settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent homoseksualitiet? Is homoseksualiteit ‘n sonde?

Antwoord


Die Bybel vertel voortdurend aan ons dat homoseksuele aktiwiteit ‘n sonde is (Genesis 19:1-13; Levitikus 18:22; Romeine 1:26-27; 1Korinthiërs 6:10). Romeine 1:26-27 leer ons spesifiek dat homoseksualiteit ‘n resultaat is van ontkenning van en ongehoorsaamheid aan God. Wanneer iemand volhard in sonde en in ongeloof, vertel die Bybel aan ons dat God “hulle oorgee” aan selfs meer bose en verworwe vorme van sonde om hulle te wys op die nutteloosheid en hopeloosheid van ‘n lewe verwyderd van God. 1 Korinthiërs 6:10 kondig aan dat homoseksuele “oortreders” nie die koninkryk van God sal beërwe nie.

‘n Mens met homoseksuele begeertes word nie met begeertes en al deur God geskape nie. Die Bybel vertel ons dat ‘n mens homoseksueel word as gevolg van sonde (Romeine 1:24-27), en uiteindelik op grond van eie keuse. Iemand mag dalk gebore word met ‘n groter geneigdheid t.o.v. homoseksualiteit, nes daar mense gebore word met ‘n groter geneigdheid t.o.v. geweld en ander sondes. Dit verskoon egter niemand om vir die sonde in te gee deur hulle eie sondige begeertes te kies nie. Indien iemand gebore word met ‘n groter geneigdheid tot drif/woede, regverdig dit hulle dan om hulself oor te gee aan hierdie begeertes? Natuurlik nie! Presies dieselfde is waar vir sover dit homoseksualiteit aanbetref.

Nogtans beskryf die Bybel nie homoseksualiteit as ‘n groter sonde as enige ander nie. Alle sondes is aanstootlik in God se oë. Homoseksualiteit is maar net een van die baie dinge wat in 1 Korinthiërs 6:9-10 gelys word en wat ‘n mens uit God se koninkryk sal hou. Volgens die Bybel, is God se vergifnis net so beskikbaar vir die homoseksueel as wat dit is vir die egbreker, die afgodsaanbidder, die moordenaar, dief, ens is. God belowe ook die krag van sy oorwinning oor die sonde, insluitende homoseksualiteit, vir al daardie mense wat op Jesus vertrou vir hulle verlossing (1Korinthiërs 6:11; 2 Korinthiërs 5:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent homoseksualitiet? Is homoseksualiteit ‘n sonde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries