Wat is Hervormde Teologie?



Vraag: "Wat is Hervormde Teologie?"

Antwoord:
In breë trekke, sluit die Hervormde teologie enige vorm van geloof in, waarvan die wortels teruggaan na die Protestantse Hervorming van die 16de eeu. Vanselfsprekend vind die Hervormers hul oorsprong in die Skrif, soos aangedui deur hul geloofsbelydenis “sola scriptura”. Dit is dus geen “nuwe” geloof nie, maar een wat apostoliese lering aanhang.

In die algemeen hou die Hervormde teologie vas aan die outoriteit van die Skrif, die soewereiniteit van God, verlossing deur die genade van Christus en die noodsaaklikheid van evangelisasie. Soms word dit Verbondsteologie genoem, omdat dit soveel klem plaas op die Verbond wat God met Adam gesluit het en die Nuwe Verbond wat deur Jesus Christus gekom het (Luk 22:20).

Outoriteit van die Skrif. Hervormde teologie leer dat die Bybel die geïnspireerde en gesaghebbende Woord van God is, volledig in alles wat saak maak in geloof en praktyk.

Soewereiniteit van God. Hervormde teologie leer dat God met volle beheer oor die hele skepping regeer. Hy het alle gebeure vooruit beplan en is dus nooit gefrustreerd deur omstandighede nie. Dit beperk nie die wil van die skepsel nie en dit maak ook nie van God die skepper van sonde nie.

Verlossing deur genade. Hervormde teologie leer dat God in Sy genade en barmhartigheid gekies het om mense tot Homself te bekeer en vry te maak van sonde en dood. Die Hervormde leer van verlossing is algemeen bekend as die lettervers TULIP (ook bekend as die vyf punte van Calvinisme):

T – total depravity (totale sedeloosheid). Die mens is totaal onbeholpe in sy sondige toestand en is onder die vloek van God. Hy kan op geen manier vir God bly maak nie. Dit beteken ook dat die mens nie uit homself sal soek om God te ken nie, totdat God uit genade hom aanspoor om dit te doen (Gen 6:5; Jer17:9; Rom 3:10-18).

U – unconditional election (onvoorwaardelike verkiesing). Van ewigheid af het God gekies om ‘n groot menigte sondaars te red, soveel soos geen mens kan tel nie (Rom 8:29-30; 9:11; Ef 1:4-6, 11-12).

L – limited atonement (beperkte versoening). Dit word ook “buitengewone verlossing” genoem. Christus het die straf vir die sonde van die uitverkorenes op Homself geneem en sodoende vir hul lewens met Sy dood betaal. Met ander woorde, Hy het nie net verlossing “moontlik” gemaak nie, Hy het dit werklik verkry vir diegene wat Hy gekies het (Matt 1:21; Joh 10:11; Hand 20:28; Rom 8:32; Ef 5:25).

I – irresistible grace (onweerstaanbare genade). In sy gevalle toestand het die mens God se liefde weerstaan, maar die genade van God wat in sy hart werk, maak dat hy begeer wat hy voorheen verwerp het. Dit beteken dat God se genade nie daarin sal misluk om die reddingswerk in daardie persoon se lewe te bereik nie (Joh 6:37, 44; 10:16).

P – perseverance of the saints (vasberadenheid van die heiliges). God bewaar Sy heiliges daarvan om terug te val; verlossing is dus vir ewig (Joh 10:27-29; Rom 8:29-30; Ef1:3-14).

Die noodsaaklikheid van evangelisme. Hervormde teologie leer dat Christene ‘n verskil in die wêreld moet maak, geestelik deur te evangeliseer en sosiaal deur heilig te lewe en deur menslikheid te betoon.

Ander kenmerke van Hervormde teologie sluit gewoonlik die nakoming van twee sakramente (doop en Nagmaal) in, ‘n siening van die wegdoen van geestelike gawes (die gawes word nie meer aan die kerk gegee nie) en ‘n nie-vrystellende siening van die Skrif. In die Hervormde kerke is die geskrifte van Johannes Calvyn, John Knox, Ulrich Zwingli en Maarten Luther hoog in aansien. Die Westminster Belydenis beliggaam die teologie van die Hervormde tradisie. Moderne kerke sluit die Presbiteriane, Congregationalists en sommige Baptiste in.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Hervormde Teologie?