settings icon
share icon
Vraag

Hoekom sterf mense?

Antwoord


Mense sterf as gevolg van wat genoem word “oorspronklike sonde” – die ongehoorsaamheid van Adam en Eva in die Tuin van Eden. God het die eerste paartjie gewaarsku dat, deur Sy wet te oortree, sou die sonde lei na die dood (Gen 2:17), en dit is wat gebeur het. Rom 6:23, “Die loon wat die sonde gee, is die dood.”

Die bedoeling met Adam en Eva was, om saam met God te bly vir ewig, dalk het hule selfs nie geweet wat dit beteken om “dood te gaan” nie. Ongelukkig het sonde op ‘n tyd lank gelede in die ewigheid die hemelse sfeer van engele ingevaar en Satan het Eva versoek en sy het geval vir die sonde. Eva het die vrug aan haar man gegee en hy het haar gevolg in die sonde. Daardie sonde het dood in die wêreld gebring, toe die mens homself afgeskei het van die Bron van Lewe.

Sedert daardie tyd het dit gebeur dat elke mens wat deur die vrou voortgebring was, deur die hulp van ‘n man, se nageslag is sondig. Hierdie sonde bring daarmee saam, die dood. Rom 5:12, “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.”

Genesis 3 beskryf die vloek wat God oor die wêreld uitgespreek het. Die vloek sluit hierdie woorde aan Adam in: “totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.” Fisiese dood van die liggaam is waarvan God hier praat. Fisiese dood het nie dadelik plaasgevind vir Adam en Eva nie, maar, as gevolg van hul sonde, het onskuldige diere doodgegaan (Gen 3:21).

Die ander tipe dood wat Adam en Eva se sonde gebring het, was geestelike dood – hul geeste was geskei van God se Gees; hul verhouding was gebreek. Hierdie geestelike dood het onmiddellik gebeur, nadat hulle die verbode vrug gebruik het en hulle was vreesbevange en skaam (Gen 3:10). Geestelike dood, soos fisiese dood, was oorgedra na hulle nageslagte (Ef 2:1).

Van Adam se tyd af, swoeg die menslike ras onder die “wet van sonde en dood” (Rom 8:2). God in Sy barmhartigheid het Sy Seun gestuur om die wet van sonde en dood te vernietig en “die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee” het gekom (Rom 8:2). 1 Kor 15:20-26 sê, “Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangsien die dood deur ‘n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ‘n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. . . . . Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom sterf mense?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries