settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Groot Opdrag?

Antwoord


In Matt 28:19-20 lees ons van die Groot Opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels; doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle bevel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld”. Jesus het hierdie opdrag aan die dissipels gegee, kort voordat Hy in die hemel opgeneem is en dit spel hoofsaaklik uit wat Jesus van die apostels en diegene wat hulle gevolg het, verwag het om in Sy afwesigheid te doen.

Dit is interessant dat in die oorspronklike Grieks geskryf staan, “maak dissipels” (Matt 28:19-20) en dit is die enigste spesifieke opdrag daar. Die Groot Opdrag beveel dat ons dissipels regdeur die wêreld moet maak en ook gedurende ons daaglikse aktiwiteite. Hoe moet ons dissipels maak? Deur hulle te doop en alles te leer wat Jesus aan ons opgedra het. “Maak dissipels” is die bevel van die Groot Opdrag. “Gaan dan”, “doop hulle” en “leer hulle” is die metodes wat ons moet gebruik om hierdie bevel uit te voer en sodoende “dissipels te maak”.

Baie mense verstaan Hand 1:8 as ook deel van die Groot Opdrag, “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in Jerusalem, sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld”. Die Groot Opdrag word versterk deur die krag van die Heilige Gees. Ons is Christus se getuienisse wat die Groot Opdrag uitdra in ons stede (Jerusalem), in ons state en lande (Judea en Samaria) en enige plek waarheen God ons stuur (tot by die eindes van die aarde). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Groot Opdrag?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries