Wat beteken dit dat God heilig, heilig, heilig is?


Vraag: "Wat beteken dit dat God heilig, heilig, heilig is?"

Antwoord:
Die frase "heilig, heilig, heilig" verskyn twee keer in die Bybel, in die Ou Testament (Jes 6:3) en in die Nuwe Testament (Openbaring 4:8). Beide kere is die frase deur hemelse wesens gesing of gespreek en beide kere gebeur dit in die visioen van 'n man wat na die troon van God verplaas is: eerstens deur die profeet Jesaja en dan deur die apostel Johannes. Voordat ons die drievoudige herhaling van God se heiligheid aanspreek, is dit belangrik om te verstaan wat presies bedoel is deur God se heiligheid.

God se heiligheid is die moeilikste van al God se karaktereienskappe om te verduidelik, deels omdat dit een van Sy belangrikste eienskappe is wat 'n mens nie oor beskik nie. Ons is na God se beeld geskape en ons beskik oor baie van Sy eienskappe, natuurlik in 'n mindere mate vanselfsprekend, soos liefde, genade, getrouheid, ens. Sommige van God se eienskappe sal egter nooit deur menslike skepsels gedeel word nie – alomteenwoordigheid, alwetendheid, almagtigheid en heiligheid. God se heiligheid is wat Hom van alle ander wesens onderskei en hom eiesoortig en anders van alles maak. Die heiligheid van God is meer as net Sy volmaaktheid of sondelose reinheid; dit is die wese van Sy "andersheid", Sy bonatuurlikheid. God se heiligheid beliggaam die misterie van Sy uitnemendheid en veroorsaak dat ons Hom bewonder, as ons net begin om 'n geringe bietjie van Sy majesteit te begryp.

Jesaja was 'n eerstehandse getuienis van God se heiligheid in sy visioen wat in Jes 6 beskryf word. Al was Jesaja 'n profeet van God en 'n regverdige man, was sy reaksie teenoor die visioen van God se heiligheid, 'n bewusmaking van sy eie sondigheid en tot wanhoop van sy lewe (Jes 6:5). Selfs die engele in God se teenwoordigheid wat geroep het "Heilig, heilig,heilig is die Here die Almagtige!", het hul gesigte en voete met vier van hul ses vlerke bedek. Deur die gesig en voete te bedek, laat geen twyfel dat dit uit eerbied en ontsag was, as gevolg van die skielike teenwoordigheid van God nie. As die rein en heilige serafs met soveel eerbied en ontsag in Jehova se teenwoordigheid vertoon, met watter diepe eerbied sal ons, besoedelde en sondige kreature Hom nie nader nie! Die ontsag van die engele teenoor God herinner ons aan ons eie menswees as ons in gedagte en sonder eerbied in Sy teenwoordigheid ingaan, deurdat ons dikwels nie Sy heiligheid verstaan nie.

Johannes se visioen oor die troon van God in Openbaring 4 is baie dieselfde as Jesaja s'n. Daar was weer lewende wesens rondom die troon wat uitegeroep het, "Heilig, heilig, heiig is die Here God die Almagtige" (Openbaring 4:8) – met eerbied en ontsag teenoor die Heilige Een. Johannes gaan voort om hierdie wesens te beskryf, terwyl hulle aanhou om God rondom Sy troon te eer en te loof. Wat interessant is, is Johannes se reaksie teenoor die visioen van God op Sy troon, wat anders is as dié van Jesaja. Daar is geen aantekening dat Johannes in vrees neergeval het en 'n bewusmaking van sy eie sondige natuur nie, aangesien Johannes miskien alreeds die opgestane Christus aan die begin van sy visioen ontmoet het (Openbaring 1:17). Christus het Sy hand op Johannes geplaas en gesê dat hy nie bang moes wees nie. Op dieselfde wyse kan ons die genadetroon nader, as ons die hand van Christus oor ons het, in die vorm van Sy regverdigheid, wat aan die kruis omgeruil is vir ons sonde (2 Kor 5:21).

Maar waarom die drievoudige herhaling "heilig, heilig, heilig" (genoem Drie-eenheid)? Die herhaling van 'n naam of 'n uitdrukking drie keer was heeltemal normal tussen die Jode. In Jer 7:4 word die Jode deur die profeet verteenwoordig deur drie keer te sê, "Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel!" Sodoende plaas hulle hul intense vertroue in hul eie aanbidding, al was dit vals en korrup. Jer 22:29, Eseg 21:27 en 1 Sam 18:23 bevat dieselfde drievoudige uitdrukkings van intensiteit. Dus, toe die engele rondom die troon uitgeroep het, "Heilig, heilig, heilig," is dit 'n kragtige en passievolle uitdrukking van waarheid oor die opperste heiligheid van God, daardie belangrike karaktereienskap wat Sy wonderlike en verhewe natuur besing.

Die "trihagion" beskryf die Drie-eenheid van God se natuur, die drie Persone van die Godheid, elkeen gelyk in heiligheid en verhewenheid. Jesus Christus is die Heilige Een wat nie in die graf sou "vergaan" nie, maar opgewek sou word om verhoog te word om aan die regterhand van God te gaan sit (Hand 2:27; 13:33-35). Jesus is "heilig en opreg" (Hand 3:14) wie se dood aan die kruis ons toelaat om voor die troon van ons heilige God onbeskaamd te staan. Die derde Persoon van die Drie-eenheid – die Heilige Gees – Sy naam alleen dui die belangrikheid van heiligheid aan in die wese van die Godheid.

Laastens dui die geroep van die engele rondom die troon duidelik aan dat God in beide Testamente dieselfde is. Ons dink dikwels dat die God van die Ou Testament 'n God van wraak is en die God van die Nuwe Testament 'n God van liefde is. Jesaja en Johannes bied 'n eenvormige beeld van ons heilige, verhewe, ontsagwekkende, onveranderlike God (Maleagi 3:6). Hy is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde (Heb 13:8) en "wat self nie soos hulle verander of verduister nie" (Jak 1:17). God se heiligheid is tot in ewigheid, netsoos Hy ewig is.

English
Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God heilig, heilig, heilig is?