settings icon
share icon
Vraag

Indien God geweet het dat Satan sou rebelleer, hoekom het Hy hom geskep?

Antwoord


Dit is 'n tweeledige vraag: Eerstens, "Het God geweet dat Satan sou rebelleer?" Ons weet vanuit die Skrif dat God alwetend is, wat beteken dat Hy letterlik alles weet. Job 37:16; Ps 139:2-4, 147:5; Spreuke 5:21; Jes 46:9-10 en 1 Joh 3:19-20 laat geen twyfel dat God se kennis oneindig is en dat Hy alles weet wat in die verlede gebeur het, wat nou besig is om te gebeur en wat in die toekoms sal gebeur.

Ons kyk na sommige van die oortreffende trappe in hierdie verse – "kennis volmaak"; "Sy kennis is onbegrens"; "Hy weet alles" – en dan word dit duidelik dat God se kennis nie net groter is as ons eie nie, maar dit is oneindig groter. Hy weet alles in totaliteit. Indien God se kennis nie volmaak is nie, dan is daar 'n leemte in Sy natuur. Enige leemte in God se natuur beteken dat Hy nie God kan wees nie, want God se hele wese vereis die volmaaktheid van al Sy eienskappe. Dus, die antwoord op die eerste vraag is "ja, God het geweet dat Satan wou rebelleer."

Die tweede deel van die vraag, "Waarom het Hy Satan geskep, as Hy vooruit geweet het dat hy sou rebelleer?" Hierdie vraag is 'n bietjie meer ingewikkeld, aangesien ons 'n "waarom" vraag vra, waarop die Bybel gewoonlik nie omvattende antwoorde voorsien nie. Ongeag dit, moet ons die vermoë hê om tot 'n beperkte verstaan daarvan te kom. Ons het reeds gesien dat God alwetend is. Dus, as God geweet het dat Satan sou rebelleer, uit die hemel val en hom nogtans geskep het, moet dit beteken dat Satan se val deel van God se soewereine plan van die begin af was. Geen ander antwoord as laasgenoemde maak tot dusver sin nie.

Eerstens moet ons verstaan dat, wetende dat Satan sou rebelleer, nie dieselfde ding is as om van Satan 'n rebel te maak nie. Die engel Lucifer het n vrye wil gehad en sy eie keuses gemaak. God het Lucifer nie as die duiwel geskep nie; Hy het hom goed gemaak (Gen 1:31).

Om te probeer verstaan waarom God Satan gemaak het, wetende dat hy sou rebelleer, moet ons ook die volgende feite in ag neem:

Lucifer het 'n goeie en volmaakte doel gehad voor sy val. Lucifer se rebellie verander nie God se aanvanklike bedoeling: dat alles goed moet wees nie. Dus, om van iets goeds iets slegs te maak, is nie God se bedoeling nie.

God se soewereiniteit brei na Satan toe uit, selfs in sy gevalle toestand. God kon Satan se bose dade uiteindelik tot by God se heilige plan uitbring (1 Tim 1:20 en 1 Kor 5:5).

God se verlossingsplan is van ewigheid af bestem (Openbaring 13:8); redding vereis iets om van verlos te word en dus het God Satan se rebellie toegelaat en so ook die verspreiding van sonde.

Die lyding wat Satan in die wêeld ingebring het, het die middele geword waardeur Jesus, in Sy menswees, die volkome en volmaakte Verlosser vir die mensdom gemaak is: "God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie as Sy kinders tot heerlikheid lei. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring" (Heb 2:10).

Vanaf die verste begin, het God se plan in Christus die vernietiging van Satan se werk ingesluit (1 Joh 3:8).

Laastens, kan ons nie met sekerheid weet waarom God vir Satan geskep het nie, wetende dat hy sou rebelleer. Dit is verleidelik om te veronderstel dat dinge "beter" sou wees, indien Satan nooit geskep is of om te verklaar dat God anders moes optree. Sulke aannames is egter onwys. Om te dink dat ons beter weet as God hoe om die heelal te bestuur, is om in die duiwel se eie sonde te val of homself hoër as die Allerhoogste te ag (Jes 14:13-14).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Indien God geweet het dat Satan sou rebelleer, hoekom het Hy hom geskep?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries