settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek met die Heilige Gees gevul word?

Antwoord


‘n Belangrike Bybel vers wat die vul met die Heilige Gees verduidelik word gevind in Johannes 14:16, waar Jesus die Gees belowe aan gelowiges en waar Hy gesê het dat die inwoning (van die Gees) permanent sal wees. Dit is belangrik om te onderskei tussen die “inwoning” en “vul” van die Heilige Gees. Die permanente inwoning van die Gees is nie beperk tot ‘n sekere groep van gelowiges nie, maar dit is beskikbaar vir alle gelowiges. Daar is baie verwysings in die Bybel om hierdie te staaf. Eerstens, die Heilige Gees is ‘n geskenk wat aan al gelowiges gegee word sonder enige uitsondering, geen ander vereiste word gestel anders as om in Jesus Christus te glo (Johannes 7:37-39). Twedens, die Heilige Gees word gegee die oomblik van redding (Efesiërs 1:13). Galasiërs 3:2 verduidelik ook hierdie feit, en sê dat die seël en inwoning van die Gees gekry word, die oomblik wanneer ons glo. Derdens, die inwoning van die Heilige Gees in gelowiges is permanent. Die Heilige Gees word aan gelowiges gegee as ‘n deposito of bewys van hul toekomstige glorie in Christus (2 Korintiërs 1:22; Efesiërs 4:30).

Hierdie staan in kontras met die vervulling van die Gees soos daar in Efesiërs 5:18 verwys word. Ons moet so volkome oorgee aan die Gees dat Hy ons geheel en al kan besit, en daardeur maak ons dit moontlik om gevul te word. Romeine 8:9 and Efesiërs 1:13-14 stel dat Hy in alle gelowiges woon, maar dat Hy wel gegrief kan word (Efesiërs 4:30) wat dan die aktiwiteit van die Gees onderdruk (1 Tessalonisense 5:19). Wanneer ons hierdie toelaat om te gebeur sal ons nie die werking van die Gees en Sy krag ten volle beleef nie. Om ten volle deur die Gees gevul te wees gee Hom die vryheid om in elke aspek van ons lewe deel te hê en sodoende word ons dan deur die Gees gelei. Indien hierdie gebeur sal ons baie meer effektief wees en daardie dinge doen wat God gelukkig maak. Die vulling met die Heilige Gees is nie alleenlik ‘n uiterlike gedrags verandering nie, maar dit beinvloed ons denke, ons motiewe asook ons aksies. Psalm 19:15 sê, “Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here my rots en my Verlosser”.

Sonde verhinder die vulling van die Heilige Gees, maar gehoorsaamheid aan God behou die vulling van die Gees. Efesiërs 5:18 vereis dat ons met die Gees gevul word, maar ons moet onthou dat hierdie nie deur gebed gedoen word nie. Dit is net ons gehoorsaamheid aan God se opdragte wat die Gees vryheid gee om in ons te werk. Omrede ons nog steeds deurtrek is met sonde is dit onmoontlik om die hele tyd deur die Gees gevul te wees. So, wanneer ons sondig moet ons onmiddelik hierdie sonde aan God belei en ons opnuut weer toevertrou aan die Gees om dan weer Gees-vervul en Gees-gelei te word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek met die Heilige Gees gevul word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries