settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit dat God die mensdom heerskappy oor die diere gegee het?

Antwoord


Die woord heerskappy beteken “mag of gesag hê oor.” God het soewereine mag oor Sy skepping en het die outoriteit aan die mensdom gedelegeer om mag oor die diere te hê (Gen 1:26). Dawid het hierdie waarheid beklemtoon: “U laat hom heers oor die werk van U hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld” (Ps 8:6). Die mensdom was veronderstel om die aarde te “onderwerp” (Gen 1:28) – ons het die opdrag om ‘n posisie van beheer oor dit te hou; ons is geplaas in ‘n superieure rol en moet beheer uitoefen oor die aarde en die flora en fauna daarvan. Die mens was aangestel as die heerser van hierdie wêreld. Al die ander was onderwerp aan hom.

God se opdrag was om die aarde en die dierelewe te onderwerp en om baasskap oor dit alles te hê. ‘n Ware meesterskap (of enigiets) kan nie uitgevoer word sonder die begrip om die ding te bestuur nie. Vir ‘n musikant om ‘n viool te bemeester, moet hy/sy werklik die instrument verstaan. Vir die mens om baasskap oor die diereryk te verkry, moet ons die diere verstaan.

Met die outoriteit om te regeer, kom die verantwoordelikheid daarmee saam. Daar is ‘n inherente toerekenbaarheid in die opdrag om die aarde te onderwep. Die mens het ‘n plig om sy beheer uit te oefen onder die outoriteit van die Een wat dit gedelegeer het. Alle outoriteit is van God afkomstig (Rom 13:1-5) en Hy delegeer dit aan wie Hy wil (Daniёl 4:17). Die woord onderwerp hoef nie mishandeling of geweld te impliseer nie. Dit kan beteken “om te ontgin.”

Die mens moet rentmeesterskap van die aarde neem; hy moet die materiёle wêreld en al sy onderskeie elemente in diens van God bring, sowel as die welsyn van die mens. Die opdrag om die aarde te onderwerp is eintlik deel van God se seёn op die mens. Geskep na die beeld van God, was Adam en Eva gebruik om die aarde se uitgestrekte bronne in diens van beide God en hulself te gebruik. Dit sou slegs vir God sin maak om hierdie te bepaal, aangesien slegs mense na die beeld van God geskep was.

Toe God aan die mensdom outoriteit oor die diere gegee het, was dit in orde om na die diere om te sien, te versorg en daardie diere te gebruik tot hul volle potensiaal, op ‘n regverdige wyse. Op die tyd toe God vir die mens outoriteit oor die diere gegee het, het die mense nie vleis geёet nie (Gen 1:29). Die eet van vleis het eers ná die Vloed begin (Gen 9:1-3) en dit was toe dat diere begin het om vrees vir mense te hê. Alhoewel God die wyse verander het hoe ons met diere omgaan, in die sin van dat hulle nou “vleis” is, dra ons nog steeds ‘n verantwoordelikheid om diere menslik te hanteer. Die mens regeer oor die diere, maar dit beteken nie ons het die reg om hulle te mishandel of te misbruik nie.

Deur outoriteit oor die diere te hê, bring mee om ‘n menslike bestuur oor hulle te handhaaf, as die bron wat God hulle bedoel het om te wees. Ons moet besef dat die mensdom die taak ontvang het (en seёn) om God in hierdie wêreld te verteenwoordig. Ons is die rentmeesters. Ons voer heerskappy oor die hele aarde en ons wat God se beelddraers is, het die verantwoordelikheid om op te tree soos God sou doen. Misbruik God Sy skepping? Nee. Is God onwys in die heerskappy van Sy bronne? Nee. Is God ooit wreed of selfsugtig of verkwistend? Nee. Dan moet ons dit ook nie wees nie. Enige misbruik of mishandeling van God se skepping is die resultaat van sonde, nie die gevolg van die navolging van God se oorspronklike opdrag nie. Ons moet ons plig vervul om die aarde met wysheid te bestuur tot die tyd aanbreek dat die wolf saam met die lam in die koninkryk van Christus sal lê (Jes 11:6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit dat God die mensdom heerskappy oor die diere gegee het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries