Vraag
Wat is historiese pre-millennialisme?
Antwoord
Historiese pre-millennialisme en dispensasionele pre-millennialisme is twee verskillende sisteme van eskatologie. Hier is ‘n paar voorbeelde van die verskille tussen die twee:
Historiese pre-millennialisme leer dat die kerk in die vooruitsig van Ou Testamentiese profesie was, terwyl dispensasionalisme leer dat die kerk nouliks, indien enigsins, deur die Ou Testamentiese profete genoem word.
Historiese pre-millennialisme leer dat die huidige genadetyd in die Ou Testament voorspel was. Dispensasionalisme meen dat die teenswoordige tydperk nie in die Ou Testament voorsien word nie en dus is dit ‘n “groot parentesis” wat in die geskiedenis bekendgestel was, omdat die Jode die koninkryk verwerp het.
Historiese pre-millennialisme onderrig ‘n millennium na die tweede advent van Christus, maar is nie baie begaan oor die klassifikasie van ander tydperke in die geskiedenis nie. Gewoonlik leer dispensasionalisasie sewe afdelings van tyd. Die huidige tyd is die sesde van so ‘n dispensasie; die laaste een sal die duisendjarige tydperk na die wederkoms wees.
Historiese pre-millennialisme is die post-verdrukkingstyd; dispensasionele pre-millennialisme hang gewoonlik die pre-verdrukking-siening aan.
Die pre-duisendjarige siening van die eindtye is dus gevorderd op twee verskillende maniere: historiese pre-millennialisme en dispensionalistiese pre-millennialisme. Die Bybel bevat baie profesieё oor die toekoms, met die Nuwe Testament wat uitgebreid praat oor die wederkoms van Jesus na die aarde. Matt 24, baie van die hoofstukke in Openbaring en 1 Tess 4:16-18 is die mees opvallende verwysings na die wederkoms.
Historiese pre-millennialisme was deur ‘n groot meerderheid Christene aangehang gedurende die eerste drie eeue van die Christelike era. Baie van die kerkvaders soos Ireneaus, Papias, Justin Martyr, Tertullian, Hippolytus, en ander het onderrig dat daar ‘n sigbare koninkryk van God op aarde sou wees na die terugkeer van Christus. Historiese pre-millennialisme het geleer dat die Antichris op aarde sou verskyn en die sewejarige verdrukking sou begin. Volgende sou die wegraping wees en dan sou Jesus en Sy kerk terugkom aarde toe om vir duisend jaar te regeer. Die gelowiges spandeer die ewigheid in die Nuwe Jerusalem.
Wanneer die Christendom die amptelike godsdiens van Rome geraak het in die vierde eeu, het baie dinge begin om te verander, insluitende aanvaarding van historiese pre-millennialisme. Amillennialisme het spoedig die oorheersende doktrine van die Rooms Katolieke Kerk geraak.
Een van die mees invloedryke historiese pre-millennialiste was George Eldon Ladd, ‘n evangeliese Nuwe Testamentiese geleerde en professor van Nuwe Testamentiese eksegese en teologie by die Fuller Theological Seminary. Dit was deur Ladd se werk dat historiese pre-millennialisme vakkundige respek behaal het en populariteit onder die evangeliese en Hervormde teoloё van die twintigste eeu. Ander welbekende historiese pre-millennialiste was Walter Martin; John Warwick Montgomery; J. Barton Payne; Henry Alford, ‘n bekende Griekse geleerde; en Theodor Zahn, ‘n Duitse Nuwe Testamentiese vakkundige.
Historiese pre-millennialisme is een stelsel van eskatologie wat steun in die Protestantse gemeenskap gehad het. In die algemeen leer al die pre-millennialistiese gelowe dat die verdrukking gevolg word deur 1 000 jare van vrede, waar almal onder Christus se outoriteit sal lewe. Daarna, in ‘n kort geveg, sal Satan permanent oorwin word. Die plasing van die wegraping in verhouding tot ander gebeure is een van die hoofverskille tussen historiese pre-millennialisme en pre-millenniale dispensasionalisme.
English
Wat is historiese pre-millennialisme?