settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor goeie ouerskap?

Antwoord


Ouerskap kan ‘n baie moeilike taak wees, maar dit kan ook ‘n baie bevredigende aspek wees. Daar is baie riglyne in die Bybel oor hoe ons, ons kinders suksesvol moet groot maak om sodoende kinders van God te word. Die eerste ding is om hulle te vertel van God se waarheid.

Saam met ons liefde vir God en ons voorbeeld as gehoorsame ouers wat na God se gebooie en wil luister moet ons ook ag slaan op Deuternomium 6:7-9 wat kinders grootmaak aangaan. Hierdie gedeelte verduidelik mooi dat dit ‘n lewenswyse is, iets wat ons altyd doen – in die huis, tydens ‘n rit, gedurende die nag of in die oggend. Die waarheid van die Bybel is iets wat die grondslag in ons huise moet wees. Deur hierdie opdrag te volg leer ons, ons kinders dat die verering van God iets is wat altyd gebeur in alles wat ons (en hulle) doen. Dit is nie net iets wat op ‘n Sondag moet gebeur nie.

Alhoewel ons kinders ook baie van geloof direk leer, sal hulle baie meer leer waanneer hulle die ouer dophou. Dit is die rede hoekom die ouer ‘n goeie voorbeeld moet wees in alles wat hy/sy doen. Ons moet eerstens ons God gegewe rolle of verantwoordelikheid vir hulle wys. Mans en vrouens moet wys dat hulle wedersydse respek vir mekaar het (Effesiers 5:21). God het ook ‘n lyn van outoriteit vir ons gegee, “Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en 'n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus” (1 Korintiers 11:3). Ons weet dat Jesus nie ondergeskik aan God was nie, net so is ‘n vrou nie ondergeskik aan haar man nie. God vertel ons egter dat indien daar nie onderworpenheid aan gesag is nie, sal daar geen orde wees nie. Die man se verantwoordelik as hoof van die huis is om sy vrou lief te hê soos homself, net soos Christus Sy kerk ook lief het (Efesiers 5:25-29).

Siende hierdie liefdevolle houding van die man is dit maklik vir die vrou om leiding van die man te neem (Efesiers 5:24; Kolossense 3:18). Haar primere verantwoordelikheid is om haar man lief te hê en met respek te behandel, om met wysheid en reinheid (kuisheid) te lewe asook om na die huishouding om te sien (Titus 2:4-5). Vrouens is van nature meer bewus van opvoeding en die kweek (nuturing) van kinders as die man, daarom is hulle die primere toesighouers (oppasser) van die kinders.

Dissipline en instruksie vorm die basis van ouer wees. Spreuke 13:24 vertel ons, “Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is”. Kinders wat groot word sonder dissipline voel af geskeep en onwaardig. Hulle het nie rigting en self beheersing nie en soos hulle ouer word rebelleer hulle teen gesag, wat ook God se gesag insluit. Maar ons moet onthou dat dissipline gebalanseerd moet wees met liefde anders sal hulle met ‘n wrok groot word, hulle sal ook ontmoedig wees en rebelleer (Kolossense 3:12). God weet dat dissipline seermaak terwyl dit gebeur (Hebreers 12:11), maar indien dit opgevolg word met liefdevolle riglyne sal dit altyd voordelig wees vir die kind. “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil” (Effesiers 6:4).

Dit is belangrik om kinders betrokke te maak in die kerk en die lede van die bediening terwyl hulle nog jonk is. Hulle moet gereeld ‘n Bybel-rigte kerk bywoon (Hebreers 10:25) en hulle moet die ouer sien Bybel studie toepas. Daar moet besprekings wees oor die wereld, hoe hulle dit sien en hoe die Bybel die wereld sien. “Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie” (Spreuke 22:6). ’n Goeie Christelike ouer sal altyd as ‘n voorbeeld vir sy kinder wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor goeie ouerskap?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries