settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek my huwelik herstel?

Antwoord


Om die behoefte te vervul om ‘n huweliksverhouding te herstel, kan daar baie verskillende redes voor wees, maar ons sal kyk na die onderliggende beginsels, wat die Bybel neerlê vir verhoudings in die algemeen en dan vir die huwelik in die besonder.

Om mee te begin, is die een tot een verhouding tussen ‘n man of vrou en die Here Jesus Christus. As wedergebore gelowiges, is die sukses van enige verhouding met ander, in direkte korrelasie met die kwaliteit van ons persoonlike verhouding met die Here Jesus Christus. As ons nie in verhouding met die Here staan nie, as gevolg van sonde of geestelike denkwyses, wat in kontras is ten opsigte van die goddelike siening, vind ons dat ons terneergedruk voel en dit spoel oor na ons verhoudings met ander. Dus, deur ons verhouding met die Here reg te stel, deur met Sy standpunt saam te stem en in Sy vergifnis te berus (1 Joh 1:9) – dis waar ons moet begin.

Al hierdie stel voor dat ons ‘n persoonlike verhouding met die Here Jesus Christus deur die nuwe geboorte het: om nuut gebore te wees in ‘n nuwe lewe en so verlossing te aanvaar deur die geskenk van die ewige lewe in Christus. As daardie stap nie geneem is nie, dan is bybelse beginsels nie die eerste saak wat aangespreek moet word nie; jou ewige verlossing of redding is.

Vir die wedergebore gelowige, is vergifnis die posisie en voorreg wat ons in Christus het en as gevolg van daardie vergifnis is ons in opdrag om ander te vergewe. “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het” (Ef 4:32). As ons gelowiges is, is ons vergewe “in Christus,” en “in Christus” vergewe ons ook ander. Geen verhouding kan herstel word sonder vergifnis nie. Dit is ‘n keuse wat ons maak, gebaseer op die realiteit van ons eie staat van vergifnis.

Vir die huweliksverhouding, het die Bybel ons ‘n duidelike model wat in teenstelling met die wêreld se siening is. Eers as vergifnis gegee en ontvang is, en deur God se model toe te pas, sal dit begin om die twee aparte partye in ‘n God-vererende eenheid saam te voeg. Dit vereis ‘n keuse aan die kant van beide partye. Daar is ‘n ou gesegde wat sê,”Jy kan nie gebruik wat jy nie weet nie.” Dus, om God se model vir die huwelik, te leer, moet ons in God se Woord kyk en leer.

God het die eerste huwelik in die Tuin van Eden tussen Adam en Eva bevestig. Toe sonde ingekom het, was die volmaakte eenheid verwoes. Vervolgens het God vir Eva gesê dat Adam oor haar sal “heers” (Gen 3:16). Vergelyk 1 Kor 11:3; Ef 5:22; Titus 2:5; 1 Pet 3:5-6). Hierdie “reël” is deur die moderne liberale vrouebeweging verwerp en het ongekende ongelukkigheid gebring aan hulle wat in dié “leuen” glo. Daar is ook die menslike siening dat “almal gelyk is.” In ‘n sekere sin is dit waar. Ons het almal gelyke toegang tot verlossing in Christus Jesus (Gal 3:28). Maar om dit in die wêreld te verkondig, dat almal gelyk is in menslike geleentheid, vermoëns of selfs mag, is naiëf. God het ‘n doel gehad om vrouens onder die mans se gesag te plaas. As gevolg van sonde is hierdie reël verbreek en die gevolg daarvan het chaos in die huis en familie gebring. Tog het God gesê in Ef 5:28, “Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame.” Die grootste deel van verantwoordelikheid is egter aan die man gegee. Die vrou moet haar man gehoorsaam soos vir die Here; die mans egter moet hul vrouens liefhê “soos Christus die kerk liefgehad het en Sy lewe daarvoor afgelê het” (Ef 5:25-29).

1 Kor 7 lê sommige beginsels neer en praktiese, persoonlike, geesgeleide advies in verband met die huwelik. Weer, dui dit aan dat die individue wedergebore gelowiges is. Hierdie gedeelte praat oor egbreuk, ontugtigheid, alleen bly en rein of – om sodoende die slaggate van passie en ontug te vermy – om te trou.

God se huweliksmodel werk, maar dit vra samewerking van beide partye. Gewoonlik as ‘n verhouding in die huwelik gebreek het, is daar sake wat vergifnis vra en agtergelaat moet word, om vorentoe te beweeg en weer, dit vra ‘n keuse en ooreenkoms. Onwilligheid om te vergewe sal beteken dat daar geen herstel plaasvind nie. Die oorheersende ding is elke individu se verantwoordelikheid voor die Here. Om in vergifnis en verhouding te leef, sou ‘n wonderlike plek wees om te begin om ‘n verhouding te begin herstel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek my huwelik herstel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries