settings icon
share icon
Vraag

Waarom is Christene so gemeen?

Antwoord


Voordat ons die vraag kan beantwoord oor waarom Christene so gemeen is, moet ons eers yolgens die Bybel definieer wat 'n Christen is en die woord "gemeen" verduidelik. In die Westerse kultuur het die woord "Christen" te kenne gegee dis enigiemand wat van Kersfees hou en nie as deel van 'n ander godsdiens beskou word nie. Maar die Bybelse definisie lyk heel anders (Romeine 8:14; 1 Johannes 3:7–10). Vir die doeleindes van hierdie artikel sal ons 'n Christen definieer as iemand wat die dood en opstanding van Jesus Christus as die voldoende betaling vir sy sonde aanvaar het en die eienaarskap van sy lewe aan Hom oorgedra het (Titus 3:5; 2 Korintiërs 5:21; Romeine 10:9–10).

Christene — dié wat op Christus as Here vertrou en Hom volg—moet nie gemeen wees (opsetlik aanstootlik, selfsugtig of kwaadwillig) nie. Tog word die beskuldiging dat Christene "gemeen" is steeds gemaak. In baie gevalle is die beskuldiging 'n reaksie op gedrag deur naam-Christene, wat nog nooit wedergebore is nie; dit wil sê, baie van die openbare optredes wat die indruk wek dat Christene "gemeen" is, kom van dié wat nie regtig Christene is nie. Niks is harder of meer arrogant as selfregverdige, mensgemaakte godsdiens nie. Dit was in Jesus se tyd waar, en dit is steeds waar (Lukas 18:9–14).

Die wêreld is oorstroom met stemme en menings, baie van hulle wat beweer dat hulle namens die Christendom praat. Terselfdertyd is baie van hulle onbeskaafd, vuil, beledigend en haatlik, wat alles is wat Jesus nie was nie (Matteus 11:29). Die kommentaar-afdeling onder enige sosiale mediaplasing is vol halwe waarhede en woedende tirades wat deur arrogante mense uitgespuug word, wat beweer dat hulle "waarheid" verteenwoordig. In teenstelling met die gees van baie van hierdie kommentare, sê Kolossense 4:6 duidelik vir gelowiges hoe hulle hulself in 'n gesprek moet gedra: "Laat julle gesprekke altyd vol genade wees, gesout met sout, sodat julle kan weet hoe om elkeen te antwoord."

Nog 'n faktor om in ag te neem of Christene "gemeen" is, is die bron van die beskuldigings. Wanneer ons hierdie stelling tot sy oorsprong terugvoer, ontdek ons dikwels dat dié wat die etikettering doen, eintlik verkeerd etiketteer. Vandag word dit as "gemeen" beskou om te weier om voor die godsdiens van die dag te buig, wat in die Westerse kultuur bekendstaan as "Verdraagsaamheid." Die geloof van hierdie godsdiens eis totale aanvaarding van enigiets wat iemand anders kies om te doen. Die aanbidders van "Verdraagsaamheid" eis "insluiting" in enigiets en alles wat hulle kies, selfs wanneer sodanige insluiting nie prakties of moontlik is nie. Wanneer Christene sagkens daarop wys dat God definitiewe instruksies aan Sy menslike skeppings gegee het en dat die lewe die beste werk, wanneer ons daardie instruksies nakom, word hulle onmiddellik as "nie liefdevol," "fobies," of "gemeen" bestempel. Deesdae word Christene wat nie saamstem met die huidige herdefinisie van moraliteit en werklikheid nie, in die media en die openbare arena gemarginaliseer. "Verdraagsaamheid" is nogal onverdraagsaam teenoor enigiets wat dit as onverdraagsaam beskou. Maar dit blyk of aanhangers nie die ironie raaksien nie.

Die betekenis van 'gemeen' vereis dus 'n noukeurige evaluering. As die beskuldiging dat Christene gemeen is, daarvan afstam, wat hulself teen God en Sy reg, om waarheid te definieer, gestel het, moet ons erken dat dieselfde mense ook God as 'gemeen' beskou, omdat Sy standaarde nie voor hul sensitiwiteite sal buig nie. Om te weier om 'n onbekeerde homoseksueel te verorden is nie "wreed" nie; dit is Skriftuurlik (1 Timoteus 1:9–11; 1 Korintiërs 6:9–10; Judas 1:7). Om aborsie "moord op die onskuldiges" te noem, is nie "wreed" nie; dit is waar (Esegiel 23:37; Psalm 106:38; 139:13–16). Om op te staan vir die waarheid dat geslag deur God gedefinieer word en nie deur die mens herdefinieer kan word nie, is nie "wreed" nie; dit is werklikheid (Genesis 1:27).

Die gedrag van sommige wat hulleself Christene noem, is afskuwelik, maar ons moet onthou, dat om Christen te word, nie tot onmiddellike volwassenheid lei nie. Wanneer 'n baba gebore word, spandeer hy baie tyd om doeke vuil te maak, te huil, driftbuie (tantrums) te kry en gemors te maak. Soos daardie baba groei, ontwikkel hy maniere en sosiale vaardighede en word hy 'n beskaafde mens. Dieselfde geld vir dié wat weergebore is (Johannes 3:3). Baie kom die koninkryk van God binne as onbeskaafde, bose mense. Hulle ontvang by die verlossing 'n nuwe hart en die Heilige Gees, maar Sy werk in hulle neem tyd. Nuutgebore Christene, soos babas, kan baie tyd spandeer om moeilikheid te veroorsaak, foute te maak en soms "lomp" optree. Maar God se begeerte vir al Sy kinders is dat ons na die beeld van Christus gelyk word (Romeine 8:29). Hy is geduldig terwyl ons groei en Hy wil hê ons moet geduldig met mekaar wees, terwyl Hy voortgaan met Sy voortdurende werk in ons (Efe­siërs 4:2; Kolossense 3:13).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom is Christene so gemeen?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries