settings icon
share icon
Vraag

Wat is die harmonie van die Evangelies?

Antwoord


Die "harmonie" van die Evangelies is die ooreenkoms van die vier Bybelse Evangelies. Die vier Nuwe Testamentiese Evangelies is soos die sangers in 'n koor, bestaande uit vier. Elkeen het 'n onderskeie gedeelte om te sing, tog is die dele gekombineer en vorm saam 'n pragtige komposisie. Elkeen van die vier Evangelies lewer getuienis van Jesus vanuit 'n effens verskillende perspektief, maar almal vertel dieselfde storie. Dus is hulle almal in harmonie met mekaar. Boeke wat die Evangelie kronologies beskryf, word die harmonieë van die Evangelies genoem en sommige Bybels sluit 'n verwysingsgedeelte in wat as 'n harmonie van die Evangelies bekendstaan en dieselfde ding doen.

Matteus, Markus en Lukas word die "Sinoptiese" Evangelies genoem, aangesien hulle baie van dieselfde gebeure uit Jesus se lewe insluit (die woord "sinopties" beteken "dieselfde siening"). Johannes staan op sy eie en vul gapings wat die ander uitgelaat het. Elkeen van hierdie Evangelies was vir 'n ander gehoor geskryf en plaas die klem op verskillende fasette van Jesus se bediening. Die Matteus-Evangelie was hoofsaaklik vir die Jode geskryf en plaas die klem op hoe Jesus die profesieë oor 'n koninklike Messias vervul het. Markus was hoofsaaklik vir die Romeine of Heidense Christene geskryf en dus sluit dit min Ou Testamentiese profesieë in en verduidelik baie Joodse woorde en gewoontes. Jesus word in Markus uitgebeeld as die Goddelike Dienskneg. Lukas was ook hoofsaaklik vir Heidense gelowiges geskryf, dus verduidelik dit ook Joodse gewoontes en gebruik Griekse name. Lukas se doelwit was om 'n geordende verhaal oor Jesus se lewe te skryf en hy stel Jesus bekend as die Seun van die Mens, met die klem op Sy volledige menslikheid. Die Evangelie van Johannes beklemtoon Jesus as die Seun van God en sluit meer van Jesus se openbaringe oor Homself in as enige van die ander Evangelies. Dit gee ook 'n baie meer uitgebreide beeld oor die gebeure van Jesus se laaste dae.

Sommige mense het gepoog om die Bybel in oneer te bring, deur teenstrydighede in die Evangelieverhale uit te wys. Hulle verwys na verskille in die volgorde waarin gebeure aangebied word of minderwaardige inligting daar rondom. As die vier weergawes langs mekaar geplaas word, sien ons dat hulle nie almal dieselfde streng kronologie volg nie. Dit is omdat baie van die verhale volgens onderwerpe georden is, waarin die gebeure gegroepeer is ten opsigte van dieselfde tema. Hierdie manier is die mees algemene wyse waarop ons daagliks ons gesprekke voer.

Verskille in kleinere stukkies inligting, soos die engelegetal by Christus se graf (Matt 28:5; Markus 16:5; Lukas 24:4; Joh 20:12) word ook beantwoord deur toe te laat dat die teks vir homself praat. Matteus en Markus noem "'n engel", terwyl Lukas en Johannes van twee engele praat. Tog sê Matteus en Markus nooit daar was "slegs" een engel nie; hulle sê daar was 'n engel teenwoordig. Sulke verskille is komplimentêr, nie teenstrydig nie. Nuwe inligting kan bygevoeg word, maar dit weerspreek nooit die geloofwaardigheid van die ou informasie nie.

Soos die res van die Skrif, is die vier Evangelies 'n pragtige getuienis van God se openbaring aan die mens. Dink aan 'n tollenaar (Matteus), 'n onopgeleide Joodse jongeling met 'n geskiedenis van 'n tou-opgooier (Markus), 'n Romeinse dokter (Lukas) en 'n Joodse visserman (Johannes) wat almal ooreenstemmende getuienisse oor Jesus se lewe geskryf het. Daar is geen manier dat hulle sonder God se ingryping hierdie wonderbaarlike akkurate weergawes kon skryf nie (2 Tim 3:16). Die geskiedenis, die profesie en die persoonlike inligting werk alles saam om een uiterste akkurate beeld van Jesus saam te stel – die Messias, die Koning, die Dienskneg en die Seun van God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die harmonie van die Evangelies?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries