settings icon
share icon
Vraag

Kan jou huwelik jou verhouding met God dwarsboom?

Antwoord


Die saak dat die huwelik diens teenoor God kan verhinder, was vir Paulus in 1 Kor 7 ‘n bekommernis. As gevolg hiervan, het hy genoem dat dit die beste is vir ‘n enkellopende om so alleen te bly. Hy het egter verstaan dat om enkellopend te lewe sonder om uit te brand van hunkering, was nie ‘n gawe wat aan elkeen gegee is nie (7-9). In vere 32-35 noem hy dat ongetroudes die Here ongehinderd kan dien, omdat hulle nie nodig het om te fokus op dié deel van hul lewens om hul eggenotes te plesier nie. Hy het ook daarop gewys, dat óf jy getroud óf ongetroud is, jy daarop moet fokus om Christus te dien (verse 28-31).

Maar die feit dat Jesus nie net enkellopende mans geroep het nie – en selfs vir Petrus uitgekies het, ‘n getroude man (Matt 8:14) as een van die drie naaste dissipels – dui aan dat die huwelik nie nodig het om iemand se intimiteit met Christus te verhinder nie. Soortgelyk, in die Ou Testament was daar twee individue (onder andere) wat intiem met God was. Een was Daniël; die ander was Moses. Een was enkellopend; een was getroud. Tog was die huwelik nie ‘n bepalende faktor betreffende die intimiteit met God nie.

Die sleutel ten opsigte van trou en geen inmenging met jou intimiteit met Christus nie, is om “in die Here” te trou (1 Kor 7:39) of om dit anders te stel, om nie “met ongelowiges in dieselfde juk” te trek nie (2 Kor 6:14) deur enige ongelowige te trou of ‘n gelowige wat nie dieselfde leerstellings aanhang as jy nie of dieselfde begeerte het om Christus met ‘n hele hart te dien nie. As iemand “in die Here” trou, beloof die Skrif die voordele van ‘n goeie lewensmaat (Spreuke 27:17; Prediker 4:9-12) en die eggenoot word ‘n hulp en bemoediging in elke dag se wandel saam met Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan jou huwelik jou verhouding met God dwarsboom?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries