settings icon
share icon
Vraag

Wat is historiese teologie?

Antwoord


Historiese teologie is die studie van die ontwikkeling en geskiedenis van Christelike doktrine. Soos die naam aandui, is historiese teologie ‘n studie van die ontwikkeling en vorming van essensiёle Christelike doktrine regdeur die geskiedenis van die Nuwe Testamentiese kerktydperk. Historiese teologie kan ook gedefinieer word as die studie van hoe Christene gedurende verskillende historiese periodes verskillende teologiese onderwerpe moet verstaan, soos die natuur van God, die natuur van Jesus Christus, die natuur en werk van die Heilige Gees of verlossing, ens.

Die studie van historiese teologie dek onderwerpe soos die ontwikkeling van geloofsbelydenisse en bekentenisse, Kerkrade en dwaalleringe wat ontstaan het en opgelos moes word regdeur kerkgeskiedenis. ‘n Historiese teoloog bestudeer die ontwikkeling van die essensiёle doktrines wat Christendom skei van dwaalleringe en kulte.

Teoloё breek die studie van historiese teologie op in vier hoofperiodes van tyd: 1) die Patristieke Tydperk van 100-400 n C; 2) die Middeleeue en Renaissance van 500-1500 n C; 3) die Hervorming en Post-Hervorming Tydperke van 1500-1750 n C; en 4) die Moderne Tydperk van 1750 n C tot vandag.

Die doel van historiese teologie is om te verrstaan en die historiese oorsprong van die sleuteldoktrines van die Christendom te beskryf en om na te spoor hoe dit ontwikkel het oor die tye. Dit ondersoek hoe mense verskillende doktrines verstaan het regdeur die geskiedenis en poog om die ontwikkeling van die doktrines te verstaan, deur te begryp hoe veranderinge binne die kerk verskillende doktrines geaffekteer het, ten goede of ten kwade.

Historiese teologie en kerkgeskiedenis is twee verskillende onderwerpe, tog in noue verband en belangrik. Dit sou moeilik gewees het, indien nie onmoontlik, om kerkgeskiedenis te verstaan sonder om ook die geskiedenis van doktrine te begryp, wat dikwels gelei het tot verskillende afdelings en bewegings binne kerkgeskiedenis. Deur die geskiedenis van teologie en doktrine te begryp, help ons om die geskiedenis van die Christendom te verstaan sedert die eerste eeue en hoekom daar so baie verskillende denominasies is.

Die basis vir die bestudering van historiese teologie word gevind in die boek Handelinge. Lukas beskryf die begin van die Christelike Kerk soos hy voortgaan met sy doelwit deur ‘n weergawe te gee van “alles wat Jesus gedoen en geleer het” (Hand 1:1). Die werk van Christus het nie geёindig met die laaste hoofstuk van Handelinge nie. Inteendeel Christus is vandag nog aan die werk in Sy kerk en dit kan gesien word deur die studie van historiese teologie en kerkgeskiedenis, beide wat ons help om te verstaan hoe die bybelse doktrines essensieel ten opsigte van die Christelike geloof erken word en verkondig word regdeur die kerkgeskiedenis. Paulus het die Efesiese ouderlinge gewaarsku in Handelinge 20:29-30 om “wrede wolwe” te verwag, wat valse lering sou versprei. Dit is deur die studie van historiese teologie dat ons sien hoe waar Paulus se waarskuwing uitgedraai het, soos ons begin begryp het hoe die essensiёle doktrines van die Christelike geloof aangeval en verdedig was, regdeur die ongeveer 2 000 jaar van kerkgeskiedenis.

Soos enige area van teologie, is historiese teologie ook soms gebruik deur liberale vakkundiges en nie-Christene om twyfel te saai of die essensiёle doktrines aan te val van die Christelike geloof, as eenvoudig die versinsels van mense, in plaas van die goddelike geopenbaarde bybelse waarheid wat hulle regtig is. Een voorbeeld hiervan is in die bespreking van die natuur van die Drie-eenheid van God. Die historiese teoloog sal die ontwikkeling van hierdie doktrine regdeur die kerkgeskiedenis bestudeer en navolg, wetende dat hierdie waarheid duidelik in die Skrif geopenbaar word, tog regdeur die kerkgeskiedenis was daar tye toe die doktrine aangeval was en dit nodig was vir die kerk om die doktrine te definieer en te verdedig. Die waarheid van die doktrine kom direk vanuit die Skrif; die kerk se begrip en proklamasie egter van die doktrine het oor die jare duidelik geword, dikwels in tye toe die natuur van God aangeval was deur daardie “wrede wolwe” waaroor Paulus gewaarsku het.

Sommige goedbedoelde, maar misleide Christene wil die belangrikheid van historiese teologie verwerp, deur die belofte aan te haal dat die Heilige Gees wat in wedergebore Christene woon, ons sal lei “in die hele waarheid” (Joh 16:13). Wat hierdie Christene gefaal het om te erken is dat die Heilige Gees in Christene gaan woon het regdeur die kerkgeskiedenis en dit is Jesus Christus Self wat die volgende gawes gegee het “apostels, profete, evangeliste en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus” (Ef 4:11-12). Dit sluit nie slegs hulle in wat in hierdie generasie gegee is nie, maar ook hulle wat Christus regdeur die kerkgeskiedenis verorden het. Dit is dwaas om te glo dat ons nie nodig het om te leer van begaafde mense wat ons vooruitgegaan het nie. ‘n Korrekte studie en toepassing van historiese teologie help ons om te erken en te leer van Christelike leiers en leraars van vorige eeue.

Deur die studie van kerkgeskiedenis en historiese teologie, word wedergebore Christene bemoedig om te sien hoe God aan die werk is, deur die hele geskiedenis. Daarin sien ons God se soewereiniteit oor alle dinge uitgebeeld en die waarheid dat God se Woord tot in ewigheid bestaan (Ps 119:160). Deur historiese teologie te bestudeer, is regtig niks meer as om God aan die werk te sien nie. Dit help ook om ons te herinner van die ewige teenwoordige, geestelike geveg tussen Satan en die waarheid van God se Woord. Dit wys aan ons uit die Geskiedenis die baie maniere en vorms wat Satan gebruik om die valse doktrines in die kerk te versprei, soos Paulus ook die Efesiese ouderlinge gewaarsku het.

Die studie van historiese teologie en kerkgeskiedenis wys ook dat die waarheid van God se Woord triomferend voortleef. Soos ons die teologiese sruwelinge van die verlede verstaan, kan ons beter voorbereid wees om die foute te weerstaan, waarmee Satan poog om ons te verlei in die toekoms. Indien pastore, kerke en Christene nie bewus is van kerkgeskiedenis en historiese teologie nie, dan sal hulle meer oop wees om ten prooi te val vir dieselfde tipe vals leringe wat Satan in die verlede gebruik het.

Historiese teologie, as dit korrek verstaan en toegepas word, verminder nie die outoriteit of die volledigheid van die Skrif nie. Die Skrif alleen is die standaard in alle geloofskwessies en praktyke. Dit is geïnspireerd en foutloos. Die Skrif alleen is ons outoriteit en gids, maar historiese teologie kan ons help om die baie gevare van sommige “nuwe leringe” of vreemde interpretasies van die Skrif te verstaan. Met ongeveer 2 000 jaar van kerkgeskiedenis en duisende , indien nie miljoene Christene wat ons vooruitgegaan het, behoort ons nie outomaties op ons hoede te wees vir iemand wat op ‘n “nuwe verduideliking” of interpretasie van die Skrif aanspraak maak nie?

Ten slotte kan historiese teologie ons herinner aan die altyd teenwoordige gevaar van Skrif-interpretasie in die lig van die kulturele en filosofiese aannames van ons tyd. Ons sien hierdie gevaar so baie waar sonde hedendaags hergedefinieer word as ‘n siekte wat genees kan word, deur middel van medikasie, in plaas van ‘n geestelike toestand. Ons sien dit ook as baie denominasies die duidelike lering van die Skrif nalaat en die kulturele aanvaarding van homoseksualiteit as leefstyl aanhang.

Historiese teologie is ‘n belangrike aspek van teologiestudie, maar, soos enige ander metode van studie, is dit nie sonder gevare en slaggate nie. Die uitdaging vir alle Christene en vir alle teologie-studente is om nie ons teologiese sisteem op die Byvel te forseer nie, maar om altyd seker te maak dat ons teologie vanuit die Skrif kom en nie van sommige sisteme wat populêr skyn te wees nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is historiese teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries