat beste is vir die “groep,” ongeag of dit enige effek op individue binne die groep het. Vanuit ‘n bybelse perspektief is nie een van die twee ideologieё – as dit tot hul volle omvang uitspeel – wat God in gedagte het nie. God het mense geskep tot Sy eer (Jes 43:7), nie vir hul eie of enige ander persoon se belang nie. ‘n Goddelike fokus sou wees om te doen wat vir God en Sy koninkryk die beste is (Matt 6:33a).
Daar is verse in die Bybel wat kollektivisme tot ‘n sekere mate illustreer. Kajafas se onopsetlike profesie dat “dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie” (Joh 11:50) is een geval daarvan. In die vroeё kerk in Jerusalem, het mense hul besittings saam gebruik om ander in nood te help, sodat niemand iets moes kortkom nie (Hand 2:44-45; 4:32-35). In 2 Kor 8:12-14 bemoedig Paulus die kerk in Korinte om finansieel by te dra vir die kerk in Jerusalem “sodat daar ewewig sal wees” (vers 13). Die belangrike om op te let in hierdie voorbeelde egter, is dat die mense wat gegee het, ‘n keuse in hierdie saak gehad het. Hul gawe was ten strengste vrywillig (Hand 5:4). Niemand was geforseer om te gee tot voordeel van die groep nie, maar hulle het vrywillig dit gedoen uit liefde vir die Here en vir die kerk. As ‘n individu gegee het ten bate van die groep, was daardie persoon ook geseёnd (2 Kor 9:6-8). Hierdie beginsel van die Koninkryk bevat ‘n paar elemente van kollektivisme, maar gaan verder as dit. Ons motivering om die kerk te dien, is nie net tot voordeel van die kerk as ‘n kollektief nie; ons motivering is dat dit vir God aanneemlik moet wees (Hebr 13:16).
Ander verse in die Bybel illustreer die waarde en belangrikheid van die individu. In een van Sy gelykenisse plaas Jesus die klem op groei en rentmeesterskap oor die dinge wat God vir ons gee, omdat ons individueel verantwoordelik gehou word (Luk 19:15). In Luk 15 vertel Jesus die storie van ‘n herder wat sy kudde gelos het om een verlore lam te gaan soek en die storie van ‘n vrou wat haar huis omgekeer het om te soek na ‘n individuele verlore stuk erfgeldjie (Luk 15:3-10). Beide gelykenisse illustreer die waarde wat God plaas op die individu bokant die groep. Soos ons sien met kollektivisme egter, demonstreer hierdie voorbeelde die opvatting van individualisme slegs gedeeltelik. God ag die individu meer as die groep by tye, omdat dit vir Hom aanneemlik is en Hom eer. As God verheerlik word, raak elkeen bevoordeel, individue en die groep – let op dat in die gelykenisse van Lukas 15, dat elke keer wat dit wat verlore was, gevind word, is almal saam verheug (Luk 15:6,9).
God plaas waarde op beide die individu en die kollektief. Die Bybel argumenteer nie regtig vir die een of die ander as die korrekte ideologie nie. In plaas daarvan bied dit iets anders altesaam, geïllustreer in die beskrywing van die Liggaam van Christus in 1 Kor 12. Paulus vertel dat die individuele gelowiges soos liggaamsdele is, elkeen speel ‘n ongelooflike belangrike en onmisbare rol in die suksesvolle funksionering van die liggaam (1 Kor 12:14, 27). Die verskillende dele van ‘n liggaam funksioneer slegs as hulle deel vorm van die liggaam as geheel. ‘n Duim kan dinge doen wat geen ander deel van die liggaam kan doen nie, maar slegs as dit met die hand verbind is! (sien 1 Kor 12:18-20). Desgelyks is die liggaam as geheel ‘n wonderlike organisme, maar slegs as al die dele individueel na omgesien word (sien 1 Kor 12:25-26).
Die debat oor wat die Bybel sê betreffende individualisme versus kollektivisme sal geen twyfel laat nie; nietemin, ons kan almal leer van C.S. Lewis aangaande die onderwerp, ongeag watter kant ons kies: “I feel a strong desire to tell you – and I expect you feel a strong desire to tell me – which of these two errors (individualism or collectivism) is the worse.That is the devil getting at us. He always sends errors into the world in pairs – pairs of opposites. And he always encourages us to spend a lot of time thinking which is the worse. You see why, of course? He relies on your extra dislike of the one error to draw you gradually into the opposite one. But do not let us be fooled. We have to keep our eyes on the goal and go straight through between both errors. We have no other concern than that with either of them” (from Mere Christianity, book 4, chapter 6).
English
Individualisme vs kollektivisme – wat sê die Bybel?