settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het God nie aan die gevalle engele 'n kans gegee om te rebelleer nie?

Antwoord


Die Bybel spreek nie spesifiek die geval aan dat daar geleentheid vir sondebelydenis was vir die gevalle engele nie, maar ons kan bietjie insig kry van wat die Bybel wel sê. Eerstens was Satan (Lucifer) een van die hoogste engele, miskien die hoogste (Eseg 28:14). Lucifer – en al die engele – was altyd in God se teenwoordigheid en het kennis gedra van die glorie van God. Dus het hulle geen verskoning gehad om teenoor God te rebelleer en van Hom af weg te draai nie. Hulle was nie versoek nie. Lucifer en die ander engele het teen God gerebelleer, ten spyte van wat hulle geweet het die ergste boosheid was.

Tweedens het God nie 'n reddingsplan vir die engele voorsien soos vir die mensdom nie. Die val van die menslike ras het 'n versoenoffer vir sonde benodig en God het daardie offerande deur Jesus Christus voorsien. Deur Sy genade het God die mensdom vrygemaak en sodoende eer aan Homself gebring.

Daar was nie sodanige offerande vir engele nie. God het na daardie engele wat getrou aan Hom gebly het, verwys as Sy "uitverkore engele" (1 Tim 5:21). Ons weet vanuit die Bybelse leer oor die uitverkiesing dat hulle wat God uitverkies tot verlossing gered sal word en niks kan hulle van God se liefde skei nie (Rom 8:38-39). Dis duidelik dat daardie engele wat rebels was, nie "uitverkore engele" van God was nie.

Laastens gee die Bybel vir ons geen rede om te glo dat engele sou berou hê, indien God hulle die kans sou gee nie (1 Pet 5:8). Die gevalle engele was volkome toegewy daaraan om God teen te staan en God se mense aan te val. Die Bybel sê dat die vreeslikheid van God se oordeel varieer ten opsigte van die hoeveelheid kennis wat iemand besit (Luk 12:48). Die gevalle engele wat dan oor so 'n groot hoeveelheid kennis beskik het, verdien by uitstek God se straf.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God nie aan die gevalle engele 'n kans gegee om te rebelleer nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries