settings icon
share icon
Vraag

Is dit moontlik om ‘n homoseksuele Christen te wees?

Antwoord


“Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie” (1 Kor 6:9-10). Daar bestaan ‘n neiging om homoseksualiteit as die ergste van alle sondes te verklaar. Aangesien dit onbetwisbaar is, volgens die Bybel, dat homoseksualiteit sedeloos en onnatuurlik is (Rom 1:26-27), beskryf die Bybel in geen opsig homoseksualiteit as ‘n onvergeeflike sonde nie. Die Bybel sê ook nie dat dit ‘n sonde is waarmee Christene nooit mee sal worstel nie.

Dit is miskien die sleutelfrase in die vraag of dit moontlik is om ‘n homoseksuele Christen te wees: “daarteen te stry.” Dit is moontlik vir ‘n Christen om te stry met homoseksuele versoekings. Baie homoseksueles wat Christene geword het, sukkel steeds met aanhoudende homoseksuele gevoelens en begeertes. Sommige sterk heteroseksuele mans en vrouens het ‘n “vonk” van homoseksuele belangstelling iewers in hul lewens ervaar. Of hierdie begeertes en versoekings bestaan of nie, bepaal nie of iemand ‘n Christen is nie. Die Bybel is duidelik daaroor dat geen Christen sonder sonde is nie (1 Joh 1:8,10). Terwyl die spesifieke sonde/versoeking van een Christen tot ‘n ander verskil, het alle Christene ‘n stryd met sonde en alle Christene faal soms daarin (1 Kor 10:13).

Wat ‘n Christen se lewe van ‘n Nie-Christen se lewe onderskei, is die stryd teen sonde. Die Christen se lewe is ‘n aanhoudende stryd om die werke van die vlees te oorwin (Gal 5:19-21) en God se Gees toe te laat om die “vrug van die Gees” (Gal 5:22-23) voort te bring. Ja, Christene sondig soms baie erg. Dis hartseer dat Christene soms nie van Nie-Christene onderskei kan word nie. Dit is egter so, dat ‘n opregte Christen altyd sal bely, altyd weer na God sal terugkeer en die stryd teen sonde altyd weer sal voortsit. Die Bybel steun egter nie die gedagte dat iemand, wat sonder om te bely en herhaaldelik voortgaan met sonde, inderdaad ‘n Christen kan wees nie. 1 Kor 6:11 sê, “En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.”

1 Kor 6:9-10 gee ‘n lys van sondes, wat, indien daarmee voortdurend volgehou word, so iemand identifiseer as ‘n nie-verloste – ‘n Nie-Christen. Dikwels word homoseksualisme uitgelaat by hierdie lys. Indien iemand ‘n stryd voer met homoseksuele versoekings, word daardie persoon uitgesonder as ongered. Tog is die aannames nie gemaak, ten minste nie met dieselfde klemplasing, ten opsigte van ander sondes op dié lys nie: onsedelikheid (voorhuwelikse seks), afgodery, egbrekers, diewe, geldgieriges, dronkaards, kwaadpraters en bedrieërs. Dit is inkonsekwent, byvoorbeeld, om hulle wat skuldig is aan voorhuwelikse seks as “ongehoorsame Christene” te verklaar, terwyl homosekseksueles as definitiewe Nie-Christene beskou word.

Is dit moontlik om ‘n “gay”-Christen te wees? Indien dit verwys na iemand wat ‘n stryd voer teen homoseksuele begeertes en versoekings – ja, dan is ‘n homoseksuele Christen moontlik. Dit is egter so dat die beskrywing “gay-Christen” nie akkuraat is vir so iemand nie, want hy/sy begeer nie om so te wees nie en stry teen daardie versoekinge. So ‘n persoon is nie ‘n homoseksuele Christen nie, maar is eenvoudig eerder ‘n worstelende Christen, netsoos daar Christene is wat sukkel met onsedelikheid, leuens en stelery. Indien die frase “homoseksuele Christen” na iemand verwys wat ‘n aktiewe, aanhoudende en onboetvaardige homoseksuele leefstyl handhaaf – nee, dit is nie moontlik vir so ‘n persoon om ‘n ware Christen te wees nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit moontlik om ‘n homoseksuele Christen te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries