settings icon
share icon
Vraag

Wat is die betekenis van hoë plekke in die Bybel?

Antwoord


Hoë plekke, baie eenvoudig, was plekke van aanbidding op hooggeleë stukke grond of verhoogde altare op laagliggende dele, soos ‘n vallei. Hoë plekke was oorspronklik toegewy aan afgodsaanbidding (Num 33:52; Lev 26:30) veral onder die Moabiete (Jes 16:12). Hierdie heiligdomme sluit dikwels ‘n altaar in en ‘n heilige objek soos ‘n klippilaar of houtpaal van verskeie vorme, wat geïdentifiseer is met die objek van aanbidding (diere, konstellasies, godinne en vrugbare verering).

Die Israeliete wat vir ewig van God af weggedraai het, het vir Molog aanbid en hoë plekke vir Baäl gebou (Jer 32:35). Alhoewel Salomo die tempel van God in Jerusalem gebou het, het hy later hoë plekke buite Jerusalem vir afgode gebou vir sy buitelandse vroue en saam met hulle aanbid, wat hom die verlies van die koningskap beteken het (1 Kon 11:11). Die mense was steeds besig om te offer vir die afgode by die hoë plekke voordat die tempel gebou was en Salomo was saam met hulle daar. Nadat die Here aan hom in ‘n droom verskyn het by Gibeon, het die koning na Jerusalem teruggegaan en offerandes geoffer; nogtans het hy steeds tussen die twee plekke van aanbidding geweifel.

Nie alle hoë plekke was aan afgode gewy nie. Hulle het ‘n groot rol gespeel in Israel se aanbidding en die vroegste bybelse verwysing na ‘n plek van aanbidding, later genoem ‘n “hoë plek,” word gevind in Gen 12:6-8, waar Abram altare vir die Here gebou het in Sigem en Hebron. Abraham het ‘n altaar in die omgewing van Moria gebou en was gewillig om sy seun daar te offer (Gen 22:1-2). Hierdie plek is volgens tradisie dieselfde hoë plek waar die tempel van Jerusalem gebou was. Jakob het ‘n klippilaar daar opgerig vir die Here by Bet-El (Gen 28:18-19), en Moses met God op die berg Sinai (Eks 19:1-3).

Josua het klippilare opgerig nadat hulle deur die Jordaan gegaan het (Josua 4:20) en het hierdie hoë plek beskou as ‘n aanbiddingsplek, omdat die Israeliete deur die Jordaan getrek het en op hoër grond gekom het. Die hoë plekke is gereeld besoek deur die profeet Samuel (1 Sam 7:16). Hoë plekke van Kanaänitiese aanbidding (Rigters 3:19) het uitgebrei tot in die tydperk van Elia (1 Kon 18:16-40). God het net die naam van een hoë plek genoem, waar offerandes goedgekeur was en dit was die tempel in Jerusalem (2 Kron 3:1). God het beveel dat alle ander hoë plekke vernietig moes word. Koning Josia het hulle in 2 Kon 22-23 verwoes.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die betekenis van hoë plekke in die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries