Wat is die gevare van postmodernisme?


Vraag: "Wat is die gevare van postmodernisme?"

Antwoord:
Eenvoudig gestel, is postmodernisme 'n filosofie wat geen objektiewe of absolute waarheid ondersteun nie, veral in gevalle van godsdiens en spiritualiteit. As dit gekonfronteer word met 'n bewering van waarheid, rakende die realiteit van God en godsdienstige praktyke, is postmodernisme se siening beliggaam in die stelling, "that may be true for you, but not for me." Aangesien so 'n respons heeltemal van toepassing is waar geliefde kossoorte bespreek word of voorkeure in verband met kuns, is so 'n siening gevaarlik as dit toegepas word in realiteit, omdat dit verwarring bring van opinie, ten opsigte van sake van waarheid.

Die term "postmodernisme" beteken letterlik "ná modernisme" en word gebruik om die huidige era, wat na die eeu van modernisme kom, filosofies te beskryf. Postmodernisme is 'n reaksie (of miskien meer toepalik, 'n ontnugterende respons) teenoor modernisme se mislukte belofte om slegs menslike rede te gebruik om die mens beter te maak en die wêreld 'n beter plek. Aangesien een van die modernisme se oortuigings was dat absolutes inderdaad bestaan," korrigeer" postmodernisme dinge deur eerste absolute waarheid uit te skakel en alles (insluitende die empiriese wetenskappe en godsdiens) relatief te maak aan 'n individu se oortuigings en begeertes.

Die gevare van postmodernisme kan gesien word as 'n afwaartse spiraal wat begin met die verwerping van absolute waarheid, wat dan lei na 'n verlies aan onderskeidings in sake soos religie en geloof en bereik dan die hoogtepunt in 'n filosofie van religieuse meervoudigheid, wat sê dat geen geloof of godsdiens objektiewelik waar is nie en dus kan niemand beweer dar sy/haar godsdiens eg is en 'n ander vals nie.

Gevare van Postmodernisme — #1 — Relatiewe Waarheid
Postmodernisme se standpunt oor relatiewe waarheid is die uitwerking van baie generasies met filosofiese denke. Van Augustinus tot die Hervorming, die intellektuele aspekte van Westerse beskawing en die konsep van waarheid was gedomineer deur teoloë. Maar om te begin by die Renaissance die 14de-17de eeue, het denkers begin om die mensdom uit te lig tot in die senter van realiteit. As mens kyk na die periodes van geskiedenis soos 'n familieboom, sou die Renaissance 'n ouma van modernisme wees en die Verligting (Enlightenment) sy moeder. Renee Descartes se "I think, therefore I am" het die era se begin verpersoonlik. God was nie meer die senter van waarheid nie – die mens was.

Die Verligting (Enlightenment) was op 'n manier die totale oplegging van die wetenskaplike model van rasionaliteit oor alle waarheidsaspekte. Dit het beweer dat slegs wetenskaplike data objektiewelik verstaan, gedefinieer en verdedig kon word. Die waarheid soos betrekking het op religie was verwerp. Die filosoof wat bygedra het tot die idee van relatiewe waarheid was die Pruisiese Immanuel Kant en sy werk "The Critique of Pure Reason" wat in 1781 verskyn het. Kant het geargumenteer dat ware kennis oor God onmoontlik was, dus het hy 'n skeiding van kennis tussen "feite" en "geloof" geskep. Volgens Kant, "Facts have nothing to do with religion." Die resultaat was dat geestelike sake geskuif is na die terrein van opinie en slegs die empiriese wetenskappe was toegelaat om oor waarheid te praat. Aangesien modernisme geglo het in absolutes in wetenskap, was God se spesiale openbaring (die Bybel) onttrek aan die terrein van waarheid en sekerheid.

Van modernisme het postmodernisme gekom en die idees van Frederick Nietzsche. As die beskermheer-heilige van postmodernistiese filosofie, steun Nietzsche "perspektivisme" wat sê dat alle kennis (insluitende wetenskap) 'n kwessie van perspektief en interpretasie is. Baie ander filosowe het voort gebou op Nietzsche se werk (bv. Foucault, Rorty en Lyotard) en het sy verwerping van God en godsdiens in die algemeen, gedeel. Hulle het ook enige sweem van absolute waarheid verwerp, of soos Lyotard dit stel, 'n verwerping van 'n "metanarrative" ('n waarheid wat alle mense en kulture oorskry).

Hierdie filosofiese oorlog teen objektiewe waarheid het in postmodernisme oorgevloei en is heeltemal afkerig teenoor enige bewering van absolutes. So 'n ingesteldheid verwerp natuurlik alles wat verklaar dat iets foutloos is, soos die Bybel.

Gevare van Postmodernisme — #2 — Verlies van Onderskeidingsvermoë
Die groot teoloog, Thomas Aquinas het gesê,"It is the task of the philosopher to make distinctions." Wat hy bedoel is dat waarheid afhanklik is van die vermoë om te kan onderskei – "dit" van "dat" op die terrein van kennis. Tog, indien objek en absolute waaarheid nie bestaan nie, dan word alles 'n kwessie van persoonlike interpretasie. Vir die postmoderne denker besit die skrywer van 'n boek nie die korrekte interpretasie van sy werk nie; dit is die leser wat eintlik bepaal wat die boek beteken – 'n proses wat genoem word "deconstruction." Aangesien daar veelvuldige lesers is (vs een outeur), is daar natuurlik menigvuldige geldige interpretasies.

So 'n chaotiese situasie maak dit onoontlik om betekenisvolle of blywende onderskeidings tussen interpretasies te maak, omdat daar geen standaard is om te gebruik nie. Dit word spesifiek toegepas op geloofskwessies en godsdiens. In die poging om behoorlike en betekenisvolle onderskeidings te maak op die area van religie is nie méér betekenisvoller as om te argumenteer dat sjokolade beter smaak as vanielje nie. Postmodernisme sê dat dit onmoontlik is om objektief uitspraak te gee tussen kompeterende waarheidsbeweringe.

Gevare van Postmodernisme — #3 — Plurisme
Indien absolute waarheid nie bestaan nie en as daar geen manier is om betekenisvolle, regte/verkeerde onderskeidings tussen verskillende gelowe en godsdienste te maak nie, dan is die natuurlike slotsom dat alle oortuigings as gelykwaardig in ag geneem moet word. Die behoorlike term vir hierdie praktiese uitwerking in postmodernisme is "filosofiese plurisme." Met plurisme het geen godsdiens die reg om homself as waarheid te verklaar en die ander mededingende geloof as vals nie, of selfs minderwaardig. Vir hulle wat filosofiese plurisme aanhang, is daar nie meer enige dwaalleer nie, behalwe miskien die siening dat daar dwaalleringe is. D.A. Carson onderstreep konserwatiewe evangelisme se kommer oor wat gesien word as gevare van plurisme: "In my most somber moods I sometimes wonder if the ugly face of what I refer to as a philosophical plurism is the most dangerous threat to the gospel since the rise of the Gnostic heresy in the second century."

Hierdie progressiewe gevare van postmodernisme – relatiewe waarheid, 'n verlies aan onderskeiding en filosofiese plurisme – verteenwoordig valse bedreigings aan die Christendom, omdat hulle God se Woord gesamentlik verwerp as iets wat nie werklike outoriteit oor die mensdom het nie en geen vermoë om homself te bewys as waarheid in die wêreld van kompeterende godsdienste nie. Wat is die Christendom se respons op hierdie uitdagings?

Respons op die Gevare van Postmodernisme
Christenskap beweer om absoluut waarheid te wees, dat betekenisvolle onderskeidings in kwessies van reg/verkeerd (so wel as geestelike waarheid en valsiteit) bestaan en dat dit korrek is in sy bewerings oor God en enige teenstellende bewerings van kompeterende godsdienste verkeerd moet wees. So 'n standpunt lok arrogansie en onverdraagsaamheid van postmodernisme uit. Tog is waarheid nie 'n saak van houding of voorkeur nie en as dit naderby beskou word, verkrummel die fondamente van postmodernisme vinnig en word die Christendom se bewerings geopenbaar as beide plofbaar en gebiedend.

Eerstens sê Christenskap dat absolute waarheid bestaan. Jesus self sê dat Hy gestuur was om een ding te doen: "Ek moet oor die waarheid getuienis aflê" (Joh 18:37). Postmodernisme sê dat geen waarheid bevestig kan word nie, tog is sy posisie selfverdedigend – dit bevestig ten minste een absolute waarheid: dat geen waarheid bevestig kan word nie. Dit beteken dat postmodernisme glo in absolute waarheid. Hul filosowe skryf boeke en staaf dinge wat hul verwag hul lesers as waarheid sal aanhang. Om dit eenvoudig te stel, een professor het gesê, "When someone says there is no such thing as truth, they are asking you not to believe the truth. So don't."

Tweedens beweer Christene dat betekenisvolle onderskeidings bestaan tussen Christelike geloof en alle ander gelowe. Dit moet verstaan word dat hulle wat beweer dat betekenisvolle onderskeidings nie bestaan nie, eintlk 'n onderskeiding maak. Hulle poog om 'n verskil te toon in wat hulle glo waar is en die Christene waarheid verkondig. Postmodernisme se skrywers verwag van hul lesers om tot die regte slotsom te raak oor wat hulle geskryf het en wil diegene korrigeer wat hul werk anders interpreteer as wat hulle bedoel het. Weereens, hul posisie en filosofie bewys dat dit selfverdedigend is, omdat hulle gretig is om onderskeidings te maak tussen wat hulle glo reg is en wat hulle sien vals te wees.

Laastens beweer Christene om universeel waar te wees in wat hulle sê ten opsigte van 'n mens se verlore toestand voor God, die offerande van Christus tot voordeel van die gevalle mens en die skeiding tussen God en enigeen wat kies om God nie te aanvaar wat God oor sonde sê nie en die behoefte aan belydenis. Toe Paulus die Stoïsynse en Epikuriese filosowe toegespreek het, het hy gesê, "God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer" (Hand 17:30). Paulus se verklaring was nie "dit is waar vir my, maar mag dalk vir julle nie waar wees nie"; eerder; dit was 'n eksklusiewe en universele opdrag (dit is 'n "metanarrative") van God vir almal. Enige postmodernis wat sê dat Paulus verkeerd is, maak 'n fout teenoor sy eie pluristiese filosofie wat sê dat geloof of religie verkeerd is. Weereens verbreek die postmodernis sy eie siening dat elke godsdiens op gelyke voet waar is.

Netsoos dit nie arrogant is vir 'n wiskunde-onderwyser om vol te hou dat 2+2=4 of vir 'n slotmaker om daarop te staan dat slegs een sleutel 'n gesluite deur sal oopmaak nie, is dit nie arrogant vir die Christen om op te staan teen die postmodernis se denke en vol te hou dat Christenskap waar is en enigiets wat dit teenstaan, vals is. Absolute waarheid bestaan en gevolge bestaan vir verkeerd te wees. Plurisme mag begeerlik wees in kwessies van kosvoorkeure, maar is nie van hulp in gevalle van waarheid nie. Die Christen moet God se waarheid in liefde aanbied en vir enige postmodernis, wat kwaad is as gevolg van die eksklusiewe bewerings van die Christendom, eenvoudig vra, "Het ek nou jou vyand geword deur vir jou die waarheid te vertel?" (Gal 4:16).

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die gevare van postmodernisme?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God