settings icon
share icon
Vraag

Het God vir Satan lief?

Antwoord


Nee, God het nie vir Satan lief nie en ons mag hom ook nie lief te hê nie. God kan nie dit wat boos en onheilig is, liefhê nie en Satan omarm dit alles. Hy is die vyand (1 Pet 5:8); die Bose (Matt 6:13); die vader van die leuen en 'n moordenaar (Joh 8:44); die aanklaer van ons medegelowiges (Openbaring 12:10); die verleier (1 Tess 3:5); hoogmoedig, sleg en wreed (Jes 14:12-15); bedrieër (Hand 13:10); listige aanvaller (Ef 6:11); 'n dief (Luk 8:12); en baie meer bose dinge. Hy is alles wat God haat. Die hart van Satan is so ingestel en bevestig sy haat teenoor God, sy oordeel is finaal en sy vernietiging is seker. Openbaring 20 beskryf God se toekomsplan vir Satan en liefde vir Satan is nie deel daarvan nie.

Jesus se opdrag dat ons ons vyande moet liefhê (Matt 5:44), beteken om interpersoonlike verhoudings in hierdie wêreld te bedryf. Ons is lief vir God en ons is lief vir mense (selfs ons vyande), wat na die beeld van God geskape is. Engele is nie na God se beeld geskep nie. Daar word nooit vir ons gesê om die heilige engele lief te hê nie en ons word sekerlik nooit aangesê om die bose engele lief te hê nie.

Aangesien Satan alles is wat teenoorgesteld aan die God is wat ons liefhet, kan ons Satan nie liefhê nie. Ons sou geforseer wees om God te haat, omdat heiligheid die teenoorgestelde van sonde is.

God het alreeds bepaal dat daar geen vergifnis vir Satan sal wees nie; ons is die voorwerpe van God se versoenende offerliefde aan die kruis. Soos God in liefde die mensheid vrygemaak het, het Hy Satan "in die openbaar vertoon" (Kol 2:15). God se straf vir Satan sal deel vorm van Sy groot liefde vir ons.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het God vir Satan lief?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries