Vraag
Wat is die heiliges in die verdrukking?
Antwoord
Die heiliges in die verdrukking is, baie eenvoudig, heiliges wat gedurende die verdrukking lewe. Ons glo dat die kerk weggeraap sal word voor die verdrukking, maar die Bybel dui aan dat ‘n groot getal mense gedurende die verdrukking hul geloof in Jesus Christus sal plaas. In sy visioen van die hemel, sien Johannes ‘n groot getal van hierdie heiliges wat deur die Antichris gemartel word: “Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad en daar was palmtakke in hulle hande” (Openbaring 7:9). Toe Johannes vra wie hulle is, is aan hom gesê,”Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam” (vers 14).
Die verdrukking sal ‘n tyd van groot swaarkry wees vir die goddelose, as gevolg van God se oordele. Dit sal ook ‘n tyd van groot vervolging wees vir die gelowiges – of heiliges – as gevolg van die Antichris se vervolging (Openbaring 13:7). Daniël het die Antichris gesien, “Terwyl ek kyk, het daardie horing begin oorlog maak teen dié wat aan God behoort het, die horing het hulle oorweldig” (Dan 7:21). Natuurlik is die heiliges se ewige verlossing gewaarborg: Daniël het ook gesien: ”Die tyd het aangebreek dat die heiliges van God die koninklike heerskappy sou ontvang” (Dan 7:22; Openbaring 14:12-13).
Die heiliges in die verdrukking sal die evangelie vanuit verskillende moontlike bronne hoor. Die eerste is die Bybel; daar sal baie kopieë in die wêreld gelaat word en wanneer God se oordele begin, sal baie mense uiteraard soek na ‘n Bybel om te sien of die profesieë in vervulling gaan. Baie van hierdie heiliges sal ook die evangelie gehoor het van die twee getuies (Openbaring 11:1-13). Die Bybel sê hierdie twee individue “sal My boodskap twaalf honderd en sestig dae lank verkondig (drie en ‘n halwe jaar)” (vers 3) en groot wonderwerke doen (vers 6). En dan is daar die 144 000 Joodse sendelinge wat verlos en deur God geseël is gedurende die verdrukking (Openbaring 7:1-8). Onmiddellik volg die beskrywing van hul seëling in Openbaring 7, ons lees van die menigtes van heiliges in die verdrukking wat gered is, vanaf elke uithoek van die wêreld (verse 9-17).
Hierdie heiliges in die verdrukking sal hul Here Jesus Christus dien in die midde van wanhopige omstandighede. Getrou tot die einde, sal baie van hierdie gelowiges sterf vir hul geloof. Maar in hul dood, sal hulle oorwin, “Hulle het self die oorwinning oor hom behaal, danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie” (Openbaring 12:11). En God sal hulle beloon: “Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in Sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ‘n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog” (Openbaring 7:15-17). Ons loof die Here dat die groot dag van swaarkry ook ‘n groot dag van genade sal wees. Selfs al is God besig om Sy straf uit te meet aan ‘n ongelowige wêreld, sal Hy Israel herstel tot geloof en onmeetlike genade verleen aan almal wat glo, beide Jood en Heiden. God was nog altyd in die besigheid om mense te red en daardie verlossing sal steeds beskikbaar wees gedurende die verdrukking. Moenie wag tot dan nie - aanvaar Jesus nou reeds (Joh 1:12).
English
Wat is die heiliges in die verdrukking?