settings icon
share icon
Vraag

Wat is hiper-Calvinisme en is dit Bybels?

Antwoord


'n Eenvoudige definisie is die volgende: hiper-Calvinisme is die oortuiging dat God die uitverkorene red deur Sy soewereine wil, met min of geen gebruik van die metodes wat verlossing meebring (soos evangelisasie, prediking en gebed vir die verlorene). Volgens 'n onbybelse fout oorbeklemtoon die hiper-Calvinisme God se soewereinteit en onderbeklemtoon die mens se verantwoordelikheid in die verlossingswerk.

'n Klaarblyklike vertakking van hiper-Calvinisme is dat dit enige begeerte onderdruk om aan die verlorenes te evangeliseer. Die meeste kerke of denominasies wat hiper-Calvinisme ondersteun, word gekenmerk deur fatalisme, koudheid en 'n tekort aan geloofsekerheid. Daar word min klem geplaas op God se liefde vir die verlorenes en Sy eie mense, maar eerder 'n onbybelse vooroordeel ten opsigte van God se soewereiniteit, Sy uitverkiesing van die verlostes en Sy vloek vir die verlorenes.

Die Bybel leer dat God soewerein is oor die ganse heelal (Dan 4:34-35), insluitende die redding van mense (Ef 1:3-12). Saam met God se soewereiniteit, leer die Bybel ook dat Sy motivering vir die redding van die verlorenes, liefde is (Ef 1:4-5; Joh 3:16; 1 Joh 4:9-10) en dat God se middele om die verlorenes te red, die verkondiging van Sy Woord is (Rom 10:14-15). Die Bybel verklaar ook dat die Christen passievol en vasberade moet wees in die uitdra van die Woord aan ongelowiges; as ambassadeurs vir Christus, moet ons by mense "pleit" om hulle met God te versoen (2 Kor 5:20-21).

Hiper-Calvinisme gebruik 'n Bybelse lering, God se soewereiniteit en dryf dit tot 'n onbybelse uiterste. Deur so te doen, plaas die hiper-Calvinis God se liefde en die belangrikheid van evangelisasie op die agtergrond.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is hiper-Calvinisme en is dit Bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries