settings icon
share icon
Vraag

Is God vandag besig om die ampte van apostel en profeet in die kerk te herstel?

Antwoord


Die beweging om die ampte van apostel en profeet as deel van die kerk te herstel, is gebaseer op Ef 4:11-12, "En dit is die "gawes" wat Hy "gegee het": apostels, profete, evangeliste en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus."

Gedurende die eerste eeu van die kerk, was daar 'n amp van apostel en daar was 'n geestelike gawe van apostelskap. Die amp of posisie van apostel was gevul deur 12 dissipels van Jesus, plus Mattias, wat Judas se plek ingeneem het en Paulus. Die apostels was spesifiek deur Christus uitverkies (Markus 3:16-19). Die verkiesing van 'n plaasvervanger vir Judas is in Hand 1:20-26 beskryf. Let daarop dat Judas se plek 'n "amp" genoem word in hierdie gedeelte. Let ook daarop dat Paulus deur Christus uitgekies is (1 Kor 15:8-9; Gal 1:1; 2:6-9). Hierdie manne is die taak opgelê om die fondasie van die universele kerk te lê (Ef 2:20). Die fundament van die universele kerk is in die eerste eeu gelê. Dit is waarom die amp van apostel nie langer funksioneel is nie. Toe die fondasie gelê is, het ons nie langer fondamentleggers nodig gehad nie.

Daar was ook 'n geestelike gawe van apostelskap (hierdie moenie met die amp verwar word nie – dit is apart daarvan). Onder hulle wat dié geestelike gawe gehad het, was Jakobus (1 Kor 15:7; Gal 1:19), Barnabas (Hand 14:4; 1 Kor 9:6), Andronikus en Junias (Rom 16:7), moontlik Silas en Timoteus (1 Tess 1:1; 2:7) en Apollos (1 Kor 4:6,9). Hierdie laasgenoemde groep het die gawe van apostelskap, maar nie die apostoliese "ampte" wat aan die Twaalf en Paulus toegeken was nie. Hulle wat die gawe van apostelskap toe gehad het, was hulle wat die evangelieboodskap gedra het met die outoriteit van God. Die woord "apostel" beteken "een wat gestuur is as 'n gesaghebbende afgevaardigde." Dit was waar van hulle wat die amp van apostel beklee het, soos Paulus en hulle wat die geestelike gawe gehad het, soos Apollos. Alhoewel daar sulke manne vandag is, wat deur God gestuur is om die evangelie te versprei, is dit die beste om NIE na hulle te verwys as apostels nie, as gevolg van die verwarring wat dit veroorsaak. Baie is nie bewus van die twee verskillende gebruike van die term "apostel" nie.

Die gawe van profesie was ook 'n tydelike gawe gegee deur Christus om die fundament van die universele kerk te lê (Ef 2:20). Die profeet lewer getuienis van 'n boodskap vanaf die Here vir gelowiges in die eerste eeu. Hierdie gelowiges het nie die voordeel gehad wat ons vandag het om 'n volledige Bybel te besit nie. Die laaste boek van die Nuwe Testament (Openbaring) is eers laat in die eerste eeu voltooi. Dus het die Here manne met gawes voorsien , wat profete genoem was, wat getuig het van boodskappe vanaf God, totdat die kanon van die Skrif voltooi was.

Dit moet daarop gelet word dat die huidige lering, aangaande die herstel van profete en apostels, ver verwyderd is van wat die Skrif beskryf oor die manne wat die gawe van profesie en die amp van apostel gehad het. Diegene wat sodanige herstel verkondig dat apostels en profete nooit bevraagteken mag word nie, omdat dit beteken dat as iemand iets teen hulle spreek, hy ook teen God spreek. Tog het die apostel Paulus die mense van Berea aanbeveel om te let op wat hy gesê het, dat dit volgens God se Woord was, sodat sy woorde altyd waar kon wees (Hand 17:10-11). Die apostel Paulus het ook aan die inwoners van Galasië gesê dat, indien enigeen, insluitende hyself, 'n ander evangelie sou verkondig, daardie persoon "vervloek" moes word (Gal 1:8-9). In alles het Paulus die mense terug na die Bybel verwys as die absolute outoriteit. Die manne wat beweer om vandag apostels en profete te wees, maak van hulself die absolute outoriteit,- iets wat Paulus en die Twaalf nooit gedoen het nie.

Daar moet ook gelet word dat die Skrif na apostels en profete in die verlede tyd verwys. 2 Pet 3:2 en Judas 3-4 meld dat die mense nie moet afdwaal van die boodskap wat die apostels gegee het nie (verlede tyd). Heb 2:3-4 praat ook in die verlede tyd van hulle wat deur middel van "tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade" opgetree het, deur die gawes van die Heilige Gees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is God vandag besig om die ampte van apostel en profeet in die kerk te herstel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries