settings icon
share icon
Vraag

Het God ons nodig?

Antwoord


God is heilig, ewig, almagtig en volkome self-onderhoudend. Hy het geen geskape wese nodig nie, maar óns het Hom nodig. Die hele skepping is afhanklik van die lewe wat God alleen onderhou. “U laat gras uitspruit vir die diere,” en “Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd. . . . “Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle, as U hulle asem wegneem, is hulle dood en word hulle weer stof” (Ps 104:14, 27,29).

God, aan die ander kant is nie afhanklik van enigiets of enige iemand nie. Hy ly aan geen tekorte nie, ken geen beperking nie en beleef geen gebrek nie. Hy is “EK IS WAT EK IS,” met geen kwalifikasie of uitsondering nie (Eks 3:14). Sou Hy enigiets benodig om lewend te bly of om volmaak te voel, sou Hy nie God wees nie.

Dus, God het ons nie nodig nie, maar hoe wonderlik, Hy het ons passievol lief en in Sy goedheid wil Hy dat ons saam met Hom vir ewig lewe. Dus 2 000 jaar gelede het God vir Homself vlees omgesit, aarde toe gekom en Sy eie lewe as versoening vir ons sonde gegee en bewys hoe diep Sy liefde vir ons lê. Hy het die uiterste prys betaal om ons met Hom te versoen en niemand betaal daardie hoё prys vir iets wat hulle nie wil hê of van waarde ag nie.

Jesus het sekerlik geweet wat met Hom sou gebeur aan die einde van Sy aardse bediening (Mark 8:31; Joh 18:4). In Sy angs in Getsemane terwyl Hy gebid het oor die beproewings wat op Hom gewag het, het bloedkleurige sweet van Hom afgedrup (Luk 22:44). En Jesus het sekerlik baie goed geweet van die profesie in Jes 52:14, “Hy was so misvormd dat Hy nie meer soos ‘n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ‘n mens gehad het nie.” Die Seun van die Mens tot op die been afgestroop, tot op so ‘n uiterste dat Sy vorm nie meer soos ‘n mens voorgekom het nie. En daardie marteling was gevolg deur iets nog ergers, die kruisiging self, die pynlikste en skandelikste metode van teregstelling wat ooit uitgedink was.

Toe Jesus aan die kruis gehang het, het Sy hemelse Vader Sy gesig weggedraai van Hom af. Habakuk 1:13 bevestig dat God se oё “te rein” is “om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word.” En op daardie oomblik het Christus uitgeroep, “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Matt 27:46)

Dit is die prys wat God vir ons betaal het en dit is hoe ons weet dat Hy vir ons lief is. As gevolg van hierdie ongelooflike en ongeoorloofde liefde vir ons ongehoorsame sondaars, word die ewige lewe aan ons gebied. Verlossing is ‘n geskenk, verniet gegee aan hulle wat vra, as gevolg van die asemrowende, vrywillige offerande deur die een ware God. Rom 5:8 sê, “Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”

As ons een maal met Christus verbind is, kan niks ons weer van Hom skei nie. Rom 8:38-39, “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus, ons Here.”

Gelowiges in Christus word nuut gemaak. Ons verstaan die diepte van Sy liefde vir ons: “en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat Sy liefde vir my bewys het deur Sy lewe vir my af te lê” (Gal 2:20).

Jy kan ook jouself verdiep in God se ewige liefde vir jou en met sekerheid weet van die ewige lewe. Gaan voort deur te lees wat dit beteken om Christus as jou persoonlike Verlosser aan te neem.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het God ons nodig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries