settings icon
share icon
Vraag

Sal daar letterlik goue strate in die hemel wees?

Antwoord


Die hemel se goue strate word dikwels aangehaal in liedere en gedigte, maar word moeiliker in die Bybel gevind. Om die waarheid te sê, daar is net een gedeelte in die Skrif wat na goue strate verwys en dit is in die heilige stad, die nuwe Jerusalem: “Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos ‘n spieël” (Openbaring 21:21). Dus, vertel hierdie vers ons dat daar letterlik goue strate in die hemel sal wees? En indien dit so is, wat is die belangrikheid of betekenis van letterlike goue strate?

Die Griekse woord vir “goud” is “chrusion,” en beteken “goud, goue juweliersware of bolaag.” Om dit dus te vertaal as “goud” is korrek. Om die waarheid te sê, ‘n gesukkel met interpretasie kom dikwels voor as mense poog om te bepaal watter dele van die Bybel letterlik opgeneem moet word en watter nie. ‘n Praktiese metode as die Bybel bestudeer word, is om alles letterlik op te neem, behalwe as dit nie sin maak nie. In hierdie hoofstuk van Openbaring, gooi Johannes nie net toevallig beskrywende terme rond nie. Vroeg reeds in Openbaring 21, word hy ‘n meetstok oorhandig om die stad te meet (v 15) en hy beskryf spesifiek die hemel se muur van opaal en die stad self van suiwer goud (v 18). Hy beskryf ook die fondamente van die stadsmure wat met allerhande edelstene versier is (19-20). Dus, met hierdie in gedagte, maak die beskrywing van goue strate sin.

Indien die hemel se strate van goud gemaak is, wat is die punt? Eerstens, let op die toestand van die goud. Wanneer goud op aarde ontdek word, is dit nie in die wenslike toestand waarvoor juweliers op die uitkyk is nie. Die goud moet gesmelt word om die onsuiwerhede te verwyder en net die goud te laat agterbly. Die goud wat Johannes in die hemel gesien het, was van sulke kwaliteit dat dit deurskynend voorgekom het, om sodoende die suiwer lig van God se skitterende heerlikheid te reflekteer.God se vermoë om te suiwer, is nie slegs beperk tot goud nie; God het almal gesuiwer deur die bloed van Jesus Christus wat Sy hemel sal ingaan. “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh 1:9). God se Heilige Stad is nie slegs gesuiwer deur Sy ontwerp nie, maar ook die inwoners van daardie stad is gesuiwer.

Daar is sommige geleerdes wat nie glo dat die hemel letterlik goue strate het nie. Tog, deur eenvoudig na die teks te kyk wat God ons gegee het in die konteks van Johannes se openbaring, lyk dit asof daar geen rede is om daaraan te twyfel nie. Ons aandag in die ewigheid egter sal kwalik fokus op aardse skatte. Terwyl die mens skatte soos goud najaag op aarde, sal dit eendag niks meer wees as ‘n tipe plaveisel vir die gelowige in die hemel nie. Dit maak nie saak hoe baie kosbare edelstene of materiale die fisiese konstuksie van die hemel sal uitmaak nie, niks sal ooit van groter waarde wees as die God wat ons liefhet en vir ons gesterf het, sodat ons gered kan word nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Sal daar letterlik goue strate in die hemel wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries