Vraag
Wat is die Gnostiese evangelies?
Antwoord
Die Gnostiese evangelies is deur vroeë “Christen”-Gnostikusse geskryf. Na die eerste eeu van die Christendom, het twee primêre afdelings ontstaan – die ortodokse Christene en die Gnostikusse. Die ortodokse Christene het gehou by die boeke wat ons nou nog in die Bybel het en wat vandag as ortodokse teologie beskou word. Die Gnostiese Christene, as hul werklik as Christene beskryf kan word, het ‘n eiesoortige, verskillende siening oor die Bybel, oor Jesus Christus, oor verlossing en oor feitlik elke ander belangrike Christelike doktrine. Hulle het egter geen geskrifte deur die apostels om egtheid aangaande hul oortuigings te staaf nie.
Dit is hoekom en hoe die Gnostiese evangelies ontstaan het. Die Gnostikusse het die name van beroemde Christene op oneerlike wyse tot hul geskrifte toegevoeg, soos die evangelie van Tomas, Filippus, Maria, ens. Die ontdekking van die “Nag Hammadi” biblioteek in die suide van Egipte in 1945 verteenwoordig ‘n groot ontdekking van Gnostiese evangelies. Hierdie Gnostiese evangelies word dikwels na verwys as die sogenaamde “verlore boeke van die Bybel.”
Wat moet ons reaksie wees ten opsigte van die Gnostiese evangelies? Moet alles daarvan of sommige in die Bybel wees? Nee, hulle moenie. Eerstens, soos in bogenoemde, is die Gnostiese evangelies vals en oneerlik geskryf in die apostels se name, om sodoende egtheid daaraan te gee in die vroeë kerk. Gelukkig was die vroeë kerkvaders feitlik eenstemmig deur dit te herken as valse lerings wat verkondig was. Daar is tallose weersprekinge tussen hierdie evangelies en die ware evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Die Gnostiese evangelies kan ‘n goeie bron wees vir die studie van vroeë Christelike dwaalleringe, maar hulle moet openlik verwerp word as nié deel van die Bybel nie en nié verteenwordigend van die Christelike geloof nie.
English
Wat is die Gnostiese evangelies?