settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om te glo in die heiligheid van lewe?

Antwoord


Die frase “heiligheid van lewe” reflekteer die geloof dat, aangesien mense na God se beeld gemaak is (Gen 1:26-27), menslike lewe ‘n inherente heilige eienskap het, wat te alle tye beskerm en gerespekteer moet word. God het aan die mensdom die outoriteit gegee om ander vorme van lewe dood te maak en te eet (Gen 9:3), maar die moord op ander menslike wesens is uitdruklik verbied, met die dood as straf (Gen 9:6).

Die mensdom was geskep na God se beeld, maar sonde het daardie beeld ontreinig. Daar is niks inherent heilig in die gevalle mens nie. Die heiligheid van menslike lewe is nie toe te skryf aan die feit dat ons sulke wonderlike en goeie wesens is nie. Die enigste rede dat heiligheid van lewe toegepas word op die mensheid, is die feit dat God ons na Sy beeld geskep het en ons afgesonder het van alle ander vorme van lewe. Alhoewel daardie beeld inderdaad deur sonde geskend is, is Sy beeld steeds teenwoordig in die mensheid. Ons is soos God en daardie gelykenis beteken dat menslike lewe altyd met waardigheid en respek behandel moet word.

Die heiligheid van lewe beteken dat die mens meer heilig is as die res van die skepping. Menslike lewe is nie heilig in dieselfde sin as dat God heilig is nie. Slegs God is Heilig in en uit Homself. Menslike lewe is slegs heilig in die sin van “afgesonder” te wees van alle ander lewe deur God geskep. Baie pas die heiligheid van die lewe toe op kwessies soos aborsie en genadedood, en, aangesien dit definitief op daardie kwessies van toepassing is, geld dit vir baie meer ook. Die heiligheid van lewe moet ons motiveer om alle vorme van boosheid en onregverdigheid teen te staan, wat teen menslike lewe verewig is. Geweld, mishandeling, onderdrukking, mensehandel en baie ander booshede is ook skending van die heiligheid van lewe.

Bo en behalwe die heiligheid van lewe, is daar ‘n baie beter argument teen hierdie dinge: die grootste gebooie. In Matt 22:37-39 sê Jesus, “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat Hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’” In hierdie twee gebooie sien ons dat ons optrede gemotiveer moet word deur liefde vir God en liefde vir ons naaste. As ons lief is vir God, sal ons ons eie lewens as deel van God se plan waardig ag, om Sy wil te doen, totdat dit daaroor gaan, dat Sy wil beter gedien word deur ons sterwes. En ons sal vir Sy mense lief wees en omgee (Gal 6:10; Kol 3:12-15). Ons sal omsien na die behoeftes van die oumense en die siekes. Ons sal ander beskerm teen kwaad en skade – of dit aborsie, genadedood, mensehandel of ander mishandelings is. Terwyl die heiligheid van lewe die fondasie kan wees, moet liefde die motivering wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om te glo in die heiligheid van lewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries