settings icon
share icon
Vraag

Wat is glossolalia?

Antwoord


Glossolalia, 'n fenomeen wat soms bekend staan as "ekstatiese uitsprake," is die uitering van onbegryplike, taalagtige geluide, terwyl in 'n toestand van ekstase. Dit word soms verwar met xenoglossia, wat die Bybelse "gawe van spreek in tale" is. Glossolalia is 'n gebabbel in 'n taal wat nie bestaan nie, terwyl xenoglossia die vermoë is om vloeiend in 'n taal te praat, wat die spreker nog nooit geleer het nie.

Xenoglossia is nie 'n aangebore of natuurlike vermoë nie, maar studies het getoon dat glossolalia 'n aangeleerde vermoë is. Navorsing, gelei deur die Lutheran Medical Centre, toon dat glossolalia maklik aangeleer word deur eenvoudige instruksies te gebruik. Daar is ook gevind dat studente "in tale kon praat" in die afwesigheid van enige aanduidings van hipnose of soortgelyke verdowings. 'n Ander toets gedoen met 60 studente, het getoon dat na die aanhoor van eenminuut-voorbeelde van glossolalia, 20% by magte was om dit presies so na te praat. Na nog opleiding kon 70% daarin slaag.

In feitlik elke deel van die wêreld kan glossolalia waargeneem word. Heidense godsdienste regoor die wêreld is met talespraak gemoeid. Hierdie groep sluit die volgende in: die Shamans in die Soedan, die Shango sekte van die westelike kus van Afrika, die Zor sekte van Ethiopië, die Voodoo sekte in Haiti en die Aborgines van Suid-Amerika en Australië. Om te murmureer of om brabbeltaal te praat, wat deur heiliges uitgelê is as 'n diep mistieke insig, is 'n antieke praktyk.

Daar is basies twee aspekte aangaande glossolalia. Eerstens is om te praat of te murmureer in taalagtige klanke. Prakties gesproke is almal by magte om dit te doen; selfs voordat kinders leer om te praat, kan hulle regte taal naboots, alhoewel dit onverstaanbaar is. Daar is niks besonders daaromtrent nie. Die ander aspek van glossolalia is ekstase of die demonstrasie van 'n tipe hipnose. Daar is ook niks ongewoons hieraan nie, alhoewel dit moeiliker is om dit met opset te doen as om net taalagtige klanke voort te bring.

Daar is sommige Christene, veral in die Pinksterbeweging, wat glo dat daar 'n bonatuurlike verduideliking vir glossolalia is, as dié wat in die Nuwe Testament beskryf is. Hulle glo dat die hoofdoel vir die gawe om in tale te praat, is dat die Heilige Gees manifesteer om oor hulle uitgestort te word soos op Pinksterdag (Hand 2), wat deur Joël geprofeteer is (Hand 2:17).

Tussen daardie Christelike kerke wat die praktyk van glossolalia voorstaan op een of ander manier, is daar geen uniforme ooreenkoms van hoe dit werk nie. Sommige is oortuig dat dit wel 'n gawe van die Heilige Gees is, terwyl ander die belangrikheid afskaal deur te sê dat Paulus geleer het dat die "praat in tale" glad nie so belangrik was as die ander gawes van die Heilige Gees nie (1 Kor 13). Daar is ook diegene wat wil vermy om die kerk te verdeel ten opsigte van sulke dinge, deur nie daaroor te praat nie of dit af te maak as 'n enkele psigologiese gebeure. Dan is daar diegene wat glossolalia beskou as 'n misleiding van Satan self.

Eksotiese tale word gehoor en verstaan regdeur die wêreld, maar bestaande tale word nie gehoor of verstaan as "ekstatiese uitinge" of "spreek in tale" nie. Wat ons hoor, is 'n oorvloed van uitroepe, bevestiginge, verwarring en geraas. Ons kan eenvoudig nie verklaar soos in die tyd van die eerste kerk dat "elkeen van ons dan sy eie moedertaal" hoor nie (Hand 2:8).

Eenvoudig gestel is die praktyk van glossolalia nie die Bybelse gawe van spreek in tale nie. Paulus het dit duidelik gemaak dat die hoofdoel van die gawe om in tale te spreek, ontwerp was vir diegene wat nie geglo het nie en om die goeie nuus, die Evangelie van Christus, te versprei (1 Kor 14:19,22).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is glossolalia?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries