settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor die huwelik?

Antwoord


Die onstaan van die huwelik is vervat in Genesis 2:23 – 24, “Toe sê die mens: "Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy 'vrou' genoem word; sy is uit die man geneem."Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word”. God het man geskape en toe die vrou geskape om hom aantevul. Deur die huwelik het God die probleem opgelos sodat die man nie alleen is nie “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie” (Genesis 2:18).

Die woord “helper” vir Eva soos beskryf in Genesis 2:20 beteken “om te omgewe, om te beskerm, om te help, of net help”. Eva was geskape om by Adam te wees as sy “ander hefte” en om hom bytestaan as sy helper. ‘n Man en vrou, wanneer hulle trou, word een vlees. Hierdie eenheid manifesteer volkome in die fiesiese bymekaar kom tydens seksuele verbintenis. Die Nuwe Testament waarsku egter oor hierdie eenheid, “Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie." (Matteus 19:6).

Daar is verskeie briewe geskryf deur die Apostel Paulus wat oor die huwelik gaan en hoe gelowiges hul huweliks verhouding moet benader. Een van die gedeeltes is 1 Korintiers hoofstuk 7 en ‘n ander is Efesiers 5:22-33. Wanneer ons hierdie twee gedeeltes bestudeer gee dit aan ons ‘n goeie bybelse raamwerk oor die huwelik en hoe om te verseker dat dit God sal behaag (verbly). The Efesiers gedeelte is veral deeglik oor ‘n suksesvolle bybelse huwelik. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk” (Effesiers 5:22-23). “Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het” (Efesiers 5:25). “Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen” (Efesiers 5:28-29). “Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees." (Efesiers 5:31).

Wanneer ‘n gelowige man en vrou God se beginsels volg sal dit tot ‘n bybelse huwelik lei. ‘n Bybels gebaseerde huwelik is een met balans, met Christus as die hoof van die man en die vrou. Die bybelse konsep van die huwelik is eenheid tussen twee individue wat Christus en Sy kerk weerspiel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor die huwelik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries