settings icon
share icon
Vraag

Is hertrou na egskeiding altyd egbreuk?

Antwoord


Voordat ons enigsins begin om hierdie vraag te beantwoord, laat ons herhaal, “God haat egskeiding” (Maleagi 2:16). Die pyn, verwarring en frustrasie wat die meeste mense ervaar na ‘n egskeiding is sekerlik deel van die rede waarom God egskeiding haat. Selfs nog moeiliker volgens die Bybel is die vraag oor egskeiding, as die vraag aangaande hertrou. Wat sê die Bybel daaroor?

Matt 19:9 sê, “Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk.” Sien ook Matt 5:32. Hierdie Skrif dui duidelik aan dat hertrou na ‘n egskeiding egbreuk is, behalwe in die geval van “huweliksontrou”. Ten opsigte van hierdie “uitsluitingsklousule” en dié se implikasies, lees asb die volgende artikels:

What does the Bible say about divorce and remarriage?

Ek is geskei. Kan ek weer trou?

Dit is ons siening dat daar sekere gevalle is waarin egskeiding en hertrou toegelaat word, sonder dat die hertrouproses as egbreuk beskou word. Hierdie gevalle sluit in: onbelyde egbreuk, fisiese mishandeling van die eggenoot of kinders en verwerping van ‘n gelowige eggenoot deur ‘n ongelowige eggenoot. Ons sê nie dat iemand onder sulke omstandighede weer moet trou nie. Die Bybel bemoedig definitief aan om eerder enkellopend te bly of om te versoen, bokant hertrou (1 Kor 7:11). Terselfdertyd is dit ons siening dat God Sy genade aanbied en barmhartigheid teenoor die onskuldige party in ‘n egskeiding en toelaat dat daardie persoon weer kan trou, sonder dat dit as egbreuk beskou word.

Iemand wat ‘n egskeiding kry om ‘n rede anders as die bogenoemde redes en dan weer trou, het egbreuk gepleeg (Luk 16:18). Die vraag ontstaan dan, is hierdie hertrou ‘n “handeling” van egbreuk of ‘n “staat” van egbreuk. Die teenswoordige tyd van die Grieks in Matt 5:32; 19:9 en Lukas 16:18 kan ‘n aanhoudende staat van egbreuk aandui. Terselfdertyd dui die teenwoordige tyd in Grieks nie altyd voortgaande aksie aan nie. Soms beteken dit eenvoudig dat iets plaasgevind het (aoristic, punctiliar or gnomic present). Byvoorbeeld, die woord “om te skei” in Matt 5:32 is teenwoordige tyd, maar egskeiding gaan nie aanhoudend aan nie. Dit is ons siening dat om weer te trou, ongeag die omstandighede, nie ‘n voortgaande staat van egbreuk is nie. Slegs die aksie om weer te trou op sigself, is egbreuk.

In die Ou Testament was die straf vir egbreuk die dood (Lev 29:10). Terselfdertyd, noem Deut 24:1-4 dat om te hertrou na ‘n egskeiding, dit nie egbreuk noem nie en die doodstraf is nie van toepasing op die hertroude eggenoot nie. Die Bybel sê uitdruklik dat God egskeiding haat (Mal 2:16), maar nêrens word eksplisiet genoem dat God hertrou haat nie. Die Bybel praat nêrens daarvan dat ‘n paartjie wat weer getrou het, moet skei nie. Deur 24:1-4 beskryf nie die hertroue as ongeldig nie. Om ‘n hertroue te eindig deur middel van ‘n egskeiding, sou net so sondig wees as om ‘n eerste troue deur egskeiding te stop. Beide sou die verbreking van die geloftes voor God insluit, tussen die paartjie en ook voor die getuies.

Ongeag die omstandighede, as ‘n paartjie weer getroud is, moet hulle strewe om hul getroude lewens in eerbaarheid te leef, op ‘n wyse waardeur God verheerlik word, met Christus as middelpunt van hul huwelik. ‘n Huwelik is ‘n huwelik. God sien nie die nuwe huwelik as ongeldig of as egbreuk nie. ‘n Hertroude paartjie moet hulself aan God toewy en aan mekaar – Hom vereer deur hul nuwe huwelik ‘n Christusgesentreerde huwelik te maak, wat sal hou (Ef 5:22-33).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is hertrou na egskeiding altyd egbreuk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries