settings icon
share icon
Vraag

Wat is die gewete?

Antwoord


Die gewete word gedefinieer as daardie deel van die menslike psige wat geestelike angs en skuldgevoelens verwek, as ons dit aanwakker, en gevoelens van plesier en goedvoel as ons aksies, gedagtes en woorde in ooreenstemming met ons waardesisteme is. Die Griekse woord "conscience" in alle Nuwe Testamentiese verwysings is "suneidēsis" en beteken "moral awareness" of "moral consciousness". Die gewete reageer wanneer iemand se optrede, gedagtes en woorde ooreenstem of teenstrydig is met reg en verkeerd.

Daar is geen Hebreeuse term in die Ou Testament gelykstaande aan "suneidēsis" in die Nuwe Testament nie. Die tekort aan 'n Hebreeuse woord vir "gewete" kan toegeskryf word aan die Joodse wêreldbeskouing, wat eerder gemeenskaplik was as individualisties. Die Hebreër het homself beskou as 'n lid van die verbondsgemeenskap wat verband hou met God en Sy wette, eerder dan as 'n individu. Met ander woorde die Hebreër was vasberade in sy eie posisie voor God, hoewel die Hebreeuse volk as 'n geheel in 'n goeie verhouding met Hom was.

Die Nuwe Testamentiese konsep oor gewete is meer individualisties van aard en sluit drie hoofwaarhede in. Eerstens is gewete 'n Godgegewe kapasiteit vir menslike wesens om selfwaarde te beoefen. Paulus verwys verskeie kere na sy eie gewete as "skoon" (Hand 23:1; 24:16). Paulus het sy eie woorde en dade ondersoek en het gevind dat hulle in ooreenstemming met sy morele- en waardesisteem was, wat natuurlik op God se standaarde gebaseer was. Sy gewete verifieer die integriteit van sy hart.

Tweedens, die Nuwe Testament beeld die gewete uit as 'n getuie ten opsigte van iets. Paulus sê dat die Heidene gewetens het wat getuienis dra oor die teenwoordigheid van God se wet, wat op hul harte geskryf staan, alhoewel hulle nie die Wet van Moses gehad het nie (Rom 2:14-15). Hy verskyn ook as 'n getuie ten opsigte van sy eie gewete, dat hy die waarheid praat (Rom 9:1) en dat hy in heiligheid en opregtheid optree in sy onderhandelings met mense (2 Kor 1:12). Hy sê ook dat sy gewete hom herinner dat sy optrede teenoor beide God en die getuienis, ten opsigte van ander mense se gewetes, duidelik en opreg is (2 Kor 5:11).

Derdens is die gewete 'n dienskneg van die individu se waardesisteem. 'n Swak waardesisteem produseer 'n swak gewete, terwyl 'n volledige ingeligte waardesisteem 'n sterk sin vir reg en verkeerd produseer. In die Christelike lewe kan 'n mens se gewete gedryf word deur 'n onvolledige begrip van skriftuurlike waarhede en kan skuldgevoelens produseer , asook skaamte wat dinge uit proporsie ruk. Groei in die geloof versterk die gewete.

Hierdie laaste funksie van die gewete is wat Paulus aanspreek in sy opdragte aangaande voedsel wat aan afgode geoffer was. Hy stel dit so dat, aangesien afgode nie werklike gode is nie, dit nie saakmaak of kos aan hulle geoffer is of nie. Sommige in die kerk van Korinte was swak in hul begrip en het geglo dat sulke gode regtig bestaan. Hierdie onvolgroeide gelowiges was bevrees om sulke kos te eet, omdat hul gewetens ingelig was deur foutiewe vooroordele en bygelowige sienings. Dus bemoedig Paulus diegene wat meer volwasse was in hul verstaan om nie hul vryheid te beoefen tydens etes nie, want dit kon veroorsaak dat hul swakker broeders se gewetens hul optrede kon veroordeel. Die les hier is, dat, indien ons gewetens skoon is as gevolg van 'n volwasse geloof en begrip, dat ons nie die oorsaak moet wees dat ander met swakker gewetens moet struikel, as gevolg van vryheid wat saam met 'n sterker gewete kom nie.

'n Ander verwysing na gewete in die Nuwe Testament is in 1 Tim 4:1-2 word daar gepraat van "skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is". So 'n gewete is verhard en voel niks verder nie. 'n Persoon met so 'n gewete luister nie langer na sy influisteringe nie en hy kan met oorgawe sondig en hom daarin verlustig om te dink alles is wel met sy siel en ander mense onsensitief en sonder omgee behandel.

As Christene moet ons ons gewetens skoon hou deur God te gehoorsaam en ons verhouding met Hom goed in stand hou. Ons doen dit deur toepassing van Sy Woord, vernuwing en versagting van ons harte, aanhoudend. Ons ag diegene wie se gewetens swak is en behandel hulle met Christelike liefde en omgee.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die gewete?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries