settings icon
share icon
Vraag

Wat is heilige lag?

Antwoord


Die term “heilige lag” was uitgedink om ‘n verskynsel te beskryf waartydens ‘n persoon onbeheerbaar lag, vermoedelik as gevolg van die vervulling met die blydskap van die Heilige Gees. Dit word gekenmerk deur onbeheerbare skaterlag, soms saam met ‘n beswyming of neerval op die vloer. Eerstehandse beskrywings van diegene wat hierdie ondervinding gehad het, verskil ietwat, maar almal sien dit as ‘n teken van ‘n “seëning” of “salwing” van die Heilige Gees.

Die ervaring van heilige lag is subjektief van aard. Dus, in ‘n poging om die waarheid van die aangeleentheid te vind, moet ons probeer om objektief te wees. As ons definisie van waarheid van ons ervaring van die wêreld afhang, is ons ‘n klein entjie weg daarvan om heeltemal betrokke in ons denke te raak. Kortliks is dit so dat gevoelens ons nie vertel wat waar is nie. Gevoelens is nie sleg nie en soms is ons gevoelens in lyn met Skriftuurlike waarheid. Tog is hulle meer dikwels in lyn met ons sondige natuur. Die onbestendige natuur van die hart maak dit ‘n baie onbetroubare maatstaf. “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” (Jer 17:9). Hierdie bedrieglike hartsbeginsel word spesifiek van toepassing gemaak op die fenomeen , bekend as “heilige lag.” Daar is geen twyfel dat mense inderdaad onbeheersd begin lag het by herlewingsbyeenkomste nie. Dit is ‘n feit, maar wat beteken dit eintlik?

Lag word talle kere in die Bybel aangespreek. Dikwels word dit gebruik as ‘n bespotting of minagtende optrede, soos dit was met Abraham en Sara wat gelag het toe God hulle vertel het dat hulle op hul oudag ‘n kind sou hê. Sommige verse gebruik dit as ‘n teken van bespotting (Ps 59:8; Ps 80:6; Spreuke 1:26), en sommige maak raak stellinge aangaande die aard van ‘n gelag op sigself. Salomo, byvoorbeeld, het die volgende waarneming gemaak in Prediker 2:2, “Van lag moes ek sê: ‘dis sinloos,’ en van plesier: ‘wat bring dit?’” Dan gaan hy voort in Prediker 7:3, “Droefheid is beter as lag; agter ‘n somber gesig skuil ‘n helder gees.” Spreuke 14:13 sê die teenoorgestelde: “’n Mens kan lag terwyl hy treur, die uiteinde van vreuge kan kommer wees.” Beide van hierdie verse is waar: ‘n hartseer persoon kan lag om sy droefheid te verberg en ‘n persoon kan huil, alhoewel hy in sy binneste blydskap beleef. Dus, nie net emosie faal om vir ons die waarheid te gee nie, maar ons sien ook dat lag nie altyd na vreugde verwys nie, maar kan woede beteken, terneergedruktheid of veragting. Desgelyks, die gebrek aan lag beteken nie noodwendig hartseer nie. Om te lag is ‘n subjektiewe ervaring.

Die mees oortuigende skriftuurlike argument teen “heilige lag” word gevind in Galasiërs 5:22-23: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.” Indien selfbeheersing ‘n vrug van die Gees van God is, hoe kan onbeheersde lag ook ‘n vrug van Sy Gees wees? Herlewingsleiers verkondig, dat om met die Gees “vervul” te wees, beteken dat ons soort van “rondgegooi” is deur Sy buie/grille. Die idee egter dat God mense dronk sal laat optree of onbeheersd laat lag of dieregeluide laat maak as gevolg van die salwing van die Gees, is in direkte teenstelling met die manier waarop die Gees handel, volgens Gal 5:22-23. Die Gees wat in Gal 5 beskryf word, is een wat selfbeheersing binne-in ons voorstaan, nie die teenoorgestelde nie. Ten slotte was daar niemand in die bybel wat meer vervul was met die Heilige Gees as Jesus nie en nie één keer is daar in die Bybel opgeteken dat Hy gelag het nie.

In die lig van hierdie dinge, is dit voordelig om te kyk na die volgende gedeelte in 1 Kor 14, waar Paulus praat oor om in tale te spreek. “En nou, broers, as ek na julle toe kom en ongewone tale of klanke gebruik, van watter nut sal ek vir julle wees? Ek sal vir julle net van nut wees as ek ‘n openbaring of kennis of God se boodskap of lering aan julle meedeel.” (vers 6).

“En as die beuel ‘n onduidelike sein gee, wie sal vir die geveg gereed maak? So is dit ook met julle. As julle ongewone tale of klanke gebruik en nie ‘n verstaanbare woord praat nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of die siter gespeel word?” (verse 8-9).

“Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer:’n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank, ‘n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop. Wat die ongewone tale of klanke betref, net twee of hoogstens drie moet dit praat, elkeen op sy beurt en daar moet een wees wat dit uitlê. As daar nie iemand is wat dit kan uitlê nie, moet dié een wat ongewone tale of klanke gebruik, stilbly in die byeenkoms van die gemeente en net tuis met homself en met God praat” (verse 26-28).

“God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede” (vers 33).

In daardie dae het baie mense in die kerke in tale gepraat, wat onherkenbaar vir ander was en daarom sê Paulus dat hulle nutteloos in die kerk was, omdat die spreker nie ander kon opbou met sy toespraak nie. Dieselfde is van toepassing op heilige lag. Paulus vra, wat is die voordeel daarvan, tensy ons met mekaar praat met openbaring, onderrig, kennis en waarheid? Weer sê hy, “sodat almal daaruit kan leer.” Hy sluit sy argument af deur te sê, “God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede,” wat dit duidelik maak dat hy nie die kerklike atmosfeer een van wanorde en betekenisloosheid wil hê nie, maar een van kennis en opbouing.

Dit wil voorkom van wat Paulus sê, dat wat bekend staan as “heilige lag” sou onder die kategorie val van wat “nie opbouend” is vir die liggaam van Christus nie en moet dus daarom vermy word. Ons het besef dat a) lag ‘n onbetroubare emosionele respons is; b) dit kan ‘n teken van verskillende emosies wees; en c) dit lewer geensins iets nuttigs op nie. Verderaan, onbeheersde emosionele spasmas is teenstrydig met die natuur van die Heilige Gees. Dit word aanbeveel om dus nie “heilige lag” te sien as ‘n metode om nader aan God te groei nie of om Sy Gees te beleef nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is heilige lag?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries